
Ek wou beslis nie apartheidsvervolgings stuit: oudminister Nqakula
Loading player...
Die oudminister van Veiligheid en Sekerheid, Charles Nqakula, het voor die Khampepe-kommissie ontken dat hy pogings ondersteun het om vervolgings van apartheids-gruweldade te staak. Hy sê dis diep beledigend dat beweer word hy of oudpresident Thabo Mbeki het geregtigheid vir Chris Hani en die Cradock Vier-aktivis Fort Calata belemmer. Nqakula onthou steeds die skok oor Hani se sluipmoord in 1993 en sê hy sou nooit die nagedagtenis van slagoffers ondermyn nie:

