Radio Tygerberg 104FM Draaipunt I Liomee Vosloo

Draaipunt I Liomee Vosloo

Draaipunt is 'n getuienisprogram en word aangebied deur Liomee Vosloo. Die program word op Vrydagaande om 21h00 uitgesaai, met ‘n herhaling op Sondae om 17h30. Mense deel hul ervarings en hoe dit 'n draaipunt in hul lewens en hul verhouding met God teweeg gebring het.
Weekly Afrikaans South Africa TV & Film
374 Episodes
320 – 340

Madele Burger

Wat is jou droom? Madele Burger het nooit kon dink dat sy in staat is om 'n boek te skryf nie, maar God het anders besluit
12 Aug 2016 9 min

Evangelis Denzil Veldsman

Dikwels sien ons uit die swartste modder groei daar die mooiste spierwit lelie. God kan wonders doen
5 Aug 2016 10 min

Sunette Delport

Draaipunt is 'n getuienisprogram en word aangebied deur Liomee Vosloo. Die program word op Vrydagaande om 21h00 uitgesaai, met ‘n herhaling op Sondae om 17h30. Mense deel hul ervarings en hoe dit 'n draaipunt in hul lewens en hul verhouding met God teweeg gebring het.
29 Jul 2016 10 min

Heidi Venter

As kind is sy mishandel en wreed behandel, maar God herstel haar geestelik en fisies ook. Vandag is sy 'n inspirasie vir almal
22 Jul 2016 13 min

Anne Smith

Dokters het moed opgegee en Anne byna self ook, maar in 'n erediens word sy volkome genees
15 Jul 2016 10 min

Wynand Brandow

Die armste van die armes - dit was sy huislike omstandighede. Vandag kan Wynand uit sy oorvloed ander help
8 Jul 2016 12 min

Anita van der Berg

Hierdie pastoor met haar vurige boodskap moes self eers die pad van pyn stap om 'n instrument in God se hand te wees
1 Jul 2016 11 min

Abel Smith

Sy leefwyse het veroorsaak dat Abel buite op die stoep moes slaap van sy ma se huis, maar die Here het ander planne met sy lewe gehad
24 Jun 2016 11 min

Elsa Massyn

In 'n skokontdekking besef Elsa alles wat sy geglo het in haar huwelik is op 'n groot leuen gebou. God het haar in 'n oogwink herstel
17 Jun 2016 13 min

Jadene Coetzee

Wanneer siekte ongevraag aan jou deur kom klop en jy moet aanmeld vir radikale mediese ingrype leer ken jy jou geloof op 'n nuwe manier. Laat die getuienis van hierdie jong dame jou geloof stig en jou bemoedig
5 Jun 2016 10 min

Bishop Adam Alexander

Bloei jou hart ook vir iemand wat by 'n verkeerslig staan en bedel? Moet 'n mens gee of nie? Kom luister na 'n kragtige getuienis van iemand wat self daar was voordat die Here ingegryp het en sy lewe radikaal verander het.
27 May 2016 12 min

Ellen Husselman

Jou laaste werksdag is verby en jou langverwagte vakansie lê voor. Dan, in 'n oogwink met 'n paar geweerskote bars jou hele wêreld uitmekaar. Waar begin jy om die skerwe aanmekaar te las? Net God weet en Hy is daar!
13 May 2016 11 min

Merentia van der Vent

Is jy dalk kwaad vir die Here omdat jy jou man of vrou of kind verloor het? Merentia het haar beste vriend aan die dood afgestaan en God bring haar na Tygerberg 104fm waar sy uiteindelik heelgemaak word.
6 May 2016 13 min

Relin du Toit

Het jy 'n droom wat nog sluimer in jou lewe? Dalk 'n lied wat nog gesing moet word of 'n gedig wat nog geskryf moet word? Dis die storie van Relïn du Toit. Sy het bly uitstel tot op 'n dag dat die Heilige Gees haar kom wakker skrik het!
22 Apr 2016 11 min

Jason Plaatjies

In memoriam: Luister na sy aangrypende getuienis van versoening op sy siekbed. Jason loop nou op strate van goud, maar sy getuienis is steeds kragtig
15 Apr 2016 13 min

Lizelle Wessels

In 'n oogwink verander Lizelle se sorgvrye lewe in 'n nagmerrie wat sy in haar wildste drome nie sou kon voorsien nie
3 Mar 2016 11 min

Joseph Jacoman

Joseph Jacoman het by die dood omgedraai. Letterlik. Die een gedagte wat deur sy kop bly maal het is: ek het nooit my vrou vertel hoe lief ek haar het nie! Hierdie belewenis het sy lewe verander
26 Feb 2016 11 min

Yolande Korkie

Yolande Korkie en haar man was in Yemen ontvoer en aangehou, waarna sy vrygelaat is en haar man gesterf het. Hier is haar getuienis
19 Feb 2016 9 min

Elwina Kroon

Elwina Kroon was sterwend. Sy het op die rusbank gelê en skielik vuishoue in haar maag gevoel en toe 'n stem hoor sê: It's not your time now! Net daar het haar genesing begin en vandag is sy gesond en jubelend.
5 Feb 2016 12 min

Marinda Holtzhauzen

Jy het dalk ook al gevoel asof die Here jou nie raaksien nie en nie na jou smeekgebede luister nie. So het Marinda ook gevoel en sy stel 'n vraag aan God. Die antwoord het haar heeltemaal verbyster!
25 Jan 2016 12 min
320 – 340