
//Kharas-goewerneur vra dringende optrede teen bek-en-klouseer
Loading player...
Die goewerneur van die //Kharas-streek, Dawid Gertze, sê dringende optrede en samewerking is nodig om die impak van bek-en-klouseer op boere en die streeksekonomie te beperk. Hy het dit gesê tydens ’n vergadering met boere en belanghebbendes in Keetmanshoop, waar voorgestelde beheermaatreëls, inenting, beperkings op die beweging van vee en die herstel van marktoegang bespreek is. Gertze sê die doel is om boere te help om hul voete weer te vind en die veesektor te herstel.

