Cape Pulpit / Kaapse Kansel GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.

Luister elke Maandag oggend vir 'n vars perspektief, motiverende stories en aksie-geselskap wat jou sal inspireer om jou beste lewe te leef.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Relationships
100 Episodes
40 – 60

Jannie Putter - Wat sê God oor die Situasie

Ons soek dadeliek 'n resultaat. Maar ons moet baie keer op God wag. Dinge lyk goed, maar is dit wat God will hê? Ons moet mos die Here vertrou. Wat sê die Here dan oor die besluite wat jy wil maak? Het jy Hom ooit gevra?
8 Jul 2024 11 min

Jannie Putter - Sukses Kom Met Moeite

As jy nie saad in die grond sit nie, kan jy nie 'n oes verwag nie. Mense wil maklik geld maak, maar daar is nie waarde daarin as daar nie ook moeite ingesit word nie.
1 Jul 2024 8 min

Jannie Putter - Kies 'n Positiewe Uitkyk

Begin jou dag met 'n gesprek oor wat goes werk in jou lewe in plaas van die negatiewe gesprekke wat die mederheid sal kies om op te fokus. Kyk liewers na die dinge wat jou opgewonde maak.
24 Jun 2024 6 min

Jannie Putter - Vrees is ons Grootste Vyand

Vrees staan 100% teen geloof. Die wêreld se stem deel vrees, so moet nie daardie beker van gif drink nie! Laat die dinge van die Gees jou vul en die vrees uitdreef.
10 Jun 2024 8 min

Jannie Putter - Dra Jy 'n Label?

As jy 'n "label" om iemand se nek hang, deur wat jy sê, kan dit groot probleme veroorsaak. Jannie deel wat die negatiewe impak van "labels" kan wees…
3 Jun 2024 8 min

Jannie Putter - Onregverdigheid

Dit gebeur dat jy goed doen, en die regte dinge doen, en dan word jy nog steeds onregverdig behandel.Maar, jy moet nie teen die wereld se sisteme probeer rebelleer nie. Jy moet of uitklim, of dinge anders hanteer.
29 Apr 2024 11 min

Jannie Putter - Die Stem in Jou Kop

Hoe reageer jy teenoor die Stem van Die Heilige Gees?Hy wil jou lei en ons moet die dissipline hê om Sy stem duidelik te kan hoor en te doen wat Hy sê. Ons geloof het aksie en gehoorsaamheid nodig.
15 Apr 2024 9 min

Jannie Putter - Hoop

Voel jy asof jy hoop verloor? Waar kan jy dan hoop kry? Dis nou tyd om bemoediging to kry en dit ook met ander te deel.
1 Apr 2024 7 min

Jannie Putter - Moet Nie Hoop Verloor Nie

Het jy nog hoop in jou lewe? Dis nou die tyd om nie hoop te verloor nie. Spreek jou hoop uit! Jannie deel praktiese advies uit om hoop lewendig to hou.
25 Mar 2024 10 min

Jannie Putter - Hou 'n Vriendskapsgesprek

Wanneer laas het jy 'n vriendskap gesprek met iemand gehad? Wees net 'n vriend vir iemand - luister, praat en geniet mekaar en stap so met iemand 'n spesiale pad.
11 Mar 2024 9 min

Jannie Putter - Laat Dit Gaan

In jou lewe hou jy styf vas aan ervarings of mense van die verlede. Dit kan bitterheid veroorsaak en ons moet leer om dinge te laat gaan.
4 Mar 2024 7 min
40 – 60