Reaksie word ontvang op Amerikaanse president Donald Trump wat sê 'n bykomende 10 persent invoertarief sal gehef word op enige land wat hom by die BRICS-groep se "anti-Amerikaanse beleide" skaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder van Suid Afrika, wat sê Trump se optrede…
Die Ondangwa-stadsraad staar 'n behuisingskrisis in die gesig, met 7 000 mense op hul waglys uit informele en semi-formele gebiede. Dit is volgens die raad se uitvoerende hoof, Ismael Namgongo, tydens 'n ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding met die Nasionale Behuisingsonderneming. Die voorsitter van die onderneming se raad, Toska…
Die DA sê die ANC verdedig die onverdedigbare deur volledige en onvoorwaardelike steun te gee aan minister Nobuhle Nkabane van Hoër Onderwys en Opleiding, wat krimineel ondersoek word. Die DA beskuldig Nkabane dat sy die Parlement bedrieg het om kaderontplooiing te verdoesel. Karabo Khakhau van die party waarsku dat sulke…
Keith Siegel, 'n Amerikaanse Israeli wat deur Hamas gevange gehou is, sê dat Amerikaanse president Donald Trump die mag het om die vrystelling van die oorblywende gyselaars te verseker en die oorlog in Gaza te beëindig. Siegel, 66, en sy vrou Aviva is by die Kfar Aza kibboets ontvoer op…
Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner van Italië is deur na die kwarteindronde by Wimbledon nadat die Bulgaar, Grigor Dimitrov, weens ʼn besering moes onttrek terwyl hy met 6-3, 7-5, 2-2 voorgeloop het. Die Serwiër, Novak Djokovic, het die Australiër, Alex de Minaur, naelskraaps geklop om sy 16de Wimbledon-kwarteindronde te bereik. Die…
Meer reaksie word ontvang op die Yslandse distriksaanklaer wat sy ondersoek na die visserye-maatskappy Samherji se aandeel in Fishrot voltooi het. Volgens 'n Yslandse ondersoekende program, Kveikur, sluit misdade wat plaaslik gepleeg is in geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die plaaslike Fishrot-hofsaak is geskeduleer om in Augustus te begin. Toni Hancox,…
Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het die Afrikabeker-vrouetoernooi op ʼn goeie noot afgeskop met ʼn 2-0-oorwinning oor Ghana in Marokko. Linda Motlhalo het met ʼn strafskop geslaag voordat Jermaine Seoposenwe die tweede doel in die eerste helfte bygevoeg het. Die Suid-Afrikaners begin dus die toernooi met die maksimum punte. Banyana…
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê daar is geen plek vir diskriminasie in die gesondheidsorgsektor nie. Dit volg ná 'n Artikel 59-verslag deur Advokaat Tembeka Ngcukaitobi, wat mediese skemas soos Discovery en die mediese fonds vir staatsamptenare se rassepartydigheid teen swart gesondheidsorgverskaffers bevestig. Die Raad vir Gesondheidsorgbefondsers veroordeel die…
Amerikaanse president Donald Trump het 'n tarief van 25 persent op invoere vanaf Japan en Suid-Korea vanaf 1 Augustus aangekondig, terwyl hy die eerste twee van 'n verwagte 12 briewe aan handelsvennote op sy Truth Social-platform onthul het. Hy het bygevoeg dat as hulle besluit om hul tariewe op Amerikaanse…
Die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede Francesca Albanese het gereageer op kommentaar op ‘n SkyNews-verslag van 'n Israeliese soldaat wat sê hulle het opdrag gekry om burgerlikes in Gaza dood te maak, al is hulle nie ‘n bedreiging nie. Sy sê die tipe kommentaar raak…
Die vakbond Cosatu vra vir 'n dringende onafhanklike ondersoek na aantygings oor ernstige korrupsie deur senior beamptes in die polisie, die regbank en korrektiewe dienste. Matthew Parks van Cosatu sê die aantygings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi kan die openbare vertroue in wetstoepassing ondermyn. Hy dring daarop aan…
Die derde been van die 2025 Nasionale Tydren-kampioenskappe vind Saterdag op Tsumeb plaas. Inskrywings het Maandagaand gesluit en 12 spanne se name is op die lys. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
Namibië se Nasionale Kankerregister is ingesluit in die Globale Kankeratlas, 'n belangrike dataprojek deur die Amerikaanse Kankervereniging, die Wêreld Gesondheidsorganisasie en die Internasionale Agentskap vir Kanker-navorsing. Die insluiting is ten spyte van plaaslike uitdagings soos die gebrek aan 'n formele Kankerbeheerplan en dat kanker nie 'n aanmeldbare siekte is nie…
Die Elektrisiteitsbeheerraad het nuwe tariewe vir 2025–2026 vir die Stad Windhoek en Nored goedgekeur, maar die implementering is opgeskort totdat hulle aan spesifieke regulatoriese voorwaardes voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ECB se woordvoerder, Ferdinand Molale, wat verduidelik.
President Cyril Ramaphosa het die Amerikaanse president Donald Trump se opmerkings gekritiseer waarin hy BRICS-lede met strawwe dreig. Trump het met 'n bykomende 10 persent tarief gedreig teen lande wat hulself vereenselwig met wat hy bestempel as die "teen-Amerikaanse beleid van BRICS". Dit volg nadat BRICS-lede gesê het hulle wil…
Die DA sê hy is diep bekommerd oor onlangse onthullings van beweerde onreëlmatighede rondom 'n tender ter waarde van 100-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat SA Toerisme aan Pomme Express toegeken het. Die party sê die maatskappy kon skynbaar nie sy ervaring bewys nie, en het vals en misleidende inligting as deel…
Die dodetal in die Texas-vloede het tot minstens 104 gestyg, met ten minste 75 net in die Kerr-distrik. Beamptes sê die soektog na dosyne mense wat vermis word gaan voort, te midde van waarskuwings van meer reën. Camp Mystic, 'n somerkamp vir meisies in die Kerr-distrik, het bevestig dat minstens…
John Roos, landsbestuurder van B2Gold Namibia, sê 'n plaaslike goudraffinadery is nie ekonomies lewensvatbaar nie. Hy het gereageer op die Bank van Namibië se plan om plaaslike goud vir reserwes te gebruik. Roos verduidelik.
7 Jul 11AM
1 min
1180 – 1200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.