Genoeg is genoeg (Jana Luther). “Pak slae is nou ’n misdaad,” sê die hof. Dié uitspraak is wyd verwelkom, maar ook gekritiseer. En ek dink by myself hoe dit my onlangs weer opgeval het hoe baie van Afrikaans se idiome met lyfstraf verband hou.
Aanlyn kursus: Gesellig Afrikaans (Gerhard van Huyssteen en Angelique van Niekerk). Prof Angelique van Niekerk van die Universiteit van die Vrystaat gesels oor die nuwe aanlyn kursus Gesellig Afrikaans. Dié kursus is gerig op die onderrig van Afrikaans as vreemde taal (met ander woorde vir iemand wat eintlik geen -…
Wat ek vandag wil kom staan vertel (Jana Luther). “Moet jy so vroeg in oggend met my staan en stry?” Vir hierdie stryery om plaas te vind, hoef nóg die aangesprokene nóg die spreker werklik op die been te wees. Hulle kan aan tafel sit, of selfs nog in die…
Kom plant jou vlag in Afrikaans se spraakatlas (Jana Luther). Hoe klink Afrikaans? Daar waar jy is. Verewig jou stem in die Virtuele Instituut vir Afrikaans se nuwe Noordewindkorpus.
Oor beddens en Boervrouens (Sophia Kapp). As jy in die middel van die nag wakker word van 'n harde klapgeluid, kan jy maar weet daar is moeilikheid. Maar sommige mense vat nie nonsens van sulke moeilikheid nie …
Van varke en verraaiers (Sophia Kapp). Oor die bekendstellingsgeleentheid van die 2017-AWS, Sagmoedige Neelsie en Dalene Matthee se Moerbeibos. Wie is uiteindelik die vark in die verhaal?
Boekbekendstelling - Terminology and Terminography (Gerhard van Huyssteen en Mariëtta Alberts). Dr Alberts is een van Suid-Afrika se bekendste terminoloë. In hierdie episode praat sy oor haar nuwe boek wat onlangs gepubliseer is: Alberts, M. 2017. Terminology and Terminography: Principles and Practice. A South African Perspective. Milnerton: MLA Publications. 483…
Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie (Jana Luther). Waarom krap die toevoeging van ’n enkele woordpaar tot die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (’n skamele twee uit altesame 34 077 inskrywings) bruin akademici en skrywers so om?
Subredakteur is koerant se onbesonge held (Gerhard van Huyssteen). Menige leser/luisteraar weet nie wat ʼn subredakteur is nie. Subredakteurs doen veel meer as om net die taal in 'n koerantberig te versorg.
Oos, Wes, Bluff Bes (Sophia Kapp). Hoekom word die name van stede of geboue in die buiteland soms in Afrikaans vertaal? En wat noem 'n mens iemand wat van die Bluff (Durban) vandaan kom?
Beskans jou deur jou taal goed te beheers (Gerhard van Huyssteen) Bouwer Bosch se #Versoening-video’s het Suid-Afrikaners behoorlik aan die gons. Van sy kritici gebruik sy taalgebruik om hom as onbelangrik af te maak. Is sulke kritiek geregverdig?
Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie (Jana Luther). Rapport se gebruik van die woord "rampant" in die kop van ’n berig oor die Leeus se Superrugby-sege in Durban het ’n hele paar lesers op hulle agterpote gehad. Hoe staan sake met dié woord in Afrikaans?
Koerante en tydskrifte is voedingsbron vir Afrikaans (Jana Luther). Om in bronne soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal en die Afrikaanse woordelys en spelreëls eietydse taalgebruik akkuraat te weerspieël, word die gedrukte én niegedrukte media daagliks gefynkam.
Spontaan oor die lippe (Jana Luther). Van Afrikaans se uitdrukkings en gesegdes is reeds etlike honderde jare oud; baie dateer uit vorige millennia. Ontstaan daar vandag nog nuwe idiome?
10 Jul 2017
12 min
80 – 95
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.