Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
346 Episodes
120 – 140

Wiele2Wiele gesels Dakar

Met die moeilikste ren in die wêreld wat tans aan die gang is, praat Wiele2Wiele hierdie week oor 2023 se Dakar.
11 Jan 2023 23 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Ford Ranger

Vir Wiele2Wiele se laaste program van 2022, gesels hulle oor die nuwe generasie Ford Ranger-bakkie. Hulle vertel jou hoe fantasties die Toyota GR Yaris gevaar het by die Killarney 9-uur-uithouren en ook oor die 40ste Killarney Short Circuit 8-uur-motorfietsuithouren. Hulle bring jou ook op hoogte van wie al ons Suider-Afrika…
21 Dec 2022 26 min

Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Amarok en Dakar

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die nuwe Volkswagen Amarok en Suzuki se nuwe S-Presso. Hulle gesels met die bekende akteur en regisseur Tim Theron en dan is dit tyd vir Dakar-koors met Toyota Gazoo Racing wat hulle span vir die 2023 Dakar-ren bekendgestel…
14 Dec 2022 24 min

Wiele2Wiele: Alfa betree C-segment

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar passievol gesels oor Alfa Romeo wat die pragtige nuwe Tonale bekendgestel het. Baic se Beijing X55 beïndruk, hulle leer interessante feite by die ‘Ford Driving Skills for Life’-dag en hulle toets KTM se elektriese SX-E 5-motorfiets.
30 Nov 2022 24 min

Wiele2Wiele ry met Kia se nuwe Sportage

Hierdie week vier Wiele2Wiele die 50ste bestaansjaar van Porsche Design. Dit was die bekendstelling van Mahindra se splinternuwe XUV700 en hulle spandeer tyd met Kia se pragtige nuwe Sportage.
23 Nov 2022 24 min

Wiele2Wiele toetsbestuur nuwe Qashqai

Hierdie week het Wiele2Wiele ‘n Waku Doki-glimlag met Toyota se nuwe GR86. Hulle beleef die nuwe Citroën C5 Aircross en bring tyd deur met Nissan se nuwe Qashqai. Hulle gee raad oor hoe ver jy kan ry wanneer jou brandstofliggie begin brand en die 2022 South African Rally-Raid Championship-kampioen is…
16 Nov 2022 25 min

Wiele2Wiele gesels oor hibriede motors

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Toyota Corolla Sedan en die Toyota Hatch (luikrug), maar met hulle jongste weergawe van die petrol-elektriese hibriede dryfstelsel. Hulle ervaar ook Toyota se RAV4 Plug-In Hybrid wat jy nog nie kan koop nie, maar daar is ’n paar in die land as…
10 Nov 2022 24 min

Wiele2Wiele gesels oor Hyundai Venue en Audi RS3

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Hyundai Venue, kry hoendervel oor Audi se vyfsilinder RS3-sedan en vat die langpad met Volkswagen se Tiguan Allspace. Hulle gesels ook oor ’n onvergeetlike driedaagse avontuur saam met General Tire deur die Wildekus.
2 Nov 2022 24 min

Wiele2Wiele raak nostalgies oor ikoniese 2000GT

Hierdie week vir Wiele2Wiele word daar teruggegaan in tyd en nostalgies geraak oor Toyota se ikoniese 2000GT en ’n 007-ster. Hulle gee vir jou ’n voorsmakie van Baic se Beijing X55, praat met ’n dinamiese vrou by getWorth en kry hoendervel as hulle sien wat nou in hierdié motorhuis staan.
26 Oct 2022 25 min

Wiele2Wiele se Jeanette presteer by GR Cup

Hierdie week in Wiele2Wiele – daar was hope aksie by die Kyalami-renbaan tydens die grooste BMW M Fest ter wêreld en die span het meer tyd met Honda se Civic RS deurgebring. Dit was ook die laaste ronde van die Toyota Gazoo Racing SA GR Cup tydens die Extreme Festival-renne…
19 Oct 2022 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Golf R en Tiguan R

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Volkswagen se vinnigste Golf nog, die Golf R, en hulle ervaar ook die nuwe Tiguan R. Ons spandeer tyd met Kia se nuwe sewestiplek-Sorento, hoor wat daar gesê word oor die nuwe generasie Ford Everest, gesels oor afwaartse-druk en ook met ’n jongman, Neil van…
12 Oct 2022 24 min

Wiele2Wiele vier Cayenne se 20 jaar

Hierdie week vier Wiele2Wiele Porsche Cayenne se 20 jaar en spandeer tyd met die nuwe Jeep Grand Cherokee L. Hulle probeer die vraag beantwoord oor hoekom voertuie deesdae so dieselfde lyk en vir 2Wiele bring hulle vir jou al die jongste nuus uit die bedryf.
5 Oct 2022 23 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Taigo

Wiele2Wiele gaan ry hierdie week met die VW Taigo wat deel vorm van Volkswagen se sportnuts-familie en hulle spandeer ook tyd met Honda se pragtige nuwe Civic RS-sedan. Hulle gesels oor ’n nuwe Dunlop-band wat vir jou baie goeie klouvermoë sal gee, gaan hoor watter seswielvoertuig by die AAD opslae…
28 Sep 2022 25 min

Wiele2Wiele se Jeanette in aksie by GR Cup

Hierdie week vir Wiele2Wiele rol die wiele weer vir Jeanette tydens die GR Cup, met die Toyota GR Yaris by die Killarney-renbaan. Om die woorde “Ek is trots op jou mamma!” te kon hoor, het meer vir Jeanette beteken as wat sy ooit in woorde kan beskryf. Daar is ook…
21 Sep 2022 25 min

Wiele2Wiele gaan elektries met I-Pace en Cross GR Sport

Hierdie week se Wiele2Wiele is elektries met die Jaguar I-Pace en Toyota wat sy nuwe Corolla Cross GR Sport bekendgestel het. Ons vier Suid-Afrika se dames- en mansspanne se oorwinning by die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy en gee raad of jy steeds jou nuwe voertuig se enjin moet inloop…
14 Sep 2022 26 min

Wiele2Wiele ry met Haval se H6 GT

Hierdie week staan Wiele2Wiele verbaas oor die nuwe Haval H6 GT. Hulle beleef ook Mahindra se nuwe Pik Up Karoo-modelle en glimlag oor die Mercedes-AMG GLE 53-sportnuts. Die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy is tans aan die gang en hulle gesels met Cora Forssman oor hierdie strawwe kompetisie.
7 Sep 2022 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Jeep se nuwe Grand Cherokee

Hierdie week beleef Wiele2Wiele Jeep se splinternuwe Jeep Grand Cherokee L. Hulle gaan ry ook met BMW se 220i koepee en bring tyd met die Chery Tiggo 7 Pro deur. Met die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy wat Sondag in Albanië begin, stel hulle die drie manne wat Suid-Afrika gaan…
31 Aug 2022 23 min

Wiele2Wiele ry met Lexus se ES 300H SE

Hierdie week ry Wiele2Wiele met ’n lang, slap Lexus - die ES 300H SE. Hulle was ook by die heropeningseremonie van die Toyota-aanleg in Durban en staan verstom oor wat Toyota vermag het na die verwoestende oostromings in April.
24 Aug 2022 24 min

Wiele2Wiele: Vinkel vs. koljander

In die week se episode lag die Wiele2Wiele-span vir die brandstofprys wanneer hulle die langpad met Renault se Duster 1.5 dCI EDC aandurf. Die plaaslike identiese tweeling – die Suzuki Baleno en die Toyota Starlet – word met mekaar vergelyk.
17 Aug 2022 23 min
120 – 140