
SA Openbare Beskermer ondersoek bewerings van onveilige water in Bronkhorstspruit
Loading player...
Die Openbare Beskermer het 'n ondersoek na die Stad Tshwane van stapel gestuur oor die waterkrisis in Bronkhorstspruit, nadat 408 mense siek geword het. Die ondersoek volg op klagtes van die EFF en die Vryheidsfront Plus, wat beweer die stad het versuim om chloor by die water tussen 24 September en 14 Oktober te voeg, en inwoners nie gewaarsku het dat dit dalk onveilig is om te drink nie. Die woordvoerder, Oupa Segalwe sê die watersuiweringsaanleg is tydelik buite werking gestel vir skoonmaak en ontsmetting:

