Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,778 Episodes
80 – 100

Daar kon meer gesteek het in arbeidswetwysigings

Die regering het nuwe wetgewing oor afdanking bekendgestel. Prof. Hugo Pienaar, direkteur by Thomson Wilks, gesels oor die nuwe kode en wat dit vir werknemers en werkgewers beteken.
5 Sep 11AM 7 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Corné Welman en Lee-Ann Whitehead, welvaartbeplanners van Portfolium, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
5 Sep 11AM 17 min

Transnet maak sy winsverslag bekend

Die staatsonderneming Transnet het vandag sy finansiële resultate bekend gemaak. Die groeptesourier, Andre Pillay, bespreek die resultate en die groep se planne vir die toekoms.
5 Sep 11AM 5 min

Is die slegste vir die ekonomie verby?

Dr. Francois Stofberg, hoofekonoom by Efficient Group, deel sy mening oor die Suid-Afrikaanse ekonomie en hoe belangrik elektrisiteitsvoorsiening en logistiek is vir die stabilisering van die ekonomie.
5 Sep 11AM 7 min

SA taakspan gee aanbevelings aan die B20

Shadi Chauke, Sanlam se uitvoerende beampte en adjunkvoorsitter van die taakmag vir indiensneming en onderwys, gesels oor hul aanbevelings aan die B20.
4 Sep 12PM 6 min

Skole gaan geraak word deur SARS se BTW planne

Pieter Faber, uitvoerende beampte van belasting by Saica, bespreek die kern van die Inkomstediens se modernisering van sy BTW-stelsel, die risiko’s wat skole hiermee in die gesig staar, en wat dit vir belastingbetalers beteken.
4 Sep 12PM 7 min
80 – 100