Woensdae-aande tussen 20:00 en 21:00 gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor die nuutste Mediese-nuus en nooi kenners om te gesels oor verskeie mediesevelde.
Weekly
Afrikaans South AfricaNews Commentary · DocumentaryAuthored by Pieter Cloete & Dr Jaco van Niekerk
In die week se program loer ons in by Shay-Lee Engelbrecht wat die 3rde Maart ’n 4000km reis aanpak om fondse in te samel vir Rock of Hope. Lourindi Nel, ’n spelterapeut en haar man Marius Nel, ’n pastoor gesels oor gesonde gesinne.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor die nuutste uitbraak van hand-en mond siekte in kwaZulu-Natal en wat beteken dit vir jou gesondheid as jy besluit om minder op jou foon te wees.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor wat jy moet weet wanneer jy vir ’n normale roetine doktersafspraak gaan. Hoekom doen jy net sekere bloedtoetse, en wat sien dokters in urinemonsters?
Anel Kruger kuier in die ateljee. Sy was 12 jaar gelede gediagnoseer met AML (Akute myeloïede leukemie). Sy deel haar getuienis en vertel meer oor wat “Survivor guilt” is.
’n Nuwe studie wat in die National Library of Medicine gepubliseer was, dui aan dat Suid-Afrika op ’n opioïd-verlawing krisis. Dr Jaco van Niekerk gesels hieroor.
Dr Andrè Hattingh gesels oor hul projek, Ride 4 a child, Jaco Kleynhans, Hoof van Solidariteit se Internasionale Betrekking gesels oor wat die ontrek van Amerika uit die WGO beteken vir Afrika. Dr Jaco van Niekerk gesels oor sie uitbreek van diphtheriae en wat dit is.
Ruvé Esterhuizen, ’n kliniese sielkundige by Life Poortview gee ’n paar wenke vir ouers en matrieks van klas 2024 oor hoe om hul verwagtinge te bestuur vir die matriekuitslae wat volgende week bekendgestel gaan word.
Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale betrekking by Solidariteit gesels oor wat tans in Mosambiek aan die gang is en wat se nagevolge dit vir vakansiegangers moontlik kan inhou. Kallie Kriel was verlede week in sy persoonlike kapasiteit in Mosambiek en vertel van sy ervaring. Dr Jaco van Niekerk gee ’n…
Venita en Dr. Jaco bespreek van die belangrikste gesondheids- en maatskaplike kwessies. Gedurende Handewasbewustheidsweek het hulle die lewensbelangrike rol van behoorlike handhigiëne uitgelig. Vir Suid-Afrika se 16 Dae van Aktivisme het hulle gefokus op die dringende behoefte aan beter sekuriteit om pasiënte en mediese personeel in kwesbare gesondheidsorgomgewings te beskerm…
Studente dr Zoe Nel gesels met Dr Jaco van Niekerk oor hoe dit is om vandag 'n graad in medisyne te studeer teenoor hoe dit in dr van Niekerk se dae was. Wat het verander en wat is nogsteeds dieselfde
Onderhoud met Dr Jaco van Niekerk env Dr Louise Johnson Loots - Internis Met ‘n Spesiale belangstelling in Diabetes by Netcare Montana Ons gesels oor Internasionale Diabetes bewusmakings dag 14 November en ook oor die nuwe middels wat beskikbaar is vir Diabetes soos Ozempic.
Johan Kloppers is ’n berader en betrokke by verskeie plaasaanvalle vir trauma berading. Die week gesels hy oor wat primêre, sekondêre, tweedehandse en kollektiewe trauma is.
Dr Annelize Naudé, Streeksbestuurder van SAVF en Thoriso Tleane, ’n maatskaplike werker van SAVF gesels oor van die uitdagings waarmee hulle daagliks sukkel, die situasies waarin hul hulself bevind partykeer en die ongelooflike werk met min finansieële hulp wat hulle daagliks doen om ons kinders veilig te hou.
Dr. Adler gesels oor “medicine’” 3.0 Dr Adler is ’n internis en sjirurg by Morningside Mediclinic en ook direkteur van Infinity Medical Conierge. Hy gesels oor wat Medicine 3.0 beteken en hoekom dit belangrik is vir ’n moderne holistiese benadering to gesondheid.
Welma Geldenhuys, senior maatskaplikewerker by ADASA gesels oor dimensie. Francois Louw, HUB by Vista Kliniek skop die 9de Oktober af met hul ‘Nuts and bolts’ veldtog en vertel meer oor wat hulle beplan en waarna die fondse van die nie-winsgewende projek gaan.
Oktobermaand is borskanker bewustheid maand. Dr Cornel Steyn en Dr Phillipus Nel is in die ateljee om te praat oor borskanker in dames sowel as in mans. Hulle fokus op die voorkoming, simptome en behandeling van borskanker.
’n Onlangse studie het getoon dat as jy diê sewe goed doen, jou kanse om later dimensie en Alzheimer se siekte kry, vertraag kan word. Dr Jaco van Niekerk vertel wat die sewe goed is.
12 Sep 2024
34 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.