
Koeler temperature teen Sondag bring verligting ná hittegolf
Loading player...
Namibiërs wat swoeg en kla onder die huidige hittegolf, kan vanaf Sondag verligting verwag, wanneer koeler temperature na verwagting die Khomas-streek sal bereik. Die res van die binneland kan teen Maandag afkoeling ervaar. Die hitte sal egter deur die naweek voortduur, en die weerdiens doen ’n beroep op die publiek om genoeg water te drink en blootstelling aan die son gedurende die warmste deel van die dag te beperk. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

