Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1 – 20

NNN beveel Bryan Eiseb aan as nuwe ACC-hoof

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, aanbeveel vir die pos van direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie. Eiseb sal die leisels oorneem by Paulus Noa, wat die pos sedert die ontstaan van die kommissie in 2006 gelei het. Noa se termyn verstryk op 30 Junie. Eerste…
23 Jun 11AM 1 min

SA vakbond het vrae oor miljarde in verlore beleggings

Die Vereniging van Staatsamptenare vra ʼn dringende en onafhanklike forensiese ondersoek na verlore beleggings deur die Openbare Beleggingskorporasie. Die vakbond se Isibaya-fonds het meer as 18,2-miljard Suid-Afrikaanse rand in 23 maatskappye belê wat uiteindelik ʼn interne inkomstekoers van minus 100-persent aangeteken het. Dit beteken die beleggings het al hul waarde…
23 Jun 11AM 1 min

Grondwet beskerm almal, ook LGBT-gemeenskap

"Hold high the banners of liberty", lees die nuwe muurskildery by Sister Namibia se kantore, ter viering van Pride-maand in Junie. Sedert die skildery se onthulling het sosiale media op hol gegaan oor die gebruik van die bekende woorde in die Namibiese volkslied. Gedurende Junie het vele Afrika-lande egter selfdegeslag-verhoudinge…
23 Jun 10AM 1 min

Waar is Rehoboth-dorpsraad se forensiese oudit, Sankwasa?

Die parlement soek antwoorde oor 'n beloofde forensiese oudit van die Rehoboth-dorpsraad, te midde van kommer oor beweerde finansiële wanbestuur en 145 miljoen Namibiese dollar wat aan NamWater en 140 miljoen dollar wat aan NamPower verskuldig is. PDM-LP Inna Hengari het vanmiddag in die Nasionale Vergadering lynminister James Sankwasa gevra…
23 Jun 10AM 1 min

Weste sal moet sak skud oor slawehandel: ontleder

Reaksie word ontvang sedert president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ondertekening van 'n 19-punt-raamwerk vir formele verskonings, finansiële vergoeding en skuldverligting vanaf lande wat voordeel getrek het uit die trans-Atlantiese slawehandel. Die raamwerk wat in Accra, Ghana onderteken is, vra vir die stigting van 'n Global Reparations Fund, omvattende kansellasie van skuld…
23 Jun 10AM 1 min

Toegangspunt-personeel kry kliëntediens-opleiding

Namibië verskerp pogings om besoekers se eerste indrukke te verbeter, met die Namibiese Toerismeraad en die binnelandse sake-ministerie wat 'n tweedaagse kliëntediens-opleidingsprogram vir immigrasie-, polisie- en doeanebeamptes aanbied. Die Toerismeraad se woordvoerder, Flora Quest, sê die inisiatief is daarop gemik om dienslewering by die land se toegangspunte te versterk en…
23 Jun 9AM 1 min

Vierpunt-verbeteringsplan vir Kaapstad-hawe

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het 'n vierpunt-noodreaksieplan uiteengesit om doeltreffendheid op die Kaapstadse hawe te verbeter. Dit is aangewys as die swakste onder 400 wêreldhawens op die Wêreldbank se houerhawe-prestasie-aanwyser vir 2025. Die plan sluit maatreëls in om opeenhoping te bestuur en bedryfs-ontwrigtings…
23 Jun 9AM 1 min

Ry versigtig in Suide, sommige paaie het verspoel

Die Paaie-owerheid doen 'n beroep op motoriste in die ||Kharas-streek om versigtig te wees na swaar reënval en oorstromings paaie verwoes het. Die pad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah is vir verkeer gesluit weens vloedskade, en motoriste word aangeraai om die Swartkops-grensroete deur Suid-Afrika as 'n alternatief te gebruik. Die…
23 Jun 8AM 1 min

SA Weermag op bystand geplaas vir migrante-spertyd

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê sy is tevrede dat die nodige koördineringsmeganismes in die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Sekuriteitsgroep in plek is om vinnig en doeltreffend te reageer op enige gebeurlikheid tydens die teen-immigrasie-betogings volgende week. Teen-immigrantegroepe het 30 Junie as die sperdatum gestel vir ongedokumenteerde…
23 Jun 8AM 1 min

Plaaslike konsultant teken internasionale kontrak vir ontwikkeling

Die plaaslike konsultasiefirma, R&J Steytler Consultants, en die Britse firma The Strategic Economy, het 'n ooreenkoms onderteken wat daarop gemik is om belegging, ekonomiese ontwikkeling en oorgrens-samewerking te bevorder. Oliver Scheidt, stigter van The Strategic Economy, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat samewerkingsareas infrastruktuur, energie, handel en ontwikkelingsfinansiering insluit.
23 Jun 6AM 1 min

Jong kiesers maak 80% van nuwe registrasies uit

Die Verkiesingskommissie sê hy is bemoedig deur die sterk deelname van jongmense die naweek tydens kiesersregistrasie. Die kommissie sê jeugdiges tussen 16 en 29 het 'n beduidende deel van nuwe registrasies en algehele aktiwiteit uitgemaak in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die uitvoerende hoof van die kommissie,…
23 Jun 6AM 1 min

Daling in brandstofprys vir Julie verwag

Volgende week hierdie tyd behoort motoriste 'n duideliker aanduiding te hê van hoe brandstofpryse in Julie sal lyk. Met wêreldwye oliepryse wat aansienlik gedaal het en die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar wat beter vertoon, groei die verwagting dat verligting by die pompe op pad kan wees. Simonis Storm se…
23 Jun 6AM 1 min

Goeie weiveld, houtskoolproduksie en die brandseisoen

Verlede jaar is 1 300 veldbrande deur die omgewingministerie aangeteken, wat na raming 1,2 miljoen hektaar veld verwoes het. Die meeste veldbrande het in die Omusati, Oshikoto en Oshana-streke voorgekom. Die adjunkdirekteur van bosbestuur, Amon Andreas, sê sterker reaksiemaatreëls is nodig en die ministerie is met ‘n opname in dié…
23 Jun 6AM 1 min

Rekord witmielie-oes het implikasies, nie net vir produsente nie

Reaksie word ontvang op die Namibiese Akkerbouraad se voorspelling dat die witmielie-oes in vanjaar se bemarkingseisoen op 111 447 metrieke ton voorspel word. Dit plaas toenemende druk op berging, beplanning en bemarkingskoördinering in die bedryf. Die raad het vroeër reeds gewaarsku dat die aanbod die korttermynvraag in die vroeë maande…
23 Jun 6AM 1 min

Shafudah sê gryslys-verwydering is net die begin

Finansiële instellings vier steeds die verwydering van Namibië van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys. Die land is op 23 Februarie 2024 op die gryslys geplaas weens 13 strategiese tekortkominge in die nasionale teen-geldwassery raamwerk, asook in die bekamping van finansiering en uitbreiding van terrorisme. Die taakmag het in November 2025…
23 Jun 5AM 1 min

DA lui alarm dat Speaker nie Ramaphosa se aansoek teenstaan

Die DA is bekommerd oor die besluit deur die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, om nie die dringende aansoek om 'n interdik deur president Cyril Ramaphosa teen te staan om die werk van die Ampsklagkomitee te staak nie. Die Parlement sê die speaker het regsadvies en die onderskeie…
23 Jun 5AM 1 min

Presidensie wys kritiek oor Tanzanië besoek van die hand

Die Presidensie het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan Tanzanië verdedig en sê dat bilaterale bande net sterker sal word ten spyte van kritiek van die IPC. Die opposisieparty sê die president moes die besoek gebruik het om beweerde menseregteskendings en die aanhouding van opposisieleier Tundu Lissu aan te spreek,…
23 Jun 3AM 1 min

Vandalisme by Gauteng se Agri-Parke bedreig opkomende boere

Die DA sê meer as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand is verlore weens diefstal en vandalisme by Gauteng se Agri-Parke, wat voedselsekerheid en opkomende boere in gevaar stel. Die party sê infrastruktuur en toerusting by verskeie terreine is gesteel of vernietig, met herstelkoste wat op nagenoeg 950 000 rand geraam word…
23 Jun 3AM 1 min
1 – 20