Meer inligting is bekend in verband met die dood van Hollywood-regisseur Rob Reiner en sy vrou, Michele. Hulle seun Nick is agter tralies vir hulle moord en sal teen Woensdag formeel aangekla word. Die misdaad- en ondersoekende skrywer by die LA Times, Richard Winton, het met Britse media oor die…
Terwyl almal voorberei vir die feestyd, vier nie almal op dieselfde manier nie. Old Mutual Namibia se senior openbare betrekkinge beampte, Hileni Amadhila, sê vir baie mense is hierdie jaar 'n feestelike eerste, die eerste vakansie na 'n groot lewensverandering, wat gemengde emosies, finansiële druk en die behoefte aan selfdeernis…
Sedert die begin van Desember beweeg olie pryse afwaarts. Brent neig vanoggend onder 60 Amerikaanse dollar ‘n vat. Dit kan 'n vroeë Kersgeskenk vir wêreld ekonomieë wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom, Chris Hart gesels.
Cran het 'n opdatering uitgereik van die proses wat met Starlink se lisensie-aansoek verband hou. Die lisensiebod is volledig op 28 November in die Staatskoerant gepubliseer en belanghebbendes het die geleentheid gehad om insette te lewer tot 12 Desember. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano het meer.
Reaksie word ontvang op die hoërhof wat gelas het dat die kwessies wat onder die loep moet kom in die saak waar die Ganja Users of Namibia en ander aansoekers vra dat dagga gewettig word, beperk moet word. Die saak is intussen uitgestel tot 22 Januarie daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus…
Januarie voel vir baie verbruikers buitengewoon lank as gevolg van die gaping tussen betaaldae in Desember en Januarie. 'n Standard Bank-ontleder in die buurland, Shené Mothila, sê openbare vakansiedae, feestydverlof en -besteding veroorsaak vroeg in Januarie finansiële uitdagings. Mothila sê kliënte moet finansies meer doeltreffend beplan en bestuur:
Die landbouministerie het meer inligting bekend gemaak na sy direktoraat van veeartsenydienste ’n uitbreking van H5N1-hoëpatogeniese voëlgriep onder gewone sterretjies op Lüderitz bevestig. Intussen toon sowat 30 voëls op Mercury-eiland naby Lüderitz ook tekens van die siekte, wat vermoedelik deur migrasievoëls versprei is. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie…
Die Wes-Kaap ervaar tans ‘n uitbreking van masels in verskeie gebiede sowel as difterie in dele van die Kaapse Metropool. Die toename in maselsgevalle is nie uniek aan die Wes-Kaap nie, aangesien Suid-Afrika tans 'n afname in die opname van kinderinentings in die gesig staar, wat 'n ernstige risiko vir…
Die IVP LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, sê die premier, Thami Ntuli, se ampstermyn van 18-maande het vordering getoon vergeleke met vorige administrasies. Buthelezi het die wetgewer toegespreek tydens 'n mosie van wantroue en vordering in wet en orde, ekonomiese groei en dienslewering geprys…
Huldeblyke stroom in vir die ontslape Hollywood-regisseur Rob Reiner. Hy en sy vrou is Sondag met meswonde, dood aangetref by hulle woning in Brentwood, Los Angeles. Sy seun, Nick, is intussen gearresteer. Reiner was uiters liberaal en was baie betrokke by die Demokrate. Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom het met CNN gepraat.
Die Presidensie gee die versekering die Madlanga-kommissie se finale verslag sal openbaar gemaak word. Woordvoerder Vincent Magwenya beklemtoon dit sal gebeur sodra die kommissie sy werksaamhede afsluit, met leiding oor nasionale veiligheid-sensitiewe gebiede, om deursigtigheid te verseker terwyl kritieke inligting beskerm word. Die tussentydse verslag sal egter privaat bly terwyl…
Namibië berei voor om sowat 250 kundiges van regoor die wêreld en ongeveer 150-ton toerusting te huisves wanneer die land die volgende inspeksie ter plaatse van die Kerntoetsverbod-verdragsorganisasie in Oktober volgende jaar aanbied. Magdelena Shipiki, kenner van buitelandse betrekkinge by die ministerie van internasionale betrekkinge, sê die toets word gedoen…
Die Mynwerkersunie van Namibië en Whale Rock Cement as Cheetah-sement handel dryf, het ‘n loonooreenkoms bereik. Dit lei tot 'n loonverhoging van 10 persent. Vroeër berigte dat Whale Rock beplan om sy werksaamhede in Namibië af te sluit, is foutief en die maatskappy wil verder uitbrei. Maatskappy woordvoerder Tabby Moyo.
President Donald Trump dagvaar die BBC vir skadevergoeding van 5 miljard Amerikaanse dollar na sy Panorama-program verkeerdelik geredigeer is. Hy sê die korporasie het dit so voorgestel dat hy die 6 Januarie opstand veroorsaak het. Hy het kort voor dokumente by die suidelik distrikshof in Florida ingedien is, met die…
Daar is 'n nuwe slenter wat kop uitsteek, waar skelms na wat berig word hulle voordoen as polisiebeamptes of sekuriteitswagte en niksvermoedende Namibiërs om die bos lei of vaslik beboet op straat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Windhoek Stadspolisie se skakelbeampte, assistent-superintindent Katrina Nomboga, wat verduidelik.
Bestuurskenner Pius Dunaiski het jare se swak toesig en politieke verdraagsaamheid blameer vir wanbetaling en NamPower se groeiende skuldkrisis, wat nou meer as 912 miljoen Namibiese dollar beloop. Met suidelike munisipaliteite soos Mariental alleen wat meer as 233 miljoen dollar skuld, waarsku Dunaiski dat die situasie institusionele ineenstorting weerspieël. Hy…
Justisieminister Wise Immanuel lei Namibië se afvaardiging by die elfde VN-teenkorrupsiekonferensie in Doha. Die weeklange geleentheid sal na verwagting meer as 2 000 afgevaardigdes van reg oor die wêreld bymekaarbring vir besprekings oor voorkoming en bedreigings, insluitend kubermisdaad en KI-korrupsie. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie,…
Die Stad Kaapstad sê hy gaan in die feestyd sy “Moenie 'n padvark wees nie”-veldtog voortsit wanneer verkeersvolumes toeneem. Die veldtog sal voorkombare verkeersopeenhopings bekamp wat veroorsaak word deur bestuurders wat kruisings versper. Dis ʼn oortreding van verkeersregulasies en lei tot verkeersknope. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê…
Nick Reiner is in hegtenis geneem op vermoede van moord ná die dood van sy ouers, bekende akteur-regisseur Rob Reiner en Michele Singer Reiner, volgens die Los Angeles-polisiehoof, Jim McDonnell. Die 32-jarige Nick se borgtog is vasgestel op 4 miljoen Amerikaanse dollar. Tronkrekords het Nick aanvanklik van “bende-aktiwiteit” beskuldig, maar…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.