Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,785 Episodes
1080 – 1100

SA kry gou ’n nuwe staatsbeheerde maatskappy vir water

Die verwagting is dat die nuwe staatsbeheerde maatskappy teen Mei op die been gebring sal word. Leon Basson, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor water en sanitasie, verduidelik waarom hierdie maatskappy nodig is.
16 Jan 6AM 10 min

SA voer die eerste keer in sewe jaar mielies in

Suid-Afrika het vir die eerste keer sedert 2017 witmielies ingevoer. Ryk van Niekerk gesels met dr. André van der Vyver, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Graan- en Oliesadehandelaars (Sacota), oor hierdie skeepsvrag mielies en die mielieproduksie in SA.
14 Jan 11AM 9 min

Regsfirma hof toe oor nuwe bemagtigingskodes

Verlede jaar het die regering nuwe bemagtigingskodes in plek gestel. André Vos, direkteur en praktykshoof van litigasie by Norton Rose Fulbright SA, bespreek die aspekte van die beleid wat hulle as onredelik en onprakties beskou.
14 Jan 11AM 12 min

MTN spring met 10%

Bernard van Wyk, hoof van navorsing en fondsbestuur by Kruger Internasionaal gesels oor MTN se aandeelprys.
14 Jan 11AM 8 min
1080 – 1100