As deel van `n Vrouemaand veldtog het Natalie Mai-mane van One SA Movement die Delf polisiestasie besoek, waar die derde meeste geslagsgebaseerde geweld sake aangemeld word. Skokkende bevindings het uit die besoek gekom en die behoefte vir vrywilligers met vaardighede word opgeroep om te help.
Charl en Rouchelle gesels met Mackenzie Knott, ‘n entoesiastiese landloper en berg-roete-avonturier wat 13 pieke in 6 dae gaan hardloop vir 3 baba renosters.
Generasie Z is jongmense wie God se Koningkryk met groot passie najaag. Line Prinsloo (22) deel oor haar hart vir die GenZ generasie en die landswye byeenkomste waarheen hulle jongmense nooi.
Anton en Rouchelle het gesels met Charl Du Toit die paralimpiesie atleet oor sy silver medalje by die statebondspele en oor sy liefde vir die Here tenspyte van sy gestremdheid.
Het jy geweet duisende kinders word jaarliks uit hul biologiese huise verwyder en in pleegsorg geplaas? Wou jy nog altyd n pleegouer wees? Jean-Marie Bruyns maatskaplike werker van Badisa gesels oor die SA Pleegsorgkonverensie wat plaasvind op 20 Aug by Willowbridge.
Ds. Gys van Schoor gesels met Lorrein Katze oor die Geloofsreis byeenkoms by Goudini Spa die naweek van 2 tot 4 September 2022. Die kostes beloop R2 452 per gesin/paar per akkommodasie eenheid. Indien pare ʼn eenheid deel beloop die koste R1 226 per paar. Die kostes sluit in een…
9 maal SA Surf Kampioen en stigter van die Roxy Davis Foundation, Roxy Davis, poog om betekenisvolle bewysgebaseerde verandering in mense se lewens te beïnvloed deur hul geestelike en fisiese welstand te verbeter deur middel van see-gebaseerde branderplankry-terapie-programme. 11 Branderplankryers gaan na SA Kampioenskap in Durban van 29 - 30…
Klein Markus (3) se storie het die hart van die hele gemeenskap aangeraak ! Staan saam in geloof dat hy sal kan loop. Sy Ma, Sarisha deel hul pad van geloof en die hoop wat God bewerk in hul harte.
Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, saam met die provinsiale minister vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, minister Reagan Allen gaan gesels oor die “Afwenteling van SAPD Magte & Veiligheid en Sekuriteit in die Wes-Kaap”. Die program word aan jou gebring deur die Wes-Kaapse Regering – vir Jou
Shanna Visagie deel haar ervaring hoe sy uit oorlog kon terugkeer na Suid-Afrika en hoe God steeds kragtig werk. Sy was `n Engelse onderwyseres in Oekraïne tydens die uitbreek van die oorlog.
26 Jul 2022
13 min
140 – 160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.