Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Weekly
Afrikaans South AfricaReligion & Spirituality · Christianity
Wat tref mens as jy Spekskiet? Spekuleer saam, waarom is bromponies, kitskoffie en ses nulle deel van hierdie Slimjantjie se 111de Boom Gesprek? Mag hierdie gesprek, sooos wafferse spekboomblare, ook jou lewe ophelder, verfris en voed!
Tablette, vuvuzelas, aanneming en ander verwonderinge vul ons 110de gesprek oor bome. Fluister of Bulder....Uitbundige Uitbarstings en ook innerlike kalmte, gee uitdrukking aan ons Vader se vele fassette.
"Cream tart and Kebab" klink soos 'n eksotiese item op 'n spyskaart. Tert is dalk jou ding. Vleisliefhebbers soos ek, verkies sosaties. Bidders, ware bidders, wat lewe met hul "wortels na bowe', sal jou wil aantrek na 'n lewe "In Gebed''.
As ek 'n skaapboer sou vra wat is die mees waardevolle plant, sal die kokerboom nie op daardie lys wees nie.... Maar die boesmans van ouds sou, bewend van opwinding, 'n ander opinie hieroor gee. Geestelike herders soek ook die beste vir die voortbestaan van hul kudde, en verstaan dat…
Uitbundige pers bloeisels.... Opgewonde pers verklarings.... en die Onvervangbare vreugde van behoort, vul ons 107de Boom gesprek. Familie spreek meestal van biologiese behoort. Maar onthou (soos 'n Olifant) dat jy 'n stukkie lewensruimte kan skep vir eensame inkomers in jou lewe.
Kinders se veiligheid...Lande se Onafhanklikheid...klimaat se bestendigheid... Waar om te begin? Een stil inset in eie bodem, eerder as dosyne digitale diskoerse. Bome se bas kan gegroef wees. Mense se gemoed kan gegrief wees. Wat 'n goeie, gawe tuiskoms as jy 'n gemeente-kudde vind waar jy geseënd voel!
Ons praat van gif, maar meer nog van vergifnis. Geboortes en groei, restourasie en vrede. Ons bespreek selfs hoe gevaarlik ogies maak kan wees, maar ook die wonder van kleine ogies wat vir die eerste keer oop maak. Alhoewel Belladonna nie 'n boom is nie, is dit alles in ons…
Te veel water, en daar is vloede. Tsunamis is 'n strotvloed van selfs nog groter gevaar. Het jou omgewing minder as 'n vloed, maar tog meer as genoeg water? Dan kan jy gerus oorweeg om ons land se vinnig groeiendste boom aan te plant. Luister wat die Rooi-els jou kan…
Wanneer 'n reuk by jou neus inkruip, is daar meestal 'n sterk onthou wat saam inklim. In die geval van die Frangipani-boom se blomme, is daardie geurige herinneringe vir amper almal pragtig pastelkleurig... Wat het aroma's met Genesing, Versoening en dalk selfs met soene te doen? Hierdie gesprek Kan-nie-kla-nie, maar…
Koejawel-en-vla is jou gunsteling? En tog kan jy "guava and custard" glad nie "face" nie.... Ek gaan nie met jou redekawel oor jou smaak voorkeure nie. Ons land is grootliks in puin, en daarom wil ek stop om my ""bek te rek" teenoor jou. Guava Indaba? Ja, maar nie net…
Al ons Nagel-seuns het in hul groot word jare gehou van boomklim uitdagings. Net soos hulle, kan ek myself misgis oor die perke van my vaardigheid. Dan kom trots tot 'n (harde) val. Hoogmoed, en cholestrol, skuil ongesiens in die dieptes van my hartskamers. Avokado kan blykbaar bydra tot beter…
Hakke, kniee, hande, elmboë, hou van die strelende room...." Kamfer is verfrissend, selfs helend. Wanneer ons tweede oudste seun homself in 'n situasie bevind waar daar 'n growwe geskaaf en onnodige geskuur tussen mense plaasvind, bring sy kamfer benadering dikwels 'n strelende vars verligting. Die jaar 2000 was meer as…
In my 100ste gesprek met 'n Boom Tema kyk ek met dankbaarheid terug. Ebenezer, tot hier toe het die Here my gehelp! Ek sien ook dat ek nou my wortels dieper in hierdie vrugbare grond kan laat sak. En ek sien uit om my verstaan takke na nog hoër Hoogtes…
Papaya, Nou gaan ons Braai, ja! Wat ‘n lekkerte as jy nie hoef te kies tussen ‘n stuk papaya of ‘n stuk braaivleis nie! Albei saam is beter as enige een op sy eie. Net so behoort ons nooit te hoef kies tussen ‘binnekamer’ en ‘deurentyd’ gebed nie. Albei is…
Hier volg die Nieshout! Ek hou daarvan om op hoogte van sake te wees. Daarom luister ek amper elke dag na die nuus. Ek geniet natuurlik goeie nuus die meeste. Maar ek geniet ook 'n goeie nies! Ek weet nie so baie van hout nie, maar dis besig om geleidelik…
Trotse ouers voel dikwels oorweldigende vreugde by hul kleinding se eerste verjaarsdag. 'n Selfs nog meer standhoudende vreugde is ons s'n, wanneer ons besef ons lewens is gewas, gesterilliseer met Jesus se vergifnis. Beter as enige borsel, Hy was witter as sneeu.
Vandag se gesprek is vir my baie spesiaal. Dit bring vir my kosbare onthou van ons eerste swangerskap, geboorte en pienkvoet prins.... Ons het almal 'n "Rakker" streep in ons, maar net soos 'n eikeboom Akkers dra om voort te plant, kan ons ook Oaks of Righteousness voortbring.
Die deinng van Denne bome in stormwind, kan herinner aan die gedruis van die see. Die deining van 'n slapende baba koppie op moederbors is tekenend van vrede. Laat hierdie twee uiteenlopende beelde jou herinner dat jy die deining van Vader se hart kan voel, selfs wanneer die lewenstorms rondom…
Vandag se 'boom' vra: Is jy ook 'n boom herder? Die Ente leer ons ook dat ons kan wortel skiet. Swerwers, toeriste, nomade, pelgrims en ander reisigers vind hulle toevlug en tuiskoms by ons Veilige Bergvesting.
Ook in 1993 was die lewe vol veranderinge en was baie van ons swerwers. Vandag se "boom"" help my om te besef dat reisigers kan Tuiskoms vind. Al bly daar omwentelinge rondom ons gebeur, kan ek tot ruste kom. Nie 'n Ent vorentoe nie, maar hier en nou .
27 Feb 2024
10 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.