GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
455 Episodes
300 – 320

Spreeklewe - Vredevors

Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
30 Nov 2022 10 min

Goeienuus - Oom Hendrik Fourie is 91 jaar oud

Oom Hendrik Fourie se kleindogter Natasja Strauss het vir Annelie 'n boodskap gestuur waarin sy sê dat sy graag die goeienuus met Grootfm 90.5 wil deel dat haar oupa 91 jaar oud word en haar ouma Martha, sy vrou van 70 jaar, die week daarop 90 word. Annelie het vir…
25 Nov 2022 14 min

Die Here gee ons die krag om te "Cope"

Die lewe is nie regverdig nie en die Bybel waarsku ons ook dat Christene se lewens nie noodwendig net Maanskyn en rose nie. Maar God gee vir ons die krag om te kan "cope" Prof. Jan van der Watt het 'n baie oulike stuk geskryf spesifiek hieroor, wat ek in…
16 Nov 2022 7 min

Spreeklewe - Nederigheid

Nederigheid beteken nie jy dink minder VAN jouself nie dit beteken net jy dink minder AAN jouself
5 Oct 2022 5 min

Cordelia

Cordelia het by Annelie op die Brunch kom kuier... Hulle gesels oor haar nuwe liedjie, Theuns Jordaan en haar troue
27 Sep 2022 14 min

Spreeklewe - Ons God se hoop en lewende water met die wêreld deel

Hoekom is windpompe vir ons mooi? Dink daaroor dit is nie esteties eintlik 'n mooi ding nie. Ek dink onbewustelik is dit vir almal 'n teken van hoop - in tye van droogte gee 'n windpomp vir ons hoop op lewe. So is ons as gelowiges veronderstel om die windpompe…
21 Sep 2022 9 min

Vrouemaand - Dr Adriana Marais

Dr. Adriana Marais is 'n Suid-Afrikaanse teoretiese fisikus, tegnoloog en voorstander van buite-ruimte verkenning. Sy is ook die direkteur van die Foundation for Space Development Africa, 'n organisasie wat daarop gemik is om Afrika se eerste sending na die maan te stuur. Annelie gesels met haar oor haar passies, vrou…
18 Aug 2022 18 min

Vrouemaand onderhoud - Natasha Felix

Ons vier Natasha Felix die vrouemaand. Natasha is 'n spesiale behoeftes onderwyser, 'n comerades en Two Oceans atleet en soveel meer. Annelie gesels met haar om meer uit te vind oor haar vrou wees
17 Aug 2022 9 min

Spreeklewe - Ek is to alles in staat

Filippense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Wat beteken dit werklik? Beteken dit sukses en dat al jou drome en aardse ideale gaan waar word?
17 Aug 2022 5 min

Spreeklewe - Hoekom glo jy?

Hebreërs 11 Wat geloof is 1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig…
10 Aug 2022 6 min

Nataniël

Annelie gesels Kaalkop met Nataniël oor Afrikaans in Styl, teater etiket en Afrikaanse musiek
3 Aug 2022 18 min

Spreeklewe - Jy is kosbaar

JESAJA 43 Jy is Myne 1Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. 2As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle…
3 Aug 2022 5 min

Spreeklewe - Ware Vriendskap

JOHANNES 15:12-15 AFR83 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n…
20 Jul 2022 8 min

Kolossense 3:11

Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.
29 Jun 2022 7 min

Spreeklewe - Wees versigtig om te oordeel

MATTEUS 7:2 met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
8 Jun 2022 8 min
300 – 320