Die minister van finansies, Ericah Shafudah, sê die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds het 373 jeugprojekte in al 14 streke goedgekeur. Sy het dit Donderdag in die Nasionale Vergadering gesê tydens die indiening van die hersiene mediumtermynbegroting. Shafudah sê teen 25 September is 110,2-miljoen Namibiese dollar aan begunstigdes uitbetaal. Die projekte sal na…
Die goewerneur van die //Kharas-streek, Dawid Gertze, sê dringende optrede en samewerking is nodig om die impak van bek-en-klouseer op boere en die streeksekonomie te beperk. Hy het dit gesê tydens ’n vergadering met boere en belanghebbendes in Keetmanshoop, waar voorgestelde beheermaatreëls, inenting, beperkings op die beweging van vee en…
Twee dae van opwindende motorsport wag op inwoners van Windhoek wanneer die 2026 Monster Energy High Octane Festival en Drifting Mania vanmiddag om vieruur sy hekke by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek vir die publiek open. Vier motorsportkategorieë — drifting, drag racing, spinning en gymkhana — sal deur Big Boy…
Die Openbare Beskermer het 'n ondersoek na die Stad Tshwane van stapel gestuur oor die waterkrisis in Bronkhorstspruit, nadat 408 mense siek geword het. Die ondersoek volg op klagtes van die EFF en die Vryheidsfront Plus, wat beweer die stad het versuim om chloor by die water tussen 24 September…
Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê politieke geskille en onbestendigheid moet nie noodsaaklike munisipale dienste ontwrig nie. Ramaphosa het in sy toespraak by die bekendstelling van die hersiene witskrif oor plaaslike regering by die Birchwood-hotel in Boksburg gesê munisipaliteite moet voortgaan om betroubare water, elektrisiteit en ander basiese dienste te…
Met baie Namibiërs wat vandag hul salarisse ontvang en die sperdatum van 31 Oktober wat vinnig nader kom, doen NamRA ’n beroep op belastingbetalers met uitstaande belastingskuld om dringend hul sake in orde te kry. Aune Shikongo, NamRA se bestuurder vir die Sentrale Streek: Registrasie, Belastingbetalerdienste en Skuldbestuur, sê belastingbetalers…
Die Minister van Finansies, Erica Shafudah, sê sowat 87-duisend studente het vanjaar by die regering se gesubsidieerde tersiêre onderwysprogram baat gevind. Sy het dit Donderdag in die Nasionale Vergadering gesê tydens die indiening van die hersiene mediumtermynbegroting. Shafudah sê die regering het naastens 4-duisend onderwysers en nie-onderwyspersoneel aangestel in die…
Die Minister van Onderwys, Sanet Steenkamp, sê dit is onregverdig om skoolsertifikate van leerders terug te hou. Sy het in die parlement gereageer op ’n vraag van IPC-LP Bertha Nghifikwa, wat wou weet of beroepsopleidingsentrums leerders kan toelaat wat beroepsvoorbereidende vakke op Graad 9-vlak voltooi het, maar nooit hul sertifikate…
Reaksie word ontvang op die 2027 Dakar-tydren wat vir die eerste keer in 20 jaar weer in Afrika aangebied gaan word. Dit is teruggebring weens toenemende veiligheidskwessies in die Midde-Ooste, en die organiseerders het besluit om die veeleisende wedren uit Saoedi-Arabië te skuif. Volgens beplande skedules sal die 49ste uitgawe…
Die Nasionale Teater van Namibië bring humor en sosiale kommentaar na die verhoog met sy nuwe skets-komedie-produksie, Yah, Neh? Die vertoning, wat van 4 tot 6 November in Windhoek plaasvind, beloof om alledaagse Namibiese ervarings te weerspieël, terwyl dit vrae oor identiteit en kultuur laat ontstaan. NTN-woordvoerder, Desiree Mentor, het…
’n Tweede aardbewing, wat 3,2 op die Richterskaal gemeet het, is Donderdagoggend in Kamanjab aangeteken, ná Woensdagaand se aardbewing van 4,9. Mako Sitali, ’n geowetenskaplike by die ministerie van mynwese, het bevestig dat dit ’n naskok was. Sy het met nbc gepraat en gesê daar was ook kleiner naskokke wat…
Die burgemeester van Keetmanshoop, Emrico Blaauw, ontken mediaberigte dat die munisipaliteit bankrot is en nie werkers se Oktobersalarisse kan betaal nie. Blaauw het aan NBC gesê dié bewerings is onwaar en sou impliseer inwoners en besighede nie hul belasting-, elektrisiteits- of water-rekeninge betaal nie. Hy sê die raad het ’n…
Namibië se olietoekoms staan sentraal in 'n hewige debat oor parlementêre verantwoording, waar opposisiepartye waarsku dat die aanvaarding van die Petroleum-wysigingswetsontwerp te veel mag in die presidensie kan konsentreer. Die wetsontwerp het die tweede lees in die parlement geslaag, met net die steun van Swapo en die NEFF. Dawid Eigub,…
Namibië se ekonomiese groeivooruitskatting vir 2026 is van 3,1% tot 2,3% verlaag ná swakker as verwagte ekonomiese prestasie gedurende die eerste helfte van die jaar. Die minister van finansies, Ericah Shafudah, het die hersiene mediumtermyn-begroting Donderdag vir 2026/27 in die Nasionale Vergadering aangekondig. Die hersiene vooruitskatting beklemtoon die uitwerking van…
Regerings en ondernemings wêreldwyd skarrel om hulle webwerwe te beveilig nadat twee kritieke swakhede ontdek is in PHP, 'n programmeertaal waarvolgens sowat 70 persent van die internet funksioneer. Dit stel kuberkrakers in staat om sonder 'n wagwoord beheer oor kwesbare bedieners oor te neem. Miljoene pogings om die swakhede uit…
Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het groot hervormings aangekondig om munisipaliteite wat nie effektief funksioneer nie, reg te ruk en dienslewering te verbeter. Tydens die bekendstelling van die hersiene witskrif oor plaaslike regering in Ekurhuleni, het hy voorgestel munisipaliteite se verantwoordelikhede moet in lyn gebring word met die betrokke munisipaliteite se…
Die Motorbedryfpersoneelvereniging veroordeel die moord op 'n motoris in 'n vermeende spykerlokval naby die Carousel Plaza op die N1 in Tshwane. MISA sê dit vorm deel van 'n kommerwekkende patroon van georganiseerde aanvalle op snelweë. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola verwys na voorvalle waar voertuie op die N4 en in Bedfordview met…
Electric Vehicles Namibia verwelkom ’n skerp toename in die verkope van hibriede en elektriese voertuie in die land. Volgens IJG Securities het verkope in September 2026 met 127 persent gestyg, van 26 eenhede in September verlede jaar tot 59 vanjaar. Hoewel dié voertuie steeds ’n klein deel van nuwe voertuigverkope…
22 Oct 11AM
1 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.