Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.
Weekly
Afrikaans South AfricaBusinessAuthored by Jacques Basson
Leilani se positiewe energie en houding is aansteeklik! Haar nuutste besigheid, Date Night SA, het al amper 200,000 Facebook volgelinge. Kom luister hoe alles begin het en meer belangrik, hoe sy die wêreld 'n beter plek maak vir elke R1 wat sy verdien. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons…
Die biljoenêr wat nie een is nie. My belangrikste en kragtigste onderhoud nog. Francois is die stigter van die Mertech Groep wat bestaan uit 200 maatskappye en die Mergon Foundation wat elke jaar meer as R100 miljoen aan Christen liefdadigheidsorganisasies skenk. Hy is oa die mede-stigter van die Atterbury Groep…
Helmi is die stigter en CEO van Blackland Industries wat fokus op die ontwikkeling van premier huise...huise van so R30 miljoen! Sy entrepreneuriese reis is 'n inspirerende storie van laagte punte, 'n kleintyd vriend wat aansluit en natuurlik hulle volgehoue ontwikkeling en suksesse. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons…
Sekerlik een van my gunsteling onderhoude hierdie jaar. Ons gesels bietjie koffie. Kom hoor hoe sy haar mobile koffiebesigheid begin het. Asook die krag van ‘n selfbetalende bemarkingstrategie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
Kom luister hoe Charl sy natuurlike kreatiwiteit gefokus het ten einde sy eerste T-hemp handelsmerk, De Afrikander, te omskep in ‘n suksesvolle kleinhandel winkel, De Afrikander Handelshuis, wat gefokus is op die internasionale toerismebedryf. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
Ek sal heeldag lank met hierdie interessante man kan gesels. Bernie is die stigter en CEO van Commerce Edge en ‘n e-Procurement pionier. Hulle is die grootste speler wanneer dit by opleiding, publikasie en konferensies kom, aangaande Aankope en Aankopers. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
Ettiene Pretorius is ‘n baie suksesvolle en unieke entrepreneur, met vars en soms kontroversiële idees. Min mense kan egter spog dat hulle al twee keer deur Richard Branson genooi is om tyd te spandeer op sy eiland, Necker. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
Gareth Cliff het ‘n Afrikaner bloedlyn wat die meeste Afrikaners jaloers sal laat bv. Piet Retief en die vader van Afrikaans, Gustav Preller. Luister na hierdie baie interessante onderhoud, veral ons gesprek oor die stand en toekoms van Potgooie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg
EXAH is nie net ons nuwe borg nie, maar ook deskundiges wat huidiglik groot besighede se prosesse en sisteme drasties verbeter, wat lei tot 30% PLUS groei vir die betrokke besighede. Kom luister hoe doen hulle dit. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH
TV aanbieder, spreker en uitvoerende hoof van Galileo Capital, Theo Vorster, gesels met my oor die mites van Swart Ekonomiese Bemagtiging en veral die groei geleenthede wat dit Afrikaanse besighede bied. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
Portchie is ons eie Afrikaner Picasso. ‘n Vrystaat seun met ‘n sterk entrepreneuriese agtergrond. Kom luister bietjie hoe die besigheid van kuns werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
Uiteindelik is die Klipkouers wiel weer ernstig aan die rol, maar hierdie keer vanaf die CliffCentral ateljee in Sandton! Kom luister bietjie wat aan die gebeur is en waarheen ons oppad is! Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
28 Mar 2018
12 min
60 – 72
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.