GROOTfm 90.5 #SlatDieSport met Stephen en Arnold

#SlatDieSport met Stephen en Arnold

Sport analise en ‘n hele lot bog daarby.
Weekly Afrikaans South Africa Sports
276 Episodes
1 – 20

#SlatDieSport - 13 Februarie

Die beste Suid-Afrikaners in vanjaar se Midmar-myl kom kuier in die ateljee. Catherine van Zyl en Henré Louw gesels met ons oor hul sukses en deel ook so paar toekomsplanne. Dr. Jacques Faul van die Titans praat meer oor Titans en Bulls Legends krieketwedstryd wat volgende maand gaan plaasvind. Werner…
13 Feb 40 min

#SlatDieSport - 6 Februarie

Die 52ste Midmar-myl is om die draai. Wayne Ridden, die resiesdirekteur, vertel ons meer van hierdie roemryke geleentheid.
6 Feb 24 min

#SlatDieSport - 30 Januarie

Ons gesels met die Proteas en MI Cape Town se Corbin Bosch. Mario Solomon, kaptein van die SA meesters, vertel meer die komende krieket wêreldbekertoernooi vir mans bo 50.
30 Jan 39 min

#SlatDieSport - 23 Januarie

Ons bespreek MMA met die kampioenvegter Cameron Saaiman. Henk Lategan is terug nadat hy ‘n tweede plek in die Dakar veldtydren behaal het.
23 Jan 40 min

#SlatDieSport - 16 Januarie

Ons loer in by Nikki Caromba, wenner van die "World's Toughest Mudder". kompetisie. Graham Gerstch kuier in die ateljee en vertel oor oor die Pretoria Marathon.
16 Jan 35 min

#SlatDieSport - 12 December

Slat die sport - ons het gepraat met Dave Ussendorf oor die nedbank golf challenge asook dunhill cup en ook met Chris Morris oor die proteas toetse en eendag wedstryde teen pakistan
12 Dec 2024 36 min

#SlatDieSport - 05 Desember

Die veelsydige Eliz-Mari Marx van die Proteas kuier in die ateljee en die motorsport fundi Hendrik Verwoerd deel sy insigte voor die laaste naweek van die F1 wêreldkampioenskap.
5 Dec 2024 45 min

#SlatDieSport - 28 November

Stephen en Jacques is in die ateljee en loer in by twee prominente sport skrywers, Fanie Heyns en Jan de Koning
28 Nov 2024 40 min

#SlatDieSport - 14 November

Duitser Bosman, die sakeman en rugbybestuurder van formaat, deel sy perspektiewe oor die stand van Boland klubrugby. Gert van der Merwe, 'n gesoute speler-agent, vertel meer oor sy tyd saam met die Springbokke in Skotland en Kenneth Mabela van die Titans, gee ons 'n kykie na die inspirerende wêreld van…
14 Nov 2024 40 min

#SlatDieSport - 07 Oktober

In hierdie episode het ons die wêreld van sport verken saam met twee spesiale gaste, Simon Riekert en Gary Bailey. Simon, ’n rugbyskrywer en uitsaaier, het sy insigte oor die naweek se Bok-toets gedeel en hy maak so paar voorspellings wat spankeuses en tellings betref. Gary Bailey, voormalige top-doelwagter en…
7 Nov 2024 44 min

#SlatDieSport - 31 Oktober

Die “radical golfer” Heindrich de Preez kom maak ‘n draai in die ateljee en die ultra-marathon atleet Bennie Roux vertel ons van die Ultra Gobi 400km-marathon waaraan hy in Oktober deelgeneem het.
31 Oct 2024 41 min

#SlatDieSport - 24 Oktober

Ons gesels met die Suid-Afrikaanse netbalspeler, Karla Pretorius, sowel as die talentvolle kolwer van die Proteas en Titans, Donovan Ferreira. Verder sluit Rhyn Swanepoel, bestuurder van die suksesvolle Boxer Atletiekklub, by ons aan in die ateljee om oor Glenrose Xaba se nuwe rekordprestasie te gesels!
24 Oct 2024 35 min

#Slat Die Sport 17 Oktober

Stephen en Arnie ontvang die nuwe wêreldrekordhouers in die 400 x 100m aflos van Curro Hazeldean. Ons gesels ook met die Lions se ster kolwer, Mitchell van Buuren en ons hou jou op hoogte van die skitterende T20-Wêreldbeker halfeinstryd tussen Suid-Afrika en Australië
18 Oct 2024 40 min

#SlatDieSport - 3 Oktober

Stephen en Arnie praat met die rugbyskrywer Mike Greenaway en dan hoor ons meer van die Olimpiese roei medaljewenner Bridgette Hartley.
3 Oct 2024 38 min

#SlatDieSport - 26 September

Jacques en Arnie gesels met Jacques Faul van die Titans oor die T20 Challenge, SA krieket, Rassie Erasmus en meer
26 Sep 2024 40 min

#SlatDieSport - 19 September

Ons gesels met die medaljewenner, Louzanne Coetzee en Jean Verster reflekteer oor die Olimpiese spele.
19 Sep 2024 33 min

#SlatDieSport - 5 September

Die Affies Prestige Tennistoernooi is amper hier, Johann Thormahlen van Rapport deel sy mening oor die Bok-span en ons loer in by die ster-spiesgooier, Jo-Ané van Dyk.
5 Sep 2024 40 min
1 – 20