Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
Die PDM-leier McHenry Venaani het die middelterym-begroting gekritiseer omdat dit nie die lewenskoste, behuising, sanitasie en boere se uitdagings voldoende aanspreek nie. Hy wou tydens die begrotingsdebat in die parlement weet hoe die hersiende bestedingsplanne gewone Namibiërs se lewens gaan verbeter. Hy het ook gepleit vir groter belegging in landbou…
Die Kankervereniging doen ’n beroep op die publiek om sy tweedehandse winkels te ondersteun en sodoende kankerpasiënte te help. Die winkels in Windhoek en Swakopmund samel fondse in om die vereniging se pasiëntsorgprogramme te ondersteun. Uitvoerende hoof Rolf Hansen sê items wat ’n tweede lewe kry, kan ’n betekenisvolle verskil…
Die oudminister van Veiligheid en Sekerheid, Charles Nqakula, het voor die Khampepe-kommissie ontken dat hy pogings ondersteun het om vervolgings van apartheids-gruweldade te staak. Hy sê dis diep beledigend dat beweer word hy of oudpresident Thabo Mbeki het geregtigheid vir Chris Hani en die Cradock Vier-aktivis Fort Calata belemmer. Nqakula…
Die omgewingsministerie wil strenger optree teen die onwettige myn van sand en gruis, volgens Omgewingskommissaris Timoteus Mufeti tydens openbare konsultasies vanoggend in Windhoek. Voorgestelde maatreëls sluit in swaar boetes, beslaglegging op toerusting en moontlike tronkstraf. Die voorgestelde wysigings beoog om ’n toegewyde regulerings- en afdwingingsraamwerk vir die sektor daar te…
Die Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg blykbaar om militêre optrede teen Iran te hervat ná volgende maand se middeltermynverkiesing. Baie Amerikaners is teen die oorlog gekant, insluitend lede van sy eie Republikeinse Party. ʼn Meningspeiling van New York Times en Siena College toon 65-persent van deelnemers stem nie saam met…
Sonke Gender Justice veroordeel die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, se kru en minagtende reaksie op 'n vraag deur 'n Newzroom Afrika-joernalis oor bewerings dat munisipale raadslede in Noordwes seks eis van vroue in ruil vir werksgeleenthede. Mantashe het gereageer deur na vroulike geslagsdele te verwys. Die ANC het…
Die Suid Afrikaanse minister van handel en nywerheid, Parks Tau, sê Suid-Afrika wil China se zero-tarief beleid vir Afrikalande gebruik vir meer uitvoere, plaaslike vervaardiging en werkskepping. China het die eensydige voorkeurskema bekendgestel wat belastingvrye toegang bied vir alle produkte, behalwe 47 tarief-lyne wat onderworpe sal wees aan tariefkoers-kwotas, vir…
Die aardbewing van 4,9 naby Kamanjab het plaasgevind in ’n gebied met talle breuklyne in die aardkors, sê Mako Sitali, ’n geowetenskaplike by die ministerie van mynwese. Volgens Sitali verskuif hierdie swakker sones voortdurend, wat aardbewings veroorsaak. Sitali het met NBC gepraat en gesê ’n aardbewing van dié sterkte word…
Namibië se afvaardiging van 12 atlete na die Dakar-jeug Olimpiese Spele wil die grondslag lê vir die land se volgende geslag internasionale kampioene. Anri Parker, ’n uitvoerende lid van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, sê die jong atlete ontvang omvattende opleiding ter voorbereiding vir Afrika se eerste Olimpiese Spele van…
Inwoners van Okahandja beplan om dié naweek aan ’n gemeenskapsoptog deel te neem onder die vaandel van “Genoeg is Genoeg”. Hulle eis dat die volle munisipale raad teenwoordig moet wees om kwessies oor swak dienslewering, behuising en grondtoekennings aan te spreek. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa,…
Namibiërs wat swoeg en kla onder die huidige hittegolf, kan vanaf Sondag verligting verwag, wanneer koeler temperature na verwagting die Khomas-streek sal bereik. Die res van die binneland kan teen Maandag afkoeling ervaar. Die hitte sal egter deur die naweek voortduur, en die weerdiens doen ’n beroep op die publiek…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah doen ’n beroep op Namibië se sakegemeenskap om hul produkte beter te bemark en meer mededingend te maak. Tydens haar toespraak vanoggend by die tiende Swakopmund International Trade Expo het sy die belangrikheid van doeltreffende produkbemarking vir besigheidsgroei beklemtoon.
Gewone Namibiërs moet nie belastingverligting of verhoogde staatsondersteuning in die komende begroting verwag nie, aangesien dalende inkomste en hoë staatskuld die regering in ’n streng besparing-siklus vasgevang hou. Cirrus Capital-ontleder Romé Mostert het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê enige finansiële verligting kan die begrotingstekort verder vergroot. Sy sê Namibië se…
Politieke ontleder Christo van der Rheede sê Suid-Afrika het sy afhanklikheid van die Amerikaanse mark ingevolge Agoa aansienlik verminder deur landbou-uitvoere na Europa, die Midde-Ooste, die Verre Ooste en die res van Afrika te diversifiseer. Hy erken egter dat ’n moontlike opskorting van Agoa groot uitdagings vir die motorbedryf en…
Josef Kauandenge, president van die Vereniging van Plaaslike Belangegroepe, Asoli, doen ’n beroep op ’n breë koalisie van opposisiepartye voor die algemene verkiesing van 2029, met die doel om die regerende party se oorheersing te verbreek. Kauandenge waarsku dat voortdurende opposisie-fragmentasie slegs die status quo versterk. Hy moedig opposisieleiers aan…
23 Oct 5AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.