Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,785 Episodes
960 – 980

Die JSE stoom voort

Henco Kruger lewer die markverslag, en Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die JSE se hulpbronindeks en die verkoop van Inverroche.
12 Feb 11AM 4 min

Hoekom is die rand so sterk?

'Ons weet die rand gaan altyd terug na 'n koers wat sin maak': Gert Visser – valutaspesialis, Rand Merchant Bank.
12 Feb 11AM 8 min

Die Tesourie verslap PPP-reëls

Ryk van Niekerk gesels met Ian Petherbridge van die prokureursfirma Thompson Wilks oor die nasionale tesourie se nuwe reëls vir vennootskappe tussen die privaat- en openbare sektor.
12 Feb 11AM 5 min

Die rand byt vas

Henco Kruger lewer ’n verslag oor die jongste markaanwysers, en Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, bespreek die rand en die herlewing van Sasol se aandeelprys.
11 Feb 10AM 4 min

Goud stroom van Londen na Amerika

Dawid Heyl, portefeuljebestuurder by Ninety One, sê die tekens van stres is sigbaar in die mark met die fisiese verskuiwing van goud.
11 Feb 10AM 7 min

Trump en SA: Hoe het ons hier gekom?

Neil Diamond, president en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (Saccusa), Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, en die ekonoom dr. Roelof Botha deel hul reaksies en insigte oor president Donald Trump se opmerkings oor Suid-Afrika.
10 Feb 11AM 26 min

Waar kom Chappies vandaan?

Marli Visagie, bestuurder van innovasie by Mondelez, gesels oor die geskiedenis van Chappies.
10 Feb 11AM 7 min

Suid-Afrikaners kry nuwe digitale identiteite

'Die belangrikste punt van alles is dat dit 'n veilige, geverifieerde stelsel gaan wees, waar niemand jou identiteit kan steel nie': Dr Leon Schreiber – minister van binnelandse sake.
7 Feb 11AM 10 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS en Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Route 21, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
7 Feb 11AM 22 min
960 – 980