Suid-Afrika sal in 2026 14 weke van die Internasionale Tennisfederasie se Wêreld Tennistoer-toernooie aanbied. Dit bestaan uit sewe vroue- en sewe manstoernooie deur die land. Die eerste Mbombela Ope Wêreldreeks begin in April. TSA sê die uitgebreide kalender bied aan Suid-Afrikaanse spelers die geleentheid om tuis deel te neem, waardevolle…
Martie Naudé se tweede boek, 'n Spikkel in die Lug, is by die drukkers en net betyds vir Kersfees. Sy vertel hoe haar boek gebore is. Kontak haar by 079-775-3294 om bestellings te plaas.
Op Dinsdag het nagenoeg 40 000 mense Geloftedag by die Voortrekkermonument herdenk. Dit was ongetwyfeld een van die mees betekenisvolle en omvangryke herdenkings in etlike dekades. Dawid Brand, bedryfshoof: media, bemarking en toerisme van die Kultuurtuiste, sê 2025 was ‘n besonderse jaar vir Afrikaners.
Niemand blyk ‘n daadwerklike plan te hê om die hoë vlakke van geweldadige misdaad in Suid-Afrika hok te slaan nie. Die Vryemarkstigting het voorstelle. Dit is radikaal, maar Grondwetlik, sê Martin van Staden, die hoof van beleid, maar daar is geen politieke aptyt voor nie. Hy sê misdaadvlakke is abnormaal…
Motoriste is nie gewoond daaraan om op die uitkyk te wees vir motorfietse nie. Johan du Plessis en Francois Neuhoff van Lowveld Motorcycle Training & Country Tracks vra: "Look twice for bikes".
Na jare se binnegevegte oor hoe om die oorbevolking van wild in Marloth Park op te los, is honderde diere onlangs verwyder. Cindy Benson van die belastingbetalersvereniging vertel meer.
Op 16 Desember onthou mense die Gelofte van 1838. Hendrik Briel reël Witrivier se Geloftefees. Dolf Botha is van die Badfontein Geloftefees. Hulle gesels met Laeveld Brunch.
Carli Scheepers van die Kaapsehoop Conservancy sê van die 36 wildeperde wat oor is, kan hulle tans slegs 30 se gesondheid bevestig. Sy deel dié organisasie se planne oor hoe om die wildeperd-bevolking te red.
Daniël Slabbert, 'n Bergvlam-leerling, het vanjaar R31 300 ingesamel vir KANSA, en daarmee is hy aangewys as die KANSA Laeveld debutant van die jaar vir beide die Laeveld en Mpumalanga.
Kort na Baba Caleb se geboorte op 25 Junie kry sy ouers ‘n hartverskeurendste diagnose: Hemimegalencephaly (HME), ‘n uiters skaars en ernstige breintoestand waar een kant van die brein abnormaal groei. Dit veroorsaak onbeheersbare epileptiese aanvalle. Sy ma, Lara van Wyk, verduidelik die toestand.
Die Soli Deo Sentrum in Lydenburg het groot skade gely in 'n verwoestende storm gister. Die Nelspruit Lion's Club spring in om te help. Koos Schoonraad vertel meer.
2 Dec
8 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.