Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,984 Episodes
260 – 280

OUTsurance se puik syfers

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, bespreek die markte en OUTsurance se finansiële resultate.
15 Sep 12PM 6 min

Johannesburg val uitmekaar

Prof Alex van den Heever van die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir regeringsbestuur deel sy mening oor Johannesburg se agteruitgang en moontlike oplossings, en sê ons benodig bekwame en eerlike leiers.
15 Sep 12PM 10 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur, en Johan Gous, welvaartbestuurder by Kruger Internasionaal, beantwoord vrae wat luisteraars se sakke raak.
12 Sep 11AM 16 min

Tegnologiereus vry na Bank Zero

Kokkie Kooyman, fondsbestuurder by Denker Capital, verduidelik wat hierdie transaksie tussen Lesaka Technologies en Bank Zero kan beteken.
12 Sep 11AM 7 min

Van Dagbreek via Stellenbosch tot by STADIO

Dr Stan du Plessis, die nuwe uitvoerende hoof van STADIO, gesels oor tersiêre onderwys, die arbeidsmark in Suid-Afrika, sy agtergrond en loopbaan, asook wat hy doen om te ontspan.
11 Sep 12PM 8 min

FirstRand se SA besighede koók

FirstRand het vandag sy winssyfers vir die boekjaar tot einde Junie bekend gemaak, en die wins het met 10% gestyg. Die groep se uitvoerende hoof, Mary Vilakazi, bespreek die resultate.
11 Sep 11AM 11 min

Emosie skiet opbrengste in die voet

Martin Riekert, hoof van kleinhandelbeleggings by Momentum Beleggings, verduidelik hoekom sekerheid en kalmte oor beleggingsinkomste tydens groot markafswaaie so belangrik is.
11 Sep 11AM 7 min

Markoorsig

Amelia Morgenrood, aandelemakelaar, PSG Wealth Faerie Glen, gesels oor die sterker markte in onsekere tye en inflasiesyfers wat vandag in Amerika uitgereik is.
11 Sep 11AM 5 min
260 – 280