Ten spyte van wydverspreide goeie reën word dele van die land, soos Gochas, steeds erg deur droogte geraak. Inwoners rapporteer uiters droë toestande, met min plantegroei en skaars waterbronne. Boere sê die droogte bedreig steeds hul lewensbestaan, en hulle doen 'n beroep op dringende verligting en ondersteuning van die owerhede…
Nog reaksie word ontvang op die Swapo-manifes se implementeringsplan, veral die standpunt oor mynwese. Onder die sektor, beloof die party om 50 persent van alle nuwe eksklusiewe prospekteerlisensies aan Epangelo Mining, ‘n regeringsmaatskappy toe te ken. Die manifes praat ook oor 900 megawatt in geïnstalleerde energiekapasiteit wat bereik moet word…
Die 69-jarige Amerikaanse kardinaal Robert Francis Prevost is verkies as pous Leo XIV, waarna hy meer as 100 000 pelgrims en toeriste op Sint Petrusplein in die Vatikaanstad toegespreek het. Die gematigde, Chicago-gebore kardinaal is in senior rolle onder pous Franciskus aangestel. Hy het beduidende sendingervaring in Peru opgedoen, waar…
Die regering vra Suid-Afrikaners in Kinderbeskermingsmaand om saam te staan en elke kind se waardigheid, veiligheid en onskuld te beskerm. Verslae toon dat meer as die helfte van die land se kinders steeds onder die broodlyn leef. Geweld, armoede en wanvoeding, ongelykheid en onvoldoende toegang tot noodsaaklike dienste belemmer ook…
AfriForum sê dit is kommerwekkend dat die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, stilbly oor Tenbosch Mining se aansoek om 'n steenkoolmyn naby die Krugerwildtuin te vestig. Die burgerregteorganisasie het in April die departement en SANParke versoek om 'n openbare verklaring uit te reik oor hul standpunt…
Rugby: Maro Itoje sal die eerste Engelse kaptein van die Britse en Ierse Leeus wees sedert Martin Johnson in 2001. Dit is vanmiddag in 'n seremonie in Londen aangekondig, tydens die bekendmaking van die toerspan na Australië. Hoofafrigter Andy Farrell het die Suid-Afrikaners Duhan van der Merwe en Pierre Schoeman…
Auas Laerskool het 'n perskonferensie gehou om sosiale media-aantygings aan te spreek oor die verwydering van Khoekhoegowab as onderrigmedium. Die geleentheid het by die skool plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Shaun Gariseb gesels. Hy sê hulle stel nie belang in die heen en weer nie en is…
Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het Afrikaans Amptelik 100 van stapel gestuur wat ’n jaarlange viering is van Afrikaans, wat 'n eeu gelede ’n amptelike taal geword het. Die seremonie het by die Kasteel in Kaapstad plaasgevind. Mackenzie sê die viering eer die taal se wortels…
Die Okabra Brahman- en Simentaler-dag vind Saterdag op plaas Okamutombe in Grootfontein plaas. Groot landbou maatskappye soos Agra en Voermeester is die borge. Die plaaslike ekonoom Dr. John Steytler gaan praat oor volhoubare boerdery, en daar sal ook praatjies wees oor tegnologie in boerdery. Die kaartjies is amper uitverkoop en…
Reaksie word ontvang op die Swapo-manifes se implementeringsplan, soos ontleed deur die ekonoom Robin Sherbourne. Volgens sy bevindings is daar tans geen groei in of spasie vir private en internasionale belegging in die land nie. Die programme onder een van die prioriteitsvelde, jeugbemagtiging, noem niks oor beleggings en die Namibiese…
Vervoerminister Veikko Nekundi het TransNamib se 2,5 miljard Namibiese dollar lokomotiewe-tender gekanselleer nadat dit aan die lig gekom het dat dit ’n direkte verkryging van ’n enkele vervaardiger was. Hy het in die Nasionale Vergadering gesê dat so 'n proses Namibië blootstel aan geopolitieke risiko’s.
Josef Kauandenge, het die nuutgestigte Vereniging vir Plaaslike Belange, bekend as Asoli, bekend gestel. Hy wil deelneem aan die plaaslike owerheidsverkiesings later vanjaar. Die organisasie is nie ‘n politieke party nie maar ‘n vereniging, maar moet nog steeds by die verkiesingskommissie registreer. Woordvoerder De Wet Siluka het aan Kosmos 94.1…
Sokker: Kaartjies vir Saterdag se Nedbankbeker-eindstryd tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates op die Moses Mabhida-stadion in Durban is amptelik uitverkoop. Stelselfoute het egter veroorsaak dat meer as 10 000 kaartjies te veel verkoop is. Die uitvoerende hoof van Stadium Management South Africa, Bertie Grobbelaar, sê aanhangers wat nie plek…
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelstatistieke vir Maart 2025 uitgereik, waarvolgens die handelstekort 2,7 miljard Namibiese dollar bereik het, hoër as in Februarie maar baie laer as in Maart 2024. Die kommoditeit van die maand is sigarette, wat vir 42,1 miljoen Namibiese dollar uit Suid Afrika en Switserland ingevoer was…
NamRA het ‘n verklaring uitgereik rakende sy oorwinning in die saak met Trustco waar 593 miljoen Namibiese dollar in belasting ter sprake was. Die agentskap sê in werklikheid, is dit ‘n oorwinning vir belastingwetgewing in die land en dat die hof ook die “betaal nou, stry later”-beginsel bevestig het. Kosmos…
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het openbare hulp gevra met die soektog na die vermiste joernalis Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Hulle het op 18 Februarie verdwyn nadat hulle hul huis in Mpumalanga verlaat het. Die polisie het die saak herklassifiseer as ontvoering en kaping en die verdagtes…
Die Amerikaanse visepresident JD Vance het ‘n geleentheid wat deur die München Sekuriteitskonferensie gereël is bygewoon. Hy het oor die oorlog in Europa gepraat en gesê dat die VSA die toegewings wat Rusland probeer het om die oorlog met Oekraïne te beëindig as 'te veel' beskou. Hy sê die Oekraïne…
Die MK-party sê hy verwerp onomwonde die Konstitusionele Hof se uitspraak wat dubbele burgerskap verseker. Dié beslissing bevestig die Appèlhof se uitspraak wat 'n bepaling van die wet op Burgerskap as onwettig verklaar. Die Konstitusionele Hof het wetgewing as ongrondwetlik verklaar wat Suid-Afrikaners van hulle burgerskap ontneem as hulle die…
8 May 6AM
1 min
1000 – 1020
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.