Telegraph-lesers het Kaapstad in die 2025 Telegraph-reistoekennings weer aangewys as die Beste Stad ter Wêreld. Meer as 20-duisend reisigers uit die Verenigde Koninkryk het deelgeneem en vir die sewende keer dié gesogte titel aan Kaapstad toegeken. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Kaapstad word geloof vir sy pragtige…
Bitcoin se prys klim steeds, en het in die laaste week met sowat 11 persent gestyg. Die kripto-geldeenheid het Maandag vir die eerste keer bo 120 000 Amerikaanse dollar verhandel. Dit het effe teruggesak en verhandel tans bo 117 000 dollar. Die BBC se sake-verslaggewer, Kirsten Silva, sê dit het…
Daar is steeds reaksie op Namibië se verskuiwing van die boonste middelinkomstegroep na die laer middelinkomstegroep deur die Wêreldbank. Van die voordele hiervan sluit in die vermoë om toegang tot internasionale lenings teen laer rentekoerse te verkry. Namibië se buitelandse skuld sal na verwagting vanjaar tot 172 miljard Namibiese dollar…
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het verduidelik dat sy Pensioengesteunde Huisleningskema streng vir behuisingsdoeleindes is en nie vir troues, besighede of ander persoonlike uitgawes nie. Uitvoerende hoof Martin Inkumbi beklemtoon dat die skema, wat deur die Pensioenfondswet beheer word, beperkte pensioentoegang slegs toelaat vir eiendom.
Cosatu sê die onafhanklike Regterlike Kommissie van Ondersoek na bewerings oor die polisie-leierskap moet ten volle ondersteun word en die nodige hulpbronne ontvang om sy mandaat te kan vervul. Cosatu sê die plofbare bewerings van korrupsie en ernstige misdadige bedrywighede deur die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, is uiters kommerwekkend…
Amerikaanse president Donald Trump het planne aangekondig om gesofistikeerde wapens deur Navo aan Oekraïne te lewer, wat Patriot-lugverdedigingstelsels insluit. Hy het tydens 'n vergadering met Navo sekretaris-generaal Mark Rutte in die Withuis ook gesê hy is baie ongelukkig met Rusland. Trump sê hy sal sekondêre handelstariewe van 100 persent instel…
Die leier van die PDM, McHenry Venaani, het president Nandi Netumbo-Ndaitwah se eerste 100 dae in die amp as 'n "handboekgeval van politieke traagheid" bestempel. Venaani het tydens 'n perskonferensie in Windhoek die administrasie gekritiseer omdat hulle 'n goeie voorkoms bo inhoud prioritiseer.
Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is bekommerd oor die invoer van enige hoenderprodukte uit Brasilië na Suid-Afrika. Dit volg nadat die regering die verbod op invoer van pluimveeprodukte uit Brasilië gedeeltelik opgehef het. Die Departement van Landbou laat nou invoere toe uit alle Brasiliaanse provinsies, behalwe Rio Grande do…
Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het by die opening van die werkswinkel oor tabak- en alkoholbeheer in Windhoek gesê dat voorkoming beter is as behandeling, maar daar is nog baie om te doen. Die land het geen wetgewing rakende damprook nie en drank en dwelms bly ‘n reuse-uitdaging.
Die IPC het die regering gekritiseer omdat hulle die amptelike opposisie van nasionale gebeure uitgesluit het en dit ondemokraties en doelbewus genoem. Die party het die ironie hiervan tydens die besoek van die Indiese premier Modi beklemtoon en gesê dat dit demokrasie ondermyn. Dit het ook die Kantoor van die…
Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa kritiseer regeringsdepartemente omdat hulle nie hul begrotings bestee nie en ongebruikte fondse teruggee. Hy noem dit swak hulpbronbestuur. Hy het ook by die bekendstelling van pad-opgraderingswerk in Windhoek gesê burokrasie en die laat betaling van kontrakteurs hou ontwikkeling terug. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die regering het sy verbintenis tot 'n lae-koolstof, volhoubare ekonomie herbevestig tydens die Groen Beleggingsdialoog in Walvisbaai. Minister Natangwe Ithete het gesê klimaatsaksie is sentraal tot ontwikkeling, en het kennis geneem van vordering in hernubare energie soos die Omburu-sonkragaanleg en planne om landelike skole en klinieke van sonkrag te voorsien…
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid is besig met die finalisering van ’n biometriese identifikasiestelsel om sekerheid en integriteit in die administrasie van maatskaplike toelaes te verbeter. Die uitvoerende hoof van Sassa, Themba Matlou, sê dit is deel van die Tesourie se begrotingvoorwaardes vir 2025 wat op kostebesparingsmeganismes en verbeterde…
Die burgemeester van Swakopmund, Blasius Goraseb, het die dorp se ambisie herbevestig om 'n kussentrum vir ekonomiese groei en innovasie te word. Tydens die vierde jaarlikse sake-ontbyt het Goraseb openbare-private samewerking geprys en die geleentheid se groeiende rol in die aanpak van ekonomiese uitdagings en die bevordering van volhoubare ontwikkeling…
Build One South Africa sê president Cyril Ramaphosa moes eerder die Spesiale Ondersoekeenheid opdrag gegee het om die provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings te ondersoek. Die president het ʼn regterlike ondersoek ingestel na die bewerings in verband met misdaadsindikate se infiltrering van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings…
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad en die Namibiese Standaarde-instituut het 'n samewerkingsooreenkoms onderteken om produkgehalte, markgereedheid en gemak van sake doen te verbeter. Die ooreenkoms ondersteun SME-geleide groei, gehalteversekering en mededingendheid, met 'n fokus op die bou van 'n nasionale beleid vir volhoubare belegging. Die uitvoerende hoof van die raad,…
Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê die proses om 'n nuwe befondsingsmodel vir die SABC te ontwikkel is aan die gang. Die regering het 704 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor drie jaar aan die openbare uitsaaier toegeken, insluitend 43 miljoen vir inhoud, 464 miljoen vir sy mandaat…
Sluit aan by die stryd teen kanker by die Nasionale Kankerstaptog op Saterdag 26 Julie 2025, met trots aangebied deur PathCare Namibia. Hierdie 5 km-pretstaptog, wat in Windhoek, Rehoboth, Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund plaasvind, bring gemeenskappe bymekaar vir 'n saak wat saak maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen,…
Namibië het streng biosekuriteitsmaatreëls ingestel by grensposte weens BKS-uitbrekings in buurlande. Voertuigwiele en skoene moet ontsmet word, insluitend skoene in bagasie. Vragmotors wat vee terugbring, benodig ’n geldige ontsmettingssertifikaat. Onverwerkte veevoer en diere-produkte soos rou vleis, suiwel en ongaar biltong of droëwors sal gekonfiskeer word. Kosmos 94.1 Nuus het met…
14 Jul 5AM
1 min
980 – 1000
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.