SAPD ondersoek nog of oorskot dit van drie SAPD-lede is

Loading player...
Drie liggame, vermoedelik dié van polisielede wat verlede week vermis geraak het, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die lede, wat op pad van die Vrystaat na Polokwane was, het op 23 April verdwyn terwyl hulle in 'n wit Volkswagen Polo gereis het. Volgens polisiewoordvoerder Athlenda Mathe is die liggame nog nie geïdentifiseer nie en soektogte en ondersoeke duur voort:
29 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Chantel Boeren dra Mej. Tiener-kroon

Chantel Boeren is Vrydagaand as Namibië se Mej. Tiener 2025 gekroon. Boeren het Saterdagaand tydens die kroning van Mej. Namibië 2025 gesê sy droom reeds sedert haar kinderjare oor die titel en oor haar toekomsplanne uitgebrei:
20 Jul 1AM 1 min

Chantel Boeren dra Mej. Tiener-kroos

Chantel Boeren is Vrydagaand as Namibië se Mej. Tiener 2025 gekroon. Boeren het Saterdagaand tydens die kroning van Mej. Namibië 2025 gesê sy droom reeds sedert haar kinderjare oor die titel en oor haar toekomsplanne uitgebrei:
20 Jul 12AM 1 min

Namcor-verdagte skuil glo steeds in Angola

Die Teenkorrupsie-kommissie sê die Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima skuil vermoedelik steeds in Angola. Malima, die 10de beskuldigde in die 480 miljoen Namibiese dollar skandaal, het gevlug nadat ander verdagtes in hegtenis geneem is. Die kommissie bevestig dat daar geen teken is dat hy teruggekeer het na Namibië nie. Die kommissie se…
19 Jul 6AM 1 min

Trump-tariewe plaas druk op plaaslike motorbedryf

Die VSA se 30 persent tariewe op Suid-Afrika vanaf 1 Augustus wek kommer in veral die voertuigbedryf. Namibië voer baie voertuie en onderdele uit die buurland in, en die tariewe gaan beslis 'n plaaslike uitwerking hê. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry.
19 Jul 5AM 1 min

'FlySafair in oorlog teen vlieëniers, publiek'

Die vakbond Solidariteit sê FlySafair se bestuur het oorlog verklaar teen sy vlieëniers en die publiek. Dit volg nadat die lugredery aangekondig het vlieëniers sal vir sewe dae verbied word om te werk in reaksie op 'n beplande een dag staking. Die lugredery kan moontlik die vlieëniers tot 14 dae…
19 Jul 4AM 1 min