Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,984 Episodes
300 – 320

Is die slegste vir die ekonomie verby?

Dr. Francois Stofberg, hoofekonoom by Efficient Group, deel sy mening oor die Suid-Afrikaanse ekonomie en hoe belangrik elektrisiteitsvoorsiening en logistiek is vir die stabilisering van die ekonomie.
5 Sep 11AM 7 min

SA taakspan gee aanbevelings aan die B20

Shadi Chauke, Sanlam se uitvoerende beampte en adjunkvoorsitter van die taakmag vir indiensneming en onderwys, gesels oor hul aanbevelings aan die B20.
4 Sep 12PM 6 min

Skole gaan geraak word deur SARS se BTW planne

Pieter Faber, uitvoerende beampte van belasting by Saica, bespreek die kern van die Inkomstediens se modernisering van sy BTW-stelsel, die risiko’s wat skole hiermee in die gesig staar, en wat dit vir belastingbetalers beteken.
4 Sep 12PM 7 min

Sanlam wys hulle tussentydse resultate

Sanlam het vandag sy tussentydse resultate bekend gemaak. Anton Gildenhuys, uitvoerende hoof van Sanlam Lewensversekering en Spaarprodukte, bespreek die resultate.
4 Sep 12PM 7 min

Die gaarder loer na kriptowinste

Kobus Muller, rekenmeester en belastingkonsultant by Crypto Tax Consultants, gesels oor die belastingimplikasies vir mense wat kripto besit.
3 Sep 12PM 7 min

Goud beur tot nóg 'n hoogtepunt

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek die redes agter die sterker goudprys en Woolworths se finansiële resultate.
3 Sep 11AM 7 min

Shoprite skop gat

Shoprite, die grootste kleinhandelgroep in Afrika, het vandag sy winssyfers vir die boekjaar tot einde Junie bekend gemaak. Die omset is net minder as 9% hoër, terwyl wins met byna 20% toegeneem het. Die uitvoerende hoof, Pieter Engelbrecht, bespreek die resultate.
2 Sep 12PM 13 min

Goud beur weer deur $3,500

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, gesels oor die goudprys en Bidvest se winssyfers.
2 Sep 12PM 5 min
300 – 320