
Okahandja-inwoners beplan optog oor dienslewering en grondtoekennings
Loading player...
Inwoners van Okahandja beplan om dié naweek aan ’n gemeenskapsoptog deel te neem onder die vaandel van “Genoeg is Genoeg”. Hulle eis dat die volle munisipale raad teenwoordig moet wees om kwessies oor swak dienslewering, behuising en grondtoekennings aan te spreek. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, is ook genooi om die petisie tydens die vreedsame betoging te ontvang. Gemeenskapsaktivis Sethy Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

