Spreeklewe - Jy moet jou vyande liefhê

Loading player...
Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.
4 Oct 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Oppinuus - Willem Els oor fluitjieblaser beskerming

Annelie gesels met Willem Els van die instituur vir Sekerheids Studies oor Marius van der Merwe of soos hy in die Mhlanga kommisie bekend gestaan het Getuie D se Moord. Die wetgewing oor die beskerming van fluitjie blasers en wat moet gebeur om toekomstige getuies en fluitjieblasers te beskerm
11 Dec 20 min

Francois van Rensburg

Annelie gesels met Francois van Rensburg oor sy en Charlize Berg se nuwe Kersfees duet "Geseënde Kersfees" en kyk hoe goed hy ander kersliedjies ken
9 Dec 21 min