100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,081 Episodes
40 – 60

Teengif tekorte in SA

Chris Hobkirk, die direkteur van Lowveld Venom Suppliers het met Saterdag Ontbyt gesels oor die teengif-krisis wat Suid Afrika tans beleef weens noodsaaklike infrastruktuur opgraderings wat tans by die South African Vaccine Producers aan die gang is. Hy sê teengif wat uit Indië ingevoer word (teen 'n baie goedkoper prys)…
10 Mar 16 min

Mev. SA-finalis kyk vrees in die oë

Carli Fouché is 'n semi-finalis in die 2025 Mev. Suid Afrika-kompetisie. "Die pynmedikasie in die hospitaal het gehelp dat ek oor die vrees kom om in te skryf."
10 Mar 9 min

Hanteer jou egskeiding beter vir jou kinders

Egskeidings is vir alle kinders traumaties, ongeag hul ouderdom. Marla Louw is 'n skoolmaatskaplike werker by Laerskool Nelspruit en 'n egskeidingsmediator. Sy het raad.
7 Mar 19 min

Pangolarium eerste van sy aard

Suid-Afrika se eerste ietermagog-reddingsentrum is in die Lapalala-wildernisreservaat in Limpopo geopen. Die Pangolarium, wat deur die Afrika Ietermagog-werksgroep bekendgestel is, bied aan ietermagogs wat van onwettige handelaars gered word, kans om te genees en weer in die natuur vrygelaat te word. Hulle word ook deur veeartse versorg en gerehabiliteer. Nicci…
5 Mar 8 min

Pumas skop SA Beker teen Arende af

Die SA Beker skop die naweek af en die Airlink Pumas speel Vrydag teen die SWD Arende by Mbombela-stadion. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg kuier by Sonop Ontbyt.
4 Mar 4 min

AmberMac Ekspo volgende week

Die jaarlikse AmberMac ekspo vind volgende week net buite Witrivier plaas. Philip Moufarrige nooi jou uit om saam te kom leer en vermaak te word.
5 Feb 16 min

Breëbek kurper

André Hoffman, 'n akwatiese wetenskaplike, vertel vir Charles alles oor die Laeveld se breëbek kurper.
5 Feb 14 min

Honderde miljoene op spel oor onteieningswet

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat hy toekomstige befondsing aan Suid-Afrika sal sny totdat 'n volledige ondersoek oor die land se grondonteieningsbeleid voltooi is. Jaco Kleynhans van die Solidariteit-beweging vertel dat dit 'n verlies van tot $600 miljoen per jaar kan behels.
3 Feb 1 min

Nina Brand borrel oor met talent

Die plaaslike sangeres en liedjieskrywer Nina Brand het die Middag Game Drive kom vermaak met haar kitaar en filosofie van liedjies skryf.
27 Jan 13 min

Hoekom jy aan Mev. Mpumalanga wil deelneem

Zané Botha, Mev. Mpumalanga, en Diana Roux, Mev. Ms Mpumalanga Provinsiaal, gesels met Sonop Ontbyt oor die proses om in te skryf en deel te neem aan hierdie kompetisie wat den doel het om vroue te bemagtig.
23 Jan 10 min

LUR wil wetstoepassers se sigbaarheid verby feestyd verleng

15 minder mense is tussen 1 Desember 2024 en 11 Januarie 2025 op Mpumalanga se paaie oorlede as in dieselfde feestyd die vorige jaar. Die LUR vir Gemeenskapsveilidheid, Jackie Macie, beplan om 'n flexi-skof vir verkeersbeamptes in te stel om hul sigbaarheid op die gevaarlikste paaie te verhoog oor naweke…
22 Jan 13 min

Gesonde leeftsyl: Wat pas by jou?

Natalie Grobler, 'n dieëtkundige, het Saterdag tydens ontbyt saam met Charles in die ateljee kom kuier en goeie wenke gedeel vir 'n gesonder 2025.
20 Jan 24 min

Begin 2025 met spesiale opvoering in Sudwala Grotte

Begin 2025 op die regte noot en in styl met Ruhan du Toit en die Nocore Ensemble in konsert in die Sudwala Grotte. Johan Breytenbach van Rooikat en Walter Fourie van die geen-dirigent koor kuier by die Middag Game Drive.
20 Jan 9 min

Carla maak Curro trots

Curro Nelspruit se top matriek presteerder in 2024, Carla Louw, het sewe onderskeidings behaal. Sy tel ook onder die top 1% van IEB-kandidate in Engelse huistaal en in die top 5% in vyf van haar vakke. Sy gesels met die Middag Game Drive.
16 Jan 7 min

NHS weer Mpumalanga se topskool

Hoërskool Nelspruit (NHS) is amptelik aangewys as die beste skool in Mpumalanga, met ’n 100%-matriekslaagsyfer en ‘n totaal van 366 onderskeidings. Sebastian van Heerden het nege onderskeidings en tel onder die topleerlinge in die provinsie. Hoofdogter, Zoe Scheepers, het sewe A-simbole. 
15 Jan 11 min
40 – 60