Maroela Media Strandloper – ’n vervolgverhaal

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak.
"Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media.

Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie.

Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama · Fiction
120 Episodes
80 – 100

Strandloper – Episode 81

ʼn Seeotter sorg vir groot konsternasie by Seeredding. Visstok verduidelik waar sy naam vandaan kom en nooi vir Nicolien en Mauritz uit na ʼn baie spesiale geleentheid op Bloubaai. Daar is vreemde mense doenig by Mauritz se Jeep, blykbaar sonder dat hy weet.
Season 1 / Episode 81 9 min

Strandloper – Episode 82

Jack de Wet se vergete trommeltjie maak opslae, en Oom Fred vra lastige vrae daaroor. Tannie Ouvrou ontdek ʼn ontstellende foto daarin … en sy besluit om die raaisel in die trommeltjie eens en vir altyd op te klaar met ʼn aankondiging.
Season 1 / Episode 82 11 min

Strandloper – Episode 83

Dylan neem sake in eie hande om nog hulp by sy koffiekiosk te kry, en hy nader Engela vir hulp. ʼn Eerste tekenopdrag vir Dylan kom uit ʼn onverwagte oord. Wat beplan Dylan vir sy toespraak by die Vonk-toekenningsaand vir uitsonderlike dapperheid?
Season 1 / Episode 83 10 min

Strandloper – Episode 84

Visstok waarsku Mauritz oor die onbekende mense wat aan sy Jeep gepeuter het, met byna katastrofiese gevolge. Hy vermaak Mauritz en Nicolien met sy vertelling van ʼn uitsonderlike verjaarsdaggeskenk wat hom doodsangs gegee het.
Season 1 / Episode 84 9 min

Strandloper – Episode 85

Oesters word by die streepsakke vol afgekap in Bloubaai, en Willie moet bontstaan om orde te handhaaf. Dylan het almal verras met sy optrede by die Vonk-toekennings – selfs Tannie Ouvrou dink hy was ʼn ster, tot Willie se verdriet.
Season 1 / Episode 85 10 min

Strandloper – Episode 86

Dylan kry teleurstellende nuus oor sy planne om Gladys by sy koffiekiosk aan te stel, en hy gooi ʼn vloermoer soos ʼn prima donna. Engela maak nuwe planne vir haar en haar dogtertjie, Aliyah, se toekoms, wat Nicolien ontstel.
Season 1 / Episode 86 10 min

Strandloper – Episode 87

Tant Betta se haan is besig om die loseerders die josie in te maak. Tannie Ouvrou vertel Engela van haar ontstellende besoek met die trommeltjie aan Jack de Wet en ook hoekom sy lojaal teenoor hom sal bly. Oom Fred gaan hom nie deur Dylan en sy vloermoer laat afpers…
Season 1 / Episode 87 10 min

Strandloper – Episode 88

Nicolien deel haar kommer met Willie oor Mauritz se duikery en sy veiligheid. Sy probeer meer by hom uitvind oor Mauritz se pa se skielike dood. Was dit regtig ʼn hartaanval, of het sy duikery iets daarmee te doen gehad? Nicolien kry ʼn yslike opdrag ná haar besoek aan die…
Season 1 / Episode 88 10 min

Strandloper – Episode 89

Willie waarsku Mauritz weer om versigtig te wees na die jongste nuus oor die perlemoenstropers en die baasbrein wat steeds op vrye voet is. Wat sit agter Dylan se jongste vreemde optrede? Dit is presies wat Willie probeer uitvind.
Season 1 / Episode 89 10 min

Strandloper – Episode 90

Dis die mieliebôl! – ʼn vrolike mielietradisie wat gevier word, en die Bloubaaiers kap dit uit. Engela kry ʼn skok, Visstok sorg vir ʼn heerlike verrassing op die dansbaan, en die grootste verrassing van die aand kom van Dylan.
Season 1 / Episode 90 12 min

Strandloper – Episode 91

Nicolien en Engela hou nabetragting van die mieliebôl, en daar kom ʼn paar interessante dinge oor Visstok uit. Engela is verras oor die gebeure rondom Willie en sy vrou, Anet. Visstok kom tot Engela se redding in haar soektog na ʼn nuwe woonplek.
Season 1 / Episode 91 10 min

Strandloper – Episode 92

Nicolien besoek Dok met haar buikprobleme en kry ontstellende nuus en ʼn opdrag: Sy moet haar biologiese ouers probeer opspoor vir hulle mediese geskiedenis. Toe sy Mauritz gaan groet, maak hy ʼn bekentenis wat haar in trane het.
Season 1 / Episode 92 10 min

Strandloper – Episode 93

Willie en Oom Fred is bekommerd oor hulle koffiekiosk wat toe is as gevolg van Dylan en sy probleme. Hulle besluit op ʼn hele nuwe strategie om die saak op te los. Intussen probeer Mauritz help – met chaotiese gevolge. En dan verras Dylan hulle almal, weer ʼn keer!
Season 1 / Episode 93 9 min

Strandloper – Episode 94

Visstok sorg vir meer as een verrassing in Engela se soektog na ʼn nuwe huis. Word hy meer as ʼn steunpilaar vir haar? Willie daag ook op om Engela te help, en die ou vonk tussen hulle wil maar net nie uitgedoof word nie.
Season 1 / Episode 94 11 min

Strandloper – Episode 95

Tannie Ouvrou maak ʼn nuuskierige draai by Dylans en kry ʼn paar verrassings. Sy en Dylan maak ʼn skokkende ontdekking. Engela lewer ʼn pakkie vir Dylan af – dit is van ʼn onbekende afsender, wat suspisie by Tannie Ouvrou wek.
Season 1 / Episode 95 9 min

Strandloper – Episode 96

Oom Fred roep vir Willie en Visstok bymekaar vir ʼn vergadering op ʼn ongewone plek: onder die melkhoutboom op Tant Betta se erf. Die middelpunt van die vergadering is ʼn ou mampoerstookketel. Hulle groot planne word onverwags onderbreek.
Season 1 / Episode 96 10 min

Strandloper – Episode 97

Tannie Ouvrou kry ʼn verrassing op die kombuistafel, ná Oom Fred en die manne se “vergadering” die vorige dag. Mauritz gee Oom Fred ʼn splinternuwe mampoerplan, tot Tannie Ouvrou se ontsteltenis … en hy kry nuus uit Johannesburg van Nicolien.
Season 1 / Episode 97 10 min

Strandloper – Episode 98

Engela is verras om Willie op die strand te kry, wat waghou by ʼn gevaarlike seeslang. Dylan is op ʼn missie om sy verlore medalje terug te kry. Hy spog agterna met sy slim plan, maar dit kom terug om hom aan die hakskeen te byt, soos die dodelike seeslang.
Season 1 / Episode 98 10 min

Strandloper – Episode 99

Visstok help Engela om die gordyne van haar nuwe huis te meet, en die sessie neem ʼn hele nuwe wending aan wat haar voete letterlik onder haar uitslaan. Tant Betta se nuuskierigheid oor die twee kry die oorhand, en haar vermoedens word bevestig.
Season 1 / Episode 99 11 min

Strandloper – Episode 100

Nicolien verras Mauritz laataand by die losieshuis. Sy’t nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers… wat op ʼn vreemde aansluit by Mauritz se passie vir wrakke en die Amerikaner Tim Taylor se soektog na verlore duikbote op die seebodem.
Season 1 / Episode 100 10 min
80 – 100