Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
330 Episodes
1 – 20

Wiele2Wiele ry met Jac T9-bakkie

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe driedeur-Mini Cooper, ervaar die Chinese JAC T9-bakkie en leer meer oor waardevermindering saam met get\Worth. Hulle raak ook nostalgies oor motortegnologie met ’n 1973 VW Beetle. Vir 2Wiele gesels hulle oor Martin Camp wat gaan deelneem aan die SA Safari Rally op…
20 Feb 26 min

Wiele2Wiele ry met BMW M760e

Wiele2Wiele het ’n draai by die Volkswagen Indaba gaan maak en raak opgewonde oor alles wat op pad is - selfs Italiaanse wiele! Hulle gaan ry in luuksheid met ’n ‘spa’ op wiele - BMW se M760e. Daar is waardevolle tweedehandse motorwaarde-wenke en die Motorcycle Racing Series South Africa (MRSSA)…
13 Feb 25 min

Wiele2Wiele gesels oor MG se nuwe SA hoofstuk

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode vertel hulle jou meer oor MG se bekendstelling van sy ZS- en HS-sportnutsmodelle in Suid-Afrika. Die Ford Ranger Platinum is ’n luukse bakkie met ’n klomp tierlantyntjies en get\Worth bring vir jou ’n motorwaardewenk. Clinton Pienaar kuier in die ateljee, gesels oor Project-X en bespiegel…
6 Feb 25 min

Wiele2Wiele ry opgeknapte Corolla Cross

Vir hierdie week se Wiele2Wiele-episode het hulle met die opgeknapte Toyota Corolla Cross gaan ry. Die Cross is Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts. Hulle het ook die SOMI (State of the Motor Industry)-geleentheid bygewoon, sit die kollig op die MG HS en verduidelik die verskil tussen ‘nuut’ en ‘opgegradeer’ in die week…
30 Jan 25 min

'Wiele2Wiele' draai by die Haval H7 en Dakar-veldtydren

Hierdie week stel GWM hulle nuwe Haval H7 bekend wat soos ʼn paal bo water uitstaan met sy unieke styl en kenmerke. Hulle draai die fokus na die MG ZS en gaan loer na getWorth se resensies op Google. Daar is ook ʼn volledige verslag oor die 2025 Dakar-veldtydren en…
24 Jan 24 min

Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux

In hierdie episode van Wiele2Wiele skyn hulle die kollig op die MG Cyberster, ry meer as 4 000km met die Hilux Raider 48V en spandeer tyd met die Omoda C9. Hulle gesels oor die brandstofkwaliteit in Suid-Afrika en oor die KTM-bom wat einde 2024 gebars het.
20 Jan 25 min

Wiele2Wiele gesels MG en Dakar

Vir die eerste Wiele2Wiele-program van 2025 gesels hulle met Joe Pretorius, bemarkingsbestuurder van MG Motor SA, oor MG se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar en sy terugkeer na Suid-Afrika. Hulle kyk ook na interessante feite en insigte oor die 2025 Dakar-ren wat tans aan die gang is.
10 Jan 26 min

Wiele2Wiele: Land Rover se Defender 90 D300 onder die loep

In die laaste Wiele2Wiele-episode vir 2024 word daar Land Rover se Defender 90 D300 gesels. Daar word ook oor 2025 se Dakar-ren gesels en hulle vertel jou meer oor al die Suider-Afrika deelnemers wat in aksie gaan wees. Soek jy bewyse dat get\Worth werklik kwaliteit beloon? Hulle gaan vir jou…
12 Dec 2024 26 min

Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-XC90

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met Volvo se luukse XC90 T8 Recharge sportnuts, spandeer tyd in Ford se Territory en geniet Suzuki se uitstekende nuwe Swift-buksie. Daar is handige raad vir die langpad en ’n Honda-motorfiets vir enige smaak en begroting.
5 Dec 2024 24 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Triton-bakkie en opgeknapte Creta

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele deel Renault Suid-Afrika opwindende nuus, die splinternuwe Mitsubishi Triton maak sy verskyning en Hyundai het hul gewilde Creta opgeknap. Jy sal moet spring vir get\Worth se "Crazy Deals" van November! Honda Tygerberg hou ’n opedag vir motorfietsentoesiaste, en die manne gesels oor ’n…
28 Nov 2024 25 min

Wiele2Wiele toetsbestuur Monster-Merc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele toetsbestuur hulle die lang slap Mercedes-AMG GT 63 E Performance - ’n monster met Formule 1-tegnologie, 620 kW en ’n ongelooflike 1 470 Nm wringkrag. Nissan stel ook sy nuwe Magnite bekend, propvol moderne tegnologie. Nicol en Mariantha van get\Worth pak ’n prettige…
22 Nov 2024 26 min

Wiele2Wiele ry met Omoda C9 en nuwe Swift

In hierdie episode van Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die luukse Omoda C9 en Suzuki se splinternuwe Swift wat op almal se lippe is. Hulle gesels met Winstone Jordaan, hoof uitvoerende beampte by GridCars, om antwoorde te kry op ’n klomp brandende vrae. Daar is ook ’n lusmaker vir 2Wiele…
14 Nov 2024 26 min

Wiele2Wiele ry met Chinese Jetour X70 Plus

In hierdie episode leer Wiele2Wiele die Jetour X70 Plus van nader ken – 'n sewesitplek-sportnuts met 'n prys van R 454 900. Hulle verken ook twee Volkswagen Polo Vivo-modelle. get\Worth gaan vir November “mal” met hulle pryse en tydens die tegniese wenk van die week bespreek hulle hibriede-aandryfstelsels. Hulle hou…
8 Nov 2024 25 min

Wiele2Wiele ry met Tourneo-bus en Jaguar se I-Pace

In hierdie episode spandeer Wiele2Wiele tyd met die nuwe Ford Tourneo-bussie en ook die Jaguar I-PACE. Hulle gesels dan met Donovan Parker, die aankoopspesialis by get/Worth, oor hoe hulle kwaliteit beloon. Vir 2Wiele gaan dit alles oor die opwindende 2024 WorldSBK-seisoen en wie as kampioene bekroon is.
31 Oct 2024 24 min

Wiele2Wiele ry Merc se ingenieurswonder

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode ry hulle met die ingenieurswonder - die Mercedes-AMG C63S E Performance wat 500 kW en 1 020 Nm bied. Omoda stel sy luukse C9-sportnuts bekend en get\Worth wil hul pakhuis volmaak en sal kwaliteit beloon. Hulle vertel jou alles oor turbo-tegnologie en daar is ’n…
24 Oct 2024 24 min

Wiele2Wiele: Langpad met Isuzu D-Max; nuwe model vir Mahindra

In hierdie episode vat Carl en sy seuns die langpad met die Isuzu D-Max 3.0L Ddi 4x4 LSE om ’n verskil in Lesotho te gaan maak. Mahindra stel sy nuwe XUV 3X0 bekend - ’n kompakte sportnuts teen ’n sakpasprys. get\Worth beloon kwaliteit en kan die regte waarde van jou…
17 Oct 2024 25 min

Wiele2Wiele: Duinepret en heuwel-aksie

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode gaan speel Carl en Jeanette in die Atlantis-duine met die Toyota Hilux GR Sport III tydens vanjaar se Atlantis 4x4-pretdag. Daar was ook aksie by die Zwartkops-renbaan met die 'Top of the Hill'-uitdaging en Brendon Staniforth was daar saam met Volkswagen Motorsport SA vir die…
11 Oct 2024 25 min

Wiele2Wiele ry met Hyundai Exter

Wiele2Wiele het met Hyundai se nuweling, die Exter, gaan ry - ’n kompakte sportnuts vir minder as R270 000. Hulle ry ook in weelde met Mercedes-Benz se EQE 350+. Daar is ‘Crazy Deals’ by get\Worth vir Oktober, hulle gee raad oor die belangrikheid van ’n padvaardigheidsertifikaat voor jy jou motor…
4 Oct 2024 24 min

Wiele2Wiele: Drie Chinese modelle onder die loep

In hierdie se episode van Wiele2Wiele kom nuwe Chinese modelle onder die loep - Jetour se Dashing en X70 Plus is nou in Suid-Afrika beskikbaar en GAC het sy nuwe Emkoo bekend gestel. Mariantha Fryer van get\Worth deel waardevolle raad, SVI pronk by die AAD-ekspo en hulle gesels oor unieke…
26 Sep 2024 25 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus

In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar,…
20 Sep 2024 26 min
1 – 20