Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, dr. Tobie Aupindi, sê aanspreeklikheid in die bestuur van die land se natuurlike hulpbronne is ononderhandelbaar. Hy het tydens 'n belanghebbendes-werkswinkel in Swakopmund beklemtoon dat daar verder as oppervlakkige samewerking beweeg en ten volle met die parlement geskakel moet word…
Namibië en Zimbabwe speel Saterdag in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker nadat die twee spanne hul halfeindronde wedstryde teen onderskeidelik Algerië en Kenia in Kampala, Uganda, gewen het. Saterdag kan daar net een wees – die wenner kwalifiseer vir 'n plek by die Mansrugby Wêreldbeker in Australië in…
Duisende Afghaanse mense waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per ongeluk hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel hulle…
Die DA sê president Cyril Ramaphosa het maande gelede reeds geweet Amerika het 'n diplomatieke visum aan die voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, geweier en dat sy geloofsbriewe reeds in Mei verwerp is. Hy het egter steeds Suid-Afrika se amptelike gesant gebly en uit die land vertrek sonder voldoende…
Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Nabha, die agtjarige wyfiejagluiperd in Indië se Kuno Nasionale Park, wat Saterdag vrek is aan beserings wat sy na bewering 'n week gelede tydens 'n jagtog opgedoen het. Volgens owerhede was een van haar bene…
Die Teenkorrupsie-kommissie het 'n lasbrief vir inhegtenisname vir Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima bevestig. Malima is die eienaar van Eco Fuels en voormalige besturende direkteur van Enercon, wat met die Namcor-bedrogskandaal verbind word. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata gepraat, wat sê hy is vermoedelik in Angola.
Namibië is amptelik in die speenkalf veilingseisoen, met vraag wat sterk bly veral met bek-en-klouseer in die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die bemarking bestuurder by die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad oor die pryse gesels. Hy sê vraag na slagbees bly ook hoog.
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte sê alle plaaslik-beskikbare kankermedisyne voldoen aan die vereiste gehalte-, veiligheids- en doeltreffendheidstandaarde. Dit volg nadat Lancet se internasionale gesondheids-opname swak gehalte teen-kankermiddels in lande soos Ethiopië, Kenia, Malawi en Kameroen geïdentifiseer het. Die owerheid se woordvoerder, Yuven Gounden, bevestig die spesifieke handelsmerke in die studie…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy diepe kommer uitgespreek oor sektariese gevegte tussen Droese-milisies en Bedoeïne-stamme in Sirië. Sowat 100 mense is dood in die gevegte wat Sondag in die oorwegend Droese-stad Suweida uitgebreek het. Siriese sekuriteitsmagte het Dinsdag die stad binnegegaan na 'n wapenstilstand uitgeroep…
Die polisie het bevestig dat hulle 'n inbraak ondersoek by die huis van die voormalige Namcor-baas Imms Mulunga, wat in hegtenis geneem is vir beweerde bedrog. Die huis in Klein-Windhoek is geplunder, het sy prokureur aan die Windhoekse laerhof gesê, waar 'n borgaansoek voortgaan. Die inbrekers het na bewering deur…
Krieket: Die Engelse draaibouer Shoaib Bashir moes onttrek aan die oorblywende twee toetse teen Indië weens 'n gekraakte vinger. Die 21-jarige is beseer toe hy probeer het om die bal te vang van sy eie boulwerk op die derde dag van die derde toets op Lord's. Engeland het met 22…
Die Namibiese Filmkommissie het voorleggings vir sy befondsingsiklus vir die huidige boekjaar geopen, wat gemik is op eerstekeer-vervaardigers. Ondersteuning sal gaan na drie kortfilms, drie webreekse, wat beperk tot aansoekers buite Khomas, en een mini-dokumentêr. Die doel is om streeksdiversiteit en vars narratiewe te bevorder. Voorleggings sluit op 11 Augustus…
Namibië het amptelik gesprekke begin met die Internasionale Atoomenergie-agentskap rakende 'n ondersoek om 'n kernkragaanleg te bou, wat na verwagting ten minste tien jaar sal duur. Die uitvoerende direkteur in die Ministerie van Mynwese en Energie, Ben Nangombe, sê die projek moet aan 19 belangrike infrastruktuurstandaarde voldoen, insluitend regulatoriese aangeleenthede…
Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het met die aankondiging van die einde van die droogtehulpprogram, gesê dat vleis noord van die rooilyn bekom is, gevries is en suid van die rooilyn versprei is as deel van die program. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux. Hy sê van…
Die Pluimveeprodusentevereniging het ’n dringende vergadering belê om Namibië se voëlgriepbeheer en -monitering te versterk. Voëlgriep is volgens die vereniging ’n ernstige streek- en wêreldbedreiging. Die vergadering vind môre om twee-uur by die Namibië Landbou-unie se raadsaal in Windhoek plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die vereniging,…
Eskom sê Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad sal nou teen die einde van Augustus weer aanlyn wees. Daar is aanvanklik verwag dat die eenheid dié maand weer in diens sou wees. Die eenheid van 930-megawatt is tans afgeskakel vir die tweede fase van 'n langtermyn-bedryfsverlenging. Eskom se woordvoerder,…
Die Britse minister van Energie en Klimaatsverandering, Ed Miliband, sê die jongste klimaatverslag is 'n duidelike waarskuwing oor die dringendheid om klimaatsverandering aan te pak. Die verslag bevestig dat die Verenigde Koninkryk se klimaat aansienlik verskil van vorige dekades, met uiterste hitte en reënval wat die norm word as gevolg…
Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, het amptelik die 2025 Jeug in Olie en Gas-beraad, wat op 24 en 25 Julie in Walvisbaai onder die tema "Boor die toekoms binne" plaasvind, onderskryf. Die beraad het ten doel om die Namibiese jeug toe te rus met vaardighede en kennis om deel…
Die Europese Unie waarsku sy handel met die VSA kan uitgewis word indien president Donald Trump sy dreigement uitvoer om 'n 30-persent-tarief op invoere op die 27-nasies-blok in te stel. Die bilaterale handelsverhouding tussen die EU en die VSA verteenwoordig byna 30-persent van die wêreldwye handel in goedere en dienste…
15 Jul 8AM
1 min
1160 – 1180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.