Die son skyn weer na 'n paar reënerige dae. André Scheepers van Lefpa sê vir Laeveld Brunch Oktober bly egter 'n hoë brandgevaarmaand en grondeienaars moenie oorgerus raak nie.
Die KANSA Laeveld "Car Sit-in" vind vanaf vanmiddag 14:00 by i'langa Mall plaas. Rinella Jansen van Vuuren en Elsie Fourie vertel vir Sonop Ontbyt dat hulle vanjaar daarvoor mik om binne die 48-uur R95,000 in te samel om KANSA se 95ste bestaansjaar te vier.
Volgende Vrydag hou die Laeveld 'n NPO Ekspo om plaaslike ondernemings met nie-winsgewende organisasies te verbind. Shirley Khoza en Nandi Shongwe gesels met Sonop Ontbyt.
Meisie is 'n plaaslike groep wat klassieke, kabaret- en kontemporêre klanke vermeng om vroue se stories te vertel. Naomi Tagg, Janette Rottcher en Lizanne Barnard het met Sonop Ontbyt gesels.
Die plaaslike SolarFlair-span het "Best Embodiment of African Engineering and Team Spirit" gewen tydens die pas afgelope Sasol Solar Challenge. Craig Gebhardt en Schalk Pottas het by Sonop Ontbyt in die ateljee gekuier.
September is Bewusmakingsmaand vir Kinderkanker, en Saterdag sal die Laeveld by duisende Suid-Afrikaners aansluit vir die Nasionale Kolwyntjiedag vir Kinders met Kanker. Jacki van Zyl vertel meer.
Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart 'n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring.
Die Pumas het weer die eindronde van die Curriebeker gehaal vanjaar, en hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en wat hulle vir 2027 in die mou voer.
Coenie Naudé het jou stem 'n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie "Geraas" in die FAK Skryf'it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. SMS AD1 + jou naam na 45730 en besoek skryfit.co.za.
Jy het die voertuig gekoop: Hoe kry jy daarna ondersteuning? Letitia Habib, naverkoopbestuurder by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.
Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".
Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met 'n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou.
Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
Callum MacPherson en Gerald Erasmus gesels met Laeveld Brunch.
10 Sep
19 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.