Maroela Media Strandloper – ’n vervolgverhaal

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak.
"Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media.

Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie.

Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama · Fiction
120 Episodes
20 – 40

Strandloper – Episode 21

Oom Fred stel Nicolien by die Toeristekantoor bekend aan die unieke varswaterpalings van Palinggat. Engela en Jack de Wet daag ook daar op, en Oom Fred noem hom “so glad soos ʼn paling”. Engela doen aansoek vir ʼn nuwe werk, en Nicolien trek ʼn geheim van Tannie Ouvrou uit ʼn…
Season 1 / Episode 21 9 min

Strandloper – Episode 22

Mauritz ruim sy Surf Shack op ná die brand en deel sy groot planne vorentoe met Willie. By die koffiekiosk het Dylan ook nuwe sakeplanne, met Die Seekat wat gesluit word vir opgradering. Dis nie aldag dat Jack de Wet hom ʼn gaping gee nie, en hy gaan dit vat…
Season 1 / Episode 22 10 min

Strandloper – Episode 23

Engela ruim Die Seekat se stoorkamer op en kry allerhande verrassings, onder andere ʼn ou bliktrommel wat aan Jack de Wet behoort het. Hoekom is Tannie Ouvrou geskok toe sy dit sien, en hoekom neem sy dit dadelik weg? Is daar geraamtes van die verlede daarin soos die een waarvoor…
Season 1 / Episode 23 9 min

Strandloper – Episode 24

Dylan kry ʼn groot verrassing by die koffiekiosk wat sy bemarkingsplanne ʼn hupstoot gee. Nicolien en Oom Fred maak op hulle beurt ook nuwe ontdekkings daar, soos memorabilia en ou foto’s wat stories van Bloubaai en Dylan se mense op see vertel.
Season 1 / Episode 24 10 min

Strandloper – Episode 25

Dis Markdag op Bloubaai, en Tannie Ouvrou en Mauritz is ook daar. Sy gebruik die kans om Mauritz ʼn belangrike lewensles te gee. Willie dink hy het Tannie Ouvrou in ʼn hoek oor Jack de Wet se omspring met die casinovoorstel, maar sy het hom gou op die agtervoet met…
Season 1 / Episode 25 9 min

Strandloper – Episode 26

Mauritz nooi Nicolien om die duikgoed in sy kamer te kom aanpas, en dit word amper meer as ʼn aanpassessie. Oom Fred vertel hulle ʼn paar dinge oor skubaduik in Bloubaai wat vir hulle nuus is.
Season 1 / Episode 26 12 min

Strandloper – Episode 27

Dylan daag op by die Toeristekantoor in gietende reën met stories oor vloede-van-vroeër wat Engela skaars kan glo, maar eintlik wil hy met Gladys gesels. Willie daag ook daar op, en Engela hoor Seeredding is op bystand vir mense op see. In dié weer? Dinge is op ʼn mespunt en…
Season 1 / Episode 27 9 min

Strandloper – Episode 28

Mauritz word laataand in stormweer uitgeroep deur Seeredding. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ongerus en hou tuis wag met ware stories van oorlewing en verdrinking om hulle wakker te hou. Onbekende besoekers hang weer rond by Dylan se koffiekiosk.
Season 1 / Episode 28 9 min

Strandloper – Episode 29

Dylan is raadop met die Swartrugmeeue wat sy kiosk bemors, maar Willie het raad en ʼn ernstige waarskuwing oor jong manne wat weer daar opgedaag het. Skote klap op die hawe. Tannie Ouvrou probeer laataand vir Dylan troos met stories van die Blombos-grot, maar dit is tevergeefs.
Season 1 / Episode 29 10 min

Strandloper – Episode 30

Mauritz nooi Nicolien vir aandete, iets wat sy nie in haar wildste drome voorsien het nie. Die vraag verdiep rondom die rooi Valentynsroos wat sy gekry het, want sy is nou seker dit was nie hý wat dit gestuur het nie. Wie was dit dan?
Season 1 / Episode 30 13 min

Strandloper – Episode 31

Bobbi is besig om die losieshuis vir die Blombos-span skoon te maak toe sy ʼn ontstellende ervaring in kamer 9, die spookkamer, het. Tannie Ouvrou dink Bobbi se naarheid is as gevolg van die groot skrik. Bobbi doen navraag by Dylan oor die skietery by sy koffieplek, en hy kry…
Season 1 / Episode 31 9 min

Strandloper – Episode 32

Engela en Nicolien sien hoe Mauritz soos ʼn sirkusarties ʼn heldedaad verrig by die hawe. Mauritz se aansien styg verder by Nicolien toe hy haar bekendstel aan een van die kusbesoekers wat hy teen vakansiegangers moet beskerm. Engela stuur ʼn WhatsApp vir Willie in die hospitaal … dis meer as…
Season 1 / Episode 32 10 min

Strandloper – Episode 33

Oom Fred verras Tannie Ouvrou en Bobbi by die losieshuis. Hy moet vure doodslaan oor die spook van kamer 9 wat Bobbi terroriseer. Daar’s ʼn aankondiging wat almal en veral Tannie Ouvrou tot stilstand ruk. Bobbi kry ʼn werksaanbod van Oom Fred wat eers deur meneer Jack goedgekeur moet word.
Season 1 / Episode 33 9 min

Strandloper – Episode 34

Nicolien en Engela se vriendskap versterk. Hulle gesels oor ma-wees, en Engela hoor van Nicolien se hartseer verlede. Mauritz laat Nicolien en Engela bont staan by Seeredding … En daar is ʼn nuwe kodetaal tussen hom en Nicolien.
Season 1 / Episode 34 10 min

Strandloper – Episode 35

Oom Fred kom met ʼn werksaanbod na Tannie Ouvrou wat ʼn omwenteling onder die personeel sal meebring. Daar’s ʼn arrestasie wat die dorpenaars verwelkom en ʼn helikopter in die lug wat hulle aan die raai het. Hoekom loop Dylan deesdae mank? En hoe sal hy op oom Fred se nuwe…
Season 1 / Episode 35 9 min

Strandloper – Episode 36

Oom Fred doen herstelwerk by die losieshuis. Hy en Tannie Ouvrou het baie om uit te pluis oor die personeelskuiwe tussen Die Seekat en die losieshuis – daar moet geen misverstande wees nie, veral nie as Jack betrokke is nie. Bobbi verklap dinge oor Dylan wat oom Fred as “waardevolle…
Season 1 / Episode 36 9 min

Strandloper – Episode 37

Mauritz en Nicolien se fietsrit na Dassiepunt eindig met ʼn besering, maar dit bring ook goeie dinge mee. Deel Nicolien Mauritz se passie vir die see en sy stories, of is dit net om nader aan die Strandloper te kom? Bobbi skok Nicolien toe sy die naam van die man…
Season 1 / Episode 37 10 min

Strandloper – Episode 38

Oom Fred vertel Dylan van die planne wat hy en Willie het om die kiosk op te kikker. Dylan het inligting oor die helikopter wat bedags oor Bloubaai vlieg. Bobbi kry weer met die spookkaptein van kamer 9 te doen, en oom Fred dik die storie verder aan met feite…
Season 1 / Episode 38 10 min

Strandloper – Episode 39

Engela raak opgewonde oor haar nuwe werkplek, maar daar ontstaan gou ʼn krisis, en Mauritz probeer raad gee. Engela is in twee geskeur oor ʼn geheim wat sy met Mauritz deel. Willie kry laataand ʼn WhatsApp van Engela oor nuwe verwikkelinge in Bloubaai.
Season 1 / Episode 39 10 min

Strandloper – Episode 40

Boesman kom onverwags alleen by die losieshuis aan en sonder Oom Fred is dit nie ʼn goeie teken nie. Engela en Nicolien ontdek foto’s in ʼn ou plakboek in die losieshuis waaroor Tannie Ouvrou haar skaam. Mauritz verras almal weer eens met sy dapperheid.
Season 1 / Episode 40 10 min
20 – 40