Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
338 Episodes
40 – 60

Wiele2Wiele ry met nuwe Kia Sonet

Wiele2Wiele het met die opgeknapte Kia Sonet, wat soos ’n paal bo water uitstaan in hierdie marksegment, gaan ry. Hulle het ook tyd met die BMW X2 sDrive 18i M Sport deurgebring. Daar is 'n motorwaardewenk, wenke oor motorfietsbande en hulle maak jou lus vir ’n ‘Ilse of Man TT’-toer…
20 Jun 2024 25 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mini, Ranger Tremor

Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span nostalgies met die bekendstelling van Mini se nuwe Countryman-reeks en hulle spandeer tyd met die Ford Ranger Tremor, wat op die 4x4-entoesias gemik is. Daar is weer ’n motorwaardewenk en Clinton Pienaar kuier in die ateljee vir al die 2Wiele-nuus.
13 Jun 2024 25 min

Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’

Wiele2Wiele ervaar Toyota se nuwe Hilux GR-S – die bakkie het houding en staan behoorlik uit. Hulle het ook met 'n 'ruimtetuig' gaan ry wat klink asof jy op pad maan toe is - BMW se i5 M60 xDrive. Daar is ’n motorwaardewenk, hulle gesels met Joubert Roux van Zero…
6 Jun 2024 26 min

Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport

Wiele2Wiele het JAC se 60ste verjaarsdagviering bygewoon en die nuwe vlagskip JAC T9-dubbelkajuitbakkie ervaar. Hulle het ook met die Land Rover Discovery Sport P300e PHEV gaan ry. Daar is ’n motorwaardewenk, alles oor wat dit verg om ’n ’stempel van goedkeuring’ te kry vir ’n SVI-gepantserde voertuig en die span…
31 May 2024 25 min

Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid.
23 May 2024 23 min

Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse.
16 May 2024 25 min

Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het.
9 May 2024 26 min

Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele - die Kia Picanto-buksie is mondig en opgeknap. Die span spandeer ook tyd met die GWM Tank 300 en raak opgewonde oor ’n warm luikrug - die Renault Megane RS 300 Trophy. Waarskuwings oor wat brandgevare by jou motor kan veroorsaak en ’n…
2 May 2024 26 min

Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel

Hierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste…
25 Apr 2024 26 min

Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse.
18 Apr 2024 24 min

Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend

Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees.
11 Apr 2024 25 min

Wiele2Wiele ry met mu-X

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit.
4 Apr 2024 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’

Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk.
2 Apr 2024 24 min

Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc

Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig…
21 Mar 2024 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir…
14 Mar 2024 26 min

Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance! Daar is ook ’n eerste vir Wiele2Wiele - ’n radiodrama oor Miniette en Golfvaas wat vir ’n koffie-afspraak…
8 Mar 2024 25 min

Wiele2Wiele ry met GWM se Tank

Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met GWM se Tank 300, wat kan klim waar bobbejaan ’n kierie nodig het. Honda stel sy nuwe Elevate bekend - ’n kompakte sportnutsvoertuig wat jou sal verbaas - en spandeer ook tyd met Suzuki se sessitplek-XL6. Clinton Pienaar kuier in die ateljee en deel…
29 Feb 2024 26 min

Wiele2Wiele ry met Merc se GLE-reeks

Hierdie week gaan ervaar Wiele2Wiele die nuwe Mercedes-Benz GLE SUV- en koepee-modelle. Vir die tweede keer in BMW se geskiedenis, is daar nog ’n M-model wat op sy eie staan - die BMW XM - en die span kan nie uitgepraat raak oor hierdie luukse wa wat hulle ervaar het…
22 Feb 2024 24 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Cruiser

Wiele2Wiele gaan ry met die nuwe Toyota Land Cruiser 70 Series - hierdie 4x4-ikoon het nou ’n nuwe dryfstel-opsie. Daar is nuus by Volkswagen Suid-Afrika, alles oor suspensie vir die wenk van die week en hulle gesels oor die Sasol Yamaha FZR 1000 brandstofnavorsing-motorfiets.
15 Feb 2024 24 min

Wiele2Wiele ry met BMW X6 M60i

Hierdie week gaan gly Wiele2Wiele oor die pad met die nuwe Mercedes-Benz GLC Coupé, ry met die BMW X6 M60i-monster en raak weer aan die “Stand van die motorbedryf” (SOMI). Daar is nuus wat breek oor paraffien in diesel en dan kuier Clinton Pienaar in die ateljee met al die…
9 Feb 2024 25 min
40 – 60