Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,844 Episodes
420 – 440

ToekomsVenster: Die Here bring vrede

Mag die Here kragtig ingryp, ware bekering bring in die harte van mense wat die besluite maak. Mag die Here vrede bring in die Midde-Ooste.
11 Nov 2023 9AM 2 min

ToekomsVenster: Wie vertrou jy?

Ek dink die Here verwag dat ons albei doen, maar om van tyd tot tyd net te vra vir wie jy nou eintlik vertrou, is nie ʼn ongesonde oefening nie.
6 Nov 2023 7AM 3 min

ToekomsVenster: Ook hier sal die Here vir jou sorg

Van kleintyd tot vandag toe nog sorg die Here. Hy is getrou en doen wat Hy beloof het. Hy het geen tekort aan enigiets nie. By Hom is daar ʼn oorvloed genade, sorg, omgee, ondersteuning, noem maar op.
6 Nov 2023 7AM 2 min

ToekomsVenster: Die Here sorg

Die laaste woord word inderdaad deur Hom gespreek. Sy beloftes staan vas en elkeen wat hier lees, kan daarvan getuig.
6 Nov 2023 7AM 2 min

ToekomsVenster: Hy hoor ons

Wat beteken die teksvers: Op die minste troos in die wete dat wat gebeur nie by God verbygaan nie. Dat Hy die versugting van sy kinders hoor. Dat Hy Hom die lotgevalle van mense aantrek.
31 Oct 2023 8AM 3 min

ToekomsVenster: Die spasie tussenin

Tussen stimulus en respons is daar ʼn spasie. Dis ʼn geskenk van bo. Ons het twee ore en een mond. Eers luister, goed luister en dan wanneer die tyd daarvoor ryp is, reageer. Onthou, ʼn sagte antwoord keer die grimmigheid af.
30 Oct 2023 9AM 2 min

ToekomsVenster: Kom ons gaan maak ʼn verskil

As hierdie land gaan verander, sal dit net deur die ernstige nadenke en betrokkenheid van gewone mense soos ek en jy plaasvind. Die Here doen sy deel. Wat van ons? Is jy geregistreer en gaan jy stem?
30 Oct 2023 9AM 3 min

ToekomsVenster: Jou liggaam is ʼn tempel

Versorg jou liggaam, gee dit genoeg voedsame stowwe, wees versigtig met wat jy daarin sit. Oefen jou liggaam, moenie aan elke gril en gier daarvan toegee nie. Die liggaam kan opdringerig en veeleisend wees. Die liggaam het dissipline nodig. Versorg dit en hê dit lief, baie lief.
23 Oct 2023 10AM 3 min

ToekomsVenster: Geloof is ’n gawe

Het jy opgelet hoe dikwels die woorde “ek glo” hierin na vore kom. Inderdaad, geloof is van ʼn gans ander dimensie. Dit is ʼn gawe van God die Heilige Gees en ʼn mens staan in verwondering as ʼn mens daaraan dink dat jy deel kan wees ʼn geloofsgemeenskap wat oor…
23 Oct 2023 10AM 3 min

ToekomsVenster: Drie in een

Ons is mense van geloof. Ten diepste glo ons dat God met ons op pad is; God Drie-enige, Vader, Seun en Heilige Gees.
23 Oct 2023 9AM 2 min
420 – 440