Deon Steyn, 'n direksielid van Wikimedia ZA, het al sedert sy eerste artikel oor optiese vesel meer as 5 100 artikels vir Afrikaanse Wikipedia geskryf.
Prof. Philip Spies, 'n toekomsnavorser aan die Universiteit Stellenbosch, se boek 'Afskeid van 'n volk – Op soek na 'n toekoms' stel dwingende vrae oor die pad vorentoe vir Suid-Afrika en sy mense. Spies het uit die Paarl met Esté Meyer Jansen gesels oor hoe hy die toekoms van Suid-Afrika…
Fanie Viljoen gesels met Esté Meyer Jansen van Maroela Media oor sy boek 'Die dag toe die draak kom' en gee ook van die gevaartekens waarvoor ʼn mens moet uitkyk as jy vermoed ʼn kind word seksueel misbruik.
‘Liewe Lisa’ word miskien vandag, op Valentynsdag, in fliekteaters landwyd uitgereik, maar dié rolprent het volgens Elani Dekker ʼn baie meer realistiese uitkyk op die liefde. “Hulle eindig nie noodwendig saam op nie,” vertel sy.
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met Andries van Driel, ondervoorsitter van die AmaGP, gesels. Dié organisasie bestaan uit pensioentrekkers wat as vrywilligers die regering se pensioenfonds (GEPF) en die openbare beleggingskorporasie (OBK) monitor. Van Driel het talle bekommernisse oor die bestuur van die pensioenfonds ter waarde van R2…
“Ek het ʼn behoefte in my hart gehad om uit te reik na ander mense in Suid-Afrika, wat moeg is vir al die geweld, misdaad en diskriminasie – al die seer.”
Felicity Strange, nog ’n vriend van Verlorenvlei, meen die toename in riete is ’n simptoom van die ekologiese probleme wat dié vleiland in die gesig staar. Strange het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die probleme by die vleiland. Meyer Jansen het Verlorenvlei buite Elandsbaai aan die…
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met die aktrise Sandra Prinsloo, wat ook 'n verteenwoordigers van die Vriende van Verlorenvlei is, gesels om meer oor die dreigende krisis by die vleiland uit te vind. Prinsloo sê die situasie is haglik.
Sy word geken as die feeks in die Afrikaanse televisiereeks 'Sonkring', en nou is sy die predikantsvrou in die nuwe rolprent 'Dominee Tienie'. Henriëtta Gryffenberg vertel oor haar rol in dié fliek.
“Soms ontwikkel jou beste idees uit jou diepste pyn en letsels.” Jana Viljoen gesels met Esté Meyer Jansen van Maroela Media. Sy vertel meer van die besonderse projek wat sy aanpak om kinders met spesiale behoeftes en hulle gesinne ’n stem te gee. Luister ook na Jana en haar seun…
18 Jan 2019
21 min
1080 – 1100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.