GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
807 Episodes
140 – 160

Vir Beter: Alicia Swart van grys na volkleur

Alicia Swart het dit haar missie gemaak om ander vroue te inspireer om hul eie kleure te omarm, in ‘n wêreld wat dikwels grys mag voel. Sy deel haar persoonlike reis oor geestesgesondheid met ons.
16 Dec 2024 25 min

Lunch Punch: Kaz McFadden & Lara Lourens oor Banana Air en meer

Twee van ons land se veelsydigste akteurs kuier by Francois Van Rensburg op die #LunchPunch. Kaz McFadden en Lara Lourens is tans te sien in Banana Air op kykNET. Maar hulle is baie meer as net akteurs. Ons kyk saam met hulle terug op ‘n propvol jaar.
11 Dec 2024 29 min

Vir Beter: Frik van Heerden deel sy suksesverhaal

Vir Beter: Frik van Heerden vertel van sy nederige grootwordjare op ’n plaas buite Kuruman en die skuif na die groot stad waar hy tans floreer as ’n suksesvolle sakeman én model.
11 Nov 2024 17 min
140 – 160