Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,882 Episodes
4440 – 4460

Netcare se wins spring soos Covid-19 taan

Jaques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling gesels oor wat die situasie tans is na Covid-19, hoekom dit minder winsgewend was om Covid-pasiënte te behandel.
21 Nov 2022 10AM 7 min

Markoorsig

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft gesels oor die olieprys, Sasol se aandeelprys, Barloworld en Avis, asook PPC se resultate.
21 Nov 2022 10AM 8 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Route 21 en Jean Pierre Verster, uitvoerende hoof van Protea Capital Management beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
18 Nov 2022 12PM 14 min

So lyk die tipiese Easy Equities-belegger

Charles Savage, medestigter en uitvoerende hoof van Purple Group gesels oor wat sy definisie van 'n aktiewe belegger is en wat hul beleggingsgedrag is.
18 Nov 2022 12PM 7 min

Markoorsig

Jean Pierre Verster, uitvoerende hoof van Protea Capital Management gesels oor die olieprys en verskeie maatskappye se onlangse aankondigings.
18 Nov 2022 12PM 9 min

Van Avis tot publieke kampvegter

Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van OUTA gesels oor sy loopbaan, hoe OUTA begin het en wat hy doen om te ontpan.
17 Nov 2022 11AM 13 min

Lufthansa vlieg nou reguit Kruger Park toe

Linda Grimbeek, hoof van die Kruger Laeveld toerisme- en sakekamer gesels oor hoe groot verskil hierdie nuwe vlugte sal maak en toerismevlakke in Mpumalanga en by die Kruger Wildtuin.
17 Nov 2022 11AM 4 min

Markoorsig

Johan Gouws, hoof van advies by Sasfin Wealth gesels oor maatskappye wat vandag hul handelsverklarings bekend gemaak het en volgende Dinsdag se staking in die staatsdiens.
17 Nov 2022 11AM 7 min

Takatso reageer op Gidon Novick se bedanking

Tshepo Mahloele, voorsitter van die Takatso-konsortium gesels oor konflik met Lift, of daar deursigtigheid was tussen die Takatso-konsortium en Novick, asook die status van die SAL ooreenkoms.
17 Nov 2022 11AM 9 min
4440 – 4460