Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,238 Episodes
40 – 60

Taai jaar vir Christia inspireer nuwe musiek

“Ek is hierdie jaar deur baie dinge. Ek het my loopbaan weer aan die gang gekry en is deur ʼn egskeiding, so ek is nou meer as ooit vantevore dankbaar vir my sirkel van mense.”
17 Oct 2025 15 min

Kwartmiljoen pakke sanitêre ware hou meisies in die klas

Die HelpHetta-projek van Helpende Hand verhoed dat meisies tot 55 skooldae per jaar mis en verseker so toegang tot onderwys en drome wat bewaarheid word. Danelle du Plessis, projekorganiseerder van HelpHetta, verduidelik van die nuwe mikpunt vir HelpHetta wat jy kan ondersteun.
15 Oct 2025 1 min

Proteïenpoeiers: gesonde alternatief of geldmors?

In die tweede episode van Maroela Media se proteïen-podsendingreeks delf ons dieper in die wêreld van proteïenpoeiers en gesels met Chanel Vogl, eienaar van Ovo Protein – ʼn unieke eierwitproteïenpoeier.
30 Sep 2025 14 min

Onderwysers sê skooltas gee kinders hoop

Elke kind verdien om die eerste dag van die skooljaar met trots te begin, en jy kan dit help moontlik maak. Juffrou Nita Gerber Heyns het die waarde van ʼn skooltas en skryfbehoeftes benadruk en wyse raad met ouers van kinders in die grondslagfase gedeel.
29 Sep 2025 12 min

Armand Hofmeyr druk eie stempel af

Pa en seun se musikale genres verskil hemelsbreed, maar albei probeer dieselfde ding deur hul musiek bereik: om Afrikaans as taal te bevorder.
29 Sep 2025 13 min

GLP-1 – foefie of wondermiddel vir gewigsverlies?

In Maroela Media se jongste episode in ons podsendingreeks oor diabetes, werp Chanelle Retief, ʼn dieetkundige, en dr. Marlé van der Merwe, ʼn algemene praktisyn, lig op wat presies GLP-1 is en hoe dit gebruik kan word.
26 Sep 2025 12 min

Proteïene: Wondervoedingsmiddel of dieetfoefie?

In die eerste episode gesels ons met Chanelle Retief, ʼn dieetkundige en eienaar van die dieetkundige praktyk NutriFundi, oor die boustene van proteïene en of dit werklik nodig is om in ál jou maaltye in te werk.
19 Sep 2025 18 min

Afrikaner diaspora wil hul identiteit, taal en kultuur vier

MyHartland is ʼn digitale platform wat Afrikaners wêreldwyd help om hul identiteit, taal en kultuur lewendig te hou. Nicolien Welthagen van die SNI vertel meer oor hulle navorsing oor die Afrikaner-diaspora en verduidelik hoe MyHartland ʼn brug bou tussen Afrikaners oor die wêreld heen.
12 Sep 2025 20 min

'Jesus’-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges

“Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.”
12 Sep 2025 11 min
40 – 60