Die Forum vir Suid-Afrika beskuldig president Cyril Ramaphosa van magsmisbruik om korrupsie te beskerm ten koste van belastingbetalers. Die forum se woordvoerder, Tebogo Mashilompane, sê Ramaphosa beskerm die elite en ignoreer gewone Suid-Afrikaners se stryd. Mashilompane kritiseer ook sy versuim om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, af te dank,…
'n Herrie het in Brittanje losgebars oor die inligting van duisende Afgaanse burgers wat aansoek gedoen het vir asiel in die land wat uitgelek het. Eerste minister Sir Keir Starmer sê voormalige Konserwatiewe ministers het ernstige vrae om te beantwoord oor hoe die name van Afgane wat met Britse magte…
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het 900 miljoen Namibiese dollar toegewy aan sy nuwe Pensioengesteunde Behuisingsleningskema, wat lede toelaat om tot een derde van hul pensioenspaargeld te leen om huise te koop of te bou. Lenings sal 'n rentekoers van 9,25 persent dra, laer as Namibië se gemiddelde verbandkoers. Kosmos 94.1 Nuus…
Die GOOD-party sê openbare grond in Johannesburg moet al die inwoners bedien, nie net die bevoorregte groepe nie. Dit volg na voorstelle om groot gedeeltes van openbare grond in Ruimsig en Emmarentia te verhuur of te verkoop, insluitende die Killarney Buiteklub, wat tans vir so min as 1 000 Suid-Afrikaanse…
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid sal fokus op ekonomiese hervorming, misdaadbekamping en die bou van 'n bekwame staat. Ramaphosa het tydens die begroting van die Presidensie in die Parlement gesê alle departemente moet saamwerk om die ekonomie te laat groei, armoede te verminder en dienslewering te…
Amerikaanse president Donald Trump sê hy beplan nie om Jerome Powell, die voorsitter van die Federale Reserwe af te dank nie, selfs al het hy Powell weer gekritiseer. 'n Bloomberg-berig Woensdag dat Trump Powell waarskynlik sal afdank het 'n daling in aandele en die Amerikaanse dollar tot gevolg gehad. Trump,…
Die Nampharm-stigting sal sy 20ste bestaansjaar vier met 'n galadinee op 20 Augustus by die Windhoek Country Club and Resort. Die geleentheid sal twee dekades se werk ter ondersteuning van Namibiese kinders vier. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cari-Ane van der Walt, Nampharm se administratiewe en fondsinsamelingskoördineerder, wat meer…
Reaksie word ontvang op Namibië wat gesprekke met die Internasionale Atoomenergie-agentskap begin het rakende 'n uitvoerbaarheidstudie om 'n kernkragsentrale te bou. Die regering oorweeg verskeie opsies, soos klein modulêre reaktore en grootskaalse aanlegte, teen 'n koste van 106 miljard Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van Die politieke…
Aktiviste in SAOG-lidlande vra vir riglyne oor veilige aborsies om aborsiewette oor die streek te harmoniseer. Dit kom te midde van sowat 6,2 miljoen onveilige aborsies wat jaarliks plaasvind. Aktiviste vra ook vir beter toegang tot voorbehoedmiddels vir tienermeisies, met vroeë onbedoelde swangerskappe wat dikwels deur seksuele geweld veroorsaak word…
RISE Mzansi sê president Cyril Ramaphosa moet dringend die omvang van die regterlike kommissie van ondersoek na die Polisiediens publiseer sodat dit met sy werk kan begin. Die kommissie sal die rol van huidige of voormalige senior ampsdraers in sekere instellings ondersoek wat moontlik beweerde misdadige bedrywighede aangehelp of aangemoedig…
Die Israeliese weermag het Woensdag twee keer die Siriese verdedigingministerie in Damaskus in lugaanvalle getref, terwyl dit ingryp in die botsings tussen die Siriese leër en Droese-vegters in die suide van Sirië. Een persoon is dood in die aanvalle en 18 beseer, volgens Siriese amptenare. Dit was die derde dag…
Die DA sê die polisie het bevestig dat sy strafregtelike aanklagte teen die polisieminister, Senzo Mchunu, nou ondersoek word. Die minister is op spesiale verlof geplaas te midde van bewerings van korrupsie en politieke inmengery in ondersoeke. Baxolile Nodada van die DA sê Mchunu, soos alle ander Suid-Afrikaners, moet die…
Reaksie word ontvang op die nuus dat duisende Afghane waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per abuis hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20…
Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Airlink twee keer daagliks tussen Walvisbaai en Johannesburg vlieg. Die bykomende vlugte bied reisigers meer buigsaamheid tussen die Namibiese kus en die ekonomiese sentrum van Suid-Afrika, wat toerisme en sakereise ondersteun. Gitta Paetzold, hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging het met Kosmos 94.1 Nuus…
Die Wetshervormingskommissie en die Motorvoertuig Ongelukkefonds hersien tans die Motorvoertuig Ongelukkefonds-wet. Hulle stel onder andere voor om voordeelbedrae van onder die wet na regulasies te verskuif vir vinniger opdaterings. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se hoof van korporatiewe sake, John Haufiku gepraat.
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid neem vandag die koolstofverrekening en -verminderingskema vir internasionale lugvaart en volhoubare lugvaartbrandstof onder die loep. Dit vorm deel van 'n EU-befondsde program wat Afrika- en Karibiese lande ondersteun om die Internasionale Burgerlugvaart-organisasie se omgewingstandaarde en doelwitte vir koolstofneutraliteit vanaf 2020 en netto nul teen 2050 te bereik…
Amerika het vyf geweldsmisdadigers van Asiatiese en Karibiese lande na Eswatini gedeporteer. Die gedeporteerdes is burgers van Kuba, Jamaika, Laos, Viëtnam en Jemen. Die Departement van Binnelandse Veiligheid het in 'n plasing op X geskryf hierdie misdadige onwettige vreemdelinge is so uniek barbaars dat hul tuislande weier om hulle terug…
Activists and Citizens Forum sê die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, se aanstelling as waarnemende minister van Polisie versterk sy oproep dat president Cyril Ramaphosa bedank. Mantashe sal in die posisie bly tot professor Firoz Cachalia die amp in Augustus oorneem. Dennis Bloem van die forum beskryf…
Rugby: Die Bulle het die driemalige Suid-Afrikaanse Afrigter van die Jaar, Johan Ackermann, as nuwe hoofafrigter aangestel. Jake White en die Bulle het vroeër die maand ooreengekom dat hulle paaie na vyf jaar skei nadat hy die span tot drie Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryde in vier seisoene gelei het. Ackermann beskryf sy…
16 Jul 9AM
1 min
1120 – 1140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.