GROOTfm 90.5 #LunchPunch met Francois van Rensburg

#LunchPunch met Francois van Rensburg

Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
Monthly Afrikaans South Africa Music
783 Episodes
680 – 700

Susan Coetzer kuier in Gister Se Grotes

Die Afrikaanse aktrise, vryskutjoernalis, kunstenaar en skrywer, Susan Coetzer is iemand wat uit die boks uit leef en dink. Francois ontmoet haar in die vinnige baan by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein om uit te vind of sy dit kan regkry om vir ‘n paar minute stil te sit.
14 Jul 2019 29 min

Leon van Nierop onthou Paul Eilers

Die filmkenner Leon van Nierop was een van die eerste mense wat Vrydag die nuus van Paul Eilers se dood op sosiale media gedeel het. Hulle was kollegas en vriende en Paul het hom ook help oplei as omroeper en regisseur, toe hy vars aangesluit het by die destydse SAUK…
30 Jun 2019 1 min

Natalia da Rocha kuier in Gister Se Grotes

Natalia da Rocha is ‘n pionier Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, jeugaktivis en besigheidsvrou. Sy was een van die min mense van kleur wat dit reggekry het om tydens die apartheidsera aktief in die vermaaklikheidsbedryf betrokke te wees. Francois ontmoet haar in 'n raserige restaurant in Muizenberg by Surfer’s Corner. PS. Slegs…
2 Jun 2019 50 min

Gister Se Grotes Huldeblyk aan Irene van Wyk

Irene van Wyk was aanvanklik bekend as die meisie wat saam met Steve Hofmeyr sing, maar het later weggebreek van hierdie titel toe sy haar eie unieke stempel op musiek begin afdruk. Alhoewel haar stem mense aan Tina Turner herinner, het sy met haar eiesoortige styl, veelsydigheid en sonderlinge vokale…
26 May 2019 9 min

Pietie Beyers oor die Skemerson-film

In die fliek Skemerson ontmoet 3 karakers mekaar by die Bloukransbrug. Elkeen van hulle is op hul eie unieke lewensreis en bevind hulself dus daar vir ‘n ander rede. Ons gesels met Pietie Beyers (akteur), die meesterbrein (of Blitsbrein…) agter die konsep, oor hierdie spesiale projek.
4 May 2019 5 min

Christo Burger & Michael Barrett oor Capital Singers: Rewind 70's & 80's

Christo Burger & Michael Barrett, die vervaardigers en dirigente van die Capital Singers: Rewind 70's & 80's, kuier regstreeks vanaf die Sun Arena, Time Square by Groot FM 90.5 om te gesels oor hierdie opwindende produksie saam met sangers soos Elvis Blue, Joseph Clark en Vicky Sampson.
4 May 2019 8 min
680 – 700