Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1 – 20

BKS: Bly kalm en fokus op dit wat jy kan beheer, vra NLU

Die Namibiese Landbou-unie doen 'n beroep op boere om kalm te bly en amptelike riglyne te volg terwyl die owerhede voortgaan met pogings om bek-en-klouseer te bekamp. Die siekte bly beperk tot vyf plase in die Karasburg-distrik. Die NLU se uitvoerende bestuurder, Roelie Venter, sê lede moet by beheermaatreëls hou…
3 Oct 6AM 1 min

Nust vries toelatings vir studies in mediese laboratoriumwetenskappe

Nust het die toelatings vir 2027 vir sy baccalaureusgraad in mediese laboratoriumwetenskappe gevries om 'n ernstige praktiese opleidingsknelpunt op te los. Onderwysminister Sanet Steenkamp het aan die parlement gesê dat 'n rekordinname in 2025 die kliniese plasingskapasiteit oorweldig het, wat ander studente sonder die vereiste praktiese opleiding gestrand gelaat het.
3 Oct 5AM 1 min

Legendariese musikant Babsy Mlangeni sterf

Die legendariese Suid-Afrikaanse musikant Babsy Mlangeni is op die ouderdom van 83 oorlede. Mlangeni, wat as kind reeds blind was, het vir meer as vyf dekades as gevierde sanger, liedjieskrywer, komponis en kitaarspeler opgetree. Die Gautengse LUR vir onderwys, sport, kuns, kultuur en ontspanning, Lebogang Maile, het Mlangeni se dood…
3 Oct 4AM 1 min

Eiseb neem amptelik ACC-leisels oor

Bryan Eiseb, die pas aangestelde direkteur van die Teenkorrupsiekommissie, sê hy werk daaraan om 'n geïntegreerde sentrum vir samewerking tussen verskeie instellings te vestig. Volgens Eiseb sal die sentrum met alle openbare instellings, insluitend die polisie en die tenderraad, saamwerk om voort te bou op Namibië se onlangse vordering met…
3 Oct 3AM 1 min

Erongo soek N$230m vir ekstra klaskamers

Die goewerneur van Erongo, Natalia Goagoses, sê die streek benodig 230 miljoen Namibiese dollar om ekstra klaskamers te bou en middagpelotonskofte uit te skakel, wat meer as 4 000 leerders raak. Met 4 000 meer graad een en -agt aansoekers wat tans ongeplaas is in Walvisbaai, Swakopmund en Karibib, sê…
3 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Man saai amok by lykwaak

Die Copps 94.1-span het ‘n rowwe Vrydagaand in die hoofstad agter die rug met huismoles en ongelukke op nat paaie wat hulle besig gehou het. En dan was daar ‘n bisarre voorval van ‘n man wat amok by ‘n lykwaak gemaak het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer:
3 Oct 12AM 1 min

Tennis: Vroue kry selfde Een-duisend toernooi prysgeld as mans

Tennis: Die Vroue-tennisvereniging sê die prysgeld van alle gesamentlike Een-duisend toernooie sal vanaf 2027 dieselfde vir vroue- en manspelers wees. Dit bring die Kanadese Ope, Cincinnati Ope en Italiaanse Ope op dieselfde vlak as ander gesamentlike Een-duisend-toernooie. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê die organisasie verminder ook vanaf volgende…
2 Oct 11AM 1 min

Geen geld vir nuwe voorwaardelike basiese inkomstetoelae nie

Die maatskaplike welsyn-ministerie sê daar is tans geen fondse beskikbaar om nuwe begunstigdes vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag te registreer nie. Minister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar is bedoel vir werklose en kwesbare huishoudings, terwyl persone wat reeds ouderdoms- of ongeskiktheidstoelaes…
2 Oct 11AM 1 min

Hoër petrolprys sal verbruikers knou

Reaksie word onvang op die jongste brandstofprysverhoging, met petrol wat vanaf Woensdag met 1 dollar en 50 sent per liter styg. Die ekonoom Almandro Jansen sê petrol het sedert Maart met sowat sewe dollar gestyg en waarsku dat hoër brandstofkoste steeds 'n las op verbruikersbesteding sal plaas. Hy het met…
2 Oct 10AM 1 min

Mudge prys vinnige reaksie op BKS-uitbreking

Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, prys die regering en staatsveeartse vir hul vinnige reaksie op die bek-en-klouseer uitbreking. Hy sê dat diere-opsporing vinnige inperking moontlik gemaak het en 'n totale landbou-inperking verhoed het. Hy vra egter 'n streng ondersoek na bewerings dat onwettige veebewegings oor die Oranjerivier…
2 Oct 10AM 1 min

Menslike denke moet behou word in tyd van KI

Die adjunk-visekanselier van Nust, Andrew Niikondo, sê dat die menslike denke behou moet word midde die wydverspreide aanvaarding van kunsmatige intelligensie. Hy het gepraat in aanloop tot 'n lesing met die titel “Humanity in the Era of AI” tydens die vyfde Internasionale Konferensie oor Inligtingstelsels en Opkomende Tegnologieë.
2 Oct 10AM 1 min

SA soek goedkoper openbare vervoer, minder misdaad

Vervoerminister Barbara Creecy sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere…
2 Oct 9AM 1 min

Samewerking nodig om veldbrande te bekamp

Duisende hektaar noodsaaklike weiding om Omaruru en Kalkveld is deur onlangse veldbrande vernietig, met vyf groot brande wat verlede week alleen aangemeld is. Die vise-voorsitter van die Omaruru Boerevereniging, Markus Trede, waarsku dat die brande wat deur droë donderstorms, nalatigheid en oortredings van die houtskoolbedryf veroorsaak is, veeboerdery bedreig. Trede…
2 Oct 9AM 1 min

Mislukte teregstelling 'uiterste vorm van wreedheid'

Amnestie Internasionaal in Amerika sê Christa Pike se mislukte teregstelling bewys weereens dat die doodstraf wreed, onmenslik en vernederend is. Sy is in 1995 ter dood veroordeel weens moord, en het Woensdagaand twee dodelike inspuitings oorleef. Pike sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees wat in Tennessee tereggestel…
2 Oct 8AM 1 min

KI op slimfone 'kan SME's hupstoot gee'

Erongo-goewerneur Natalia Goagoses vra plaaslike mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings om kunsmatige intelligensie en digitale gereedskap aan te neem om produktiwiteit en markbereik te verhoog. Goagoses het by die eerste Kus-KI-beraad in Swakopmund beklemtoon dat slimfoon KI-toepassings daaglikse sakebedrywighede kan transformeer en die Erongo-streek as 'n toonaangewende kussentrum vir digitale…
2 Oct 8AM 1 min

George van der Merwe gesels oor El Niño-klimaatverskynsel

Weerkenner George van der Merwe sê hy ontvang gereeld navrae van die publiek oor presies wat die El Niño-klimaatverskynsel behels, wanneer dit gaan inskop, en wat Namibiërs oor die volgende paar maande in die weerpatrone kan verwag. Van der Merwe sê El Niño word gewoonlik gekenmerk deur toename in temperature,…
2 Oct 6AM 1 min

Akkerbouraad werk aan gewasversekeringsprogram vir Namibiese boere

Die Akkerbouraad ontwikkel 'n gewasversekeringsprogram om boere te help om klimaatsverwante risiko's die hoof te bied, insluitend die moontlike impak van El Niño volgende jaar. Die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die program in oorleg met belanghebbendes in die versekering- en rampbestuur-sektore ontwikkel…
2 Oct 6AM 1 min
1 – 20