
2027 Dakar-tydren keer ná 20 jaar terug na Afrika
Loading player...
Reaksie word ontvang op die 2027 Dakar-tydren wat vir die eerste keer in 20 jaar weer in Afrika aangebied gaan word. Dit is teruggebring weens toenemende veiligheidskwessies in die Midde-Ooste, en die organiseerders het besluit om die veeleisende wedren uit Saoedi-Arabië te skuif. Volgens beplande skedules sal die 49ste uitgawe van die tydren op 9 Januarie 2027 begin. Ingo Waldschmidt van Namibië het al vier keer aan die tydren deelgeneem en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

