Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1300 – 1320

MK veroordeel 1% verhoging in BTW

Die MK-party verwerp die begroting ten sterkste, veral die verhoging in BTW met 1 persent oor die volgende twee jaar. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana het die nasionale begroting gister in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Die MK-party se adjunkpresident, John Hlophe, sê wat nodig is, is 'n…
13 Mar 1AM 1 min

Verwoestende Covid vyf jaar gelede in Namibië bevestig

Dit is vandag presies vyf jaar wat die eerste Covid-gevalle in Namibië bevestig is. Dit is laat die Vrydagaand van 13 Maart 2020 bevestig en vroeg Saterdagoggend deur die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula aan die media bevestig.
13 Mar 1AM 1 min

Groot vergadering oor landelike internet vandag

Toegang tot landelike internet is in die nuus, veral na die onlangse ondersteuning vir Starlink se plaaslike lisensie-aansoek. Die Namibiese Landbou-unie het saam met ander landbou-unies die kommunikasie-regulerende owerheid van Namibië, Cran, oor die kwessie betrek en hulle sal vandag vergader om uitdagings te bespreek. Peet van Staden, 'n deeltydse…
13 Mar 12AM 1 min

Itula sê oor sy NV-afwesigheid

Die parlementêre lys vir die agtste parlement is in die Staatskoerant gepubliseer. Die nuwe parlementêre span en lede word op 20 Maart ingesweer. Swapo het 51 parlementslede en die IPC het 20. Die AR-beweging het ses lede, terwyl die PDM en LPM vyf lede elk in die parlement het. Die…
13 Mar 12AM 1 min

Kandidate vir kriminele stroom by hoërhof bekend

Die Regterlike Dienskommissie het die kortlys van kandidate vrygestel vir 'n geregtelike aanstelling in die kriminele stroom van die hoërhof. Die vyf kandidate is Makapa Simasiku, Victor Nyazo, Marelize du Plessis, Stanley Tembwe en Elvis Mwiliima. Die finale onderhoude word môre deur lede van die kommissie by die hooggeregshof gevoer…
12 Mar 11PM 1 min

Trump blameer weer vir Biden oor Oekraïnse oorlog

Amerikaanse president Donald Trump het aangekondig dat Oekraïne ingestem het tot 'n wapenstilstand met Rusland. Trump het met verslaggewers in die Oval Office gepraat, en 'n vraag beantwoord oor wat Russiese president Vladimir Putin daaroor sê. Hy kon weer nie die versoeking weerstaan om 'n stekie na oud-president Joe Biden…
12 Mar 11PM 1 min

Usakos maak plan met swak watervoorsiening

Usakos het steeds onbetroubare watervoorsiening as gevolg van lae boorgatvlakke, insluitend dié van grootmaatverskaffer NamWater. Om die krisis aan te spreek, het die Usakos-dorpsraad vier nuwe boorgate met sterk waterbronne geboor en drie reservoirs begin bou om berging te verbeter. Lesley Goreseb, die dorpsraad se uitvoerende hoof, verseker inwoners dat…
12 Mar 12PM 1 min

Geen party kan BTW-verhoging aanvaar nie: Solidariteit

Solidariteit het die tesourie se voorstel om BTW met ‘n verdere persentasiepunt te verhoog oor die volgende twee jaar, as onaanvaarbaar beskryf. Die vakbond sê dié verhoging sal sukkelende huishoudings tot by ‘n breekpunt bring en deur dit voor te stel, wys hoe die regering hoegenaamd geen meegevoel met die…
12 Mar 12PM 1 min

BTW in SA styg met 0,5 persentasiepunte

Finansminister Enoch Godongwana het 'n plan aangekondig om die BTW-koers teen 2026/'27 tot 16-persent te verhoog. Die BTW-koers sal op 1 Mei met 0,5-persentasiepunte styg en op 1 April volgende jaar met 'n bykomende 0,5-persentasiepunte. Godongwana het in sy begrotingsrede gesê die verhoging word benodig om staatsbesteding aan noodsaaklike dienste…
12 Mar 11AM 1 min

DA kap Krieket SA oor rassekwotas

Die DA sê hy is gekant teen Krieket Suid-Afrika se onbuigsame toepassing van rassekwotas wat veroorsaak het dat die Warriors-krieketspan van hul kans op ʼn uitspeelwedstryd ontneem is. Die span is by die 1-Dag-beker se uitspeelwedstryde gediskwalifiseer omdat hulle nie aan KSA se kwotavereistes voldoen het nie. Hulle het verlede…
12 Mar 11AM 1 min

Dis amper tyd vir die DBV se gewilde vasvra-aand!

Die Dierebeskermingsvereniging se jaarlikse vasvra-aand, wat op 27 Maart gehou sal word, is 'n prettige, gemeenskapsgerigte geleentheid wat vriendelike kompetisie en 'n goeie saak kombineer. Spanne kompeteer oor verskeie kategorieë heen terwyl hulle fondse insamel om die DBV se missie om diere te beskerm en te versorg, te ondersteun. Die…
12 Mar 10AM 1 min

IPC nou amptelike opposisie, wat sal word van PDM?

Die nuwe lede van die Nasionale Vergadering word volgende week ingesweer. Die PDM onder die leierskap van McHenry Venaani, het sy status as die amptelike opposisieparty verloor. Hulle word deur die Independent Patriots of Change vervang. Die IPC moet nog hul leier vir die Nasionale Vergadering aanwys, aangesien dié party…
12 Mar 10AM 1 min

Windhoek-burgemeester lig mense-instroming, kostes uit

Windhoek se nuwe burgemeester, Ndeshihafela Larandja van die IPC, het haar nooienstoespraak in Stad Windhoek se raadsaal gelewer. Sy het verskleie kwessies aangespreek en ook vrae van die media beantwoord. Larandja het gepraat oor die totale koste om die stad se groeiende bevolking te akkommodeer, veral in informele nedersettings.
12 Mar 10AM 1 min

Wetsontwerpe kom oor gemeenskaplike grond, Verkrygingswet

Daar is minder as twee weke oor voor die nuwe parlement ingesweer word, en landbouminister Calle Schlettwein het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy 'n wetsontwerp vir die instelling van 'n gemeenskaplike grond-raad en 'n gemeenskaplike grond-ontwikkelingsfonds sal indien. Schlettwein verduidelik wat die wetsontwerp sal behels.
12 Mar 10AM 1 min

Gewone mense kan nie huise bekostig nie: LPM

Stad Windhoek benodig minstens 7 miljard Namibiese dollar om die behuisingstekort aan te spreek. Die hoofstad se bevolking groei jaarliks met 3,1 persent en informele nedersettings met 6,1 persent. In ‘n poging om die situasie te beredder, word verskeie beleidsingrypings en behuisingsinisiatiewe van stapel gestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met…
12 Mar 9AM 1 min

Wêreld-gloukoomdag: Kry gereeld oogskanderings

Die Suid-Afrikaanse Gloukoomvereniging waarsku slegs een uit elke 20 mense weet hulle het gloukoom, 'n hoofoorsaak van onomkeerbare blindheid. Ter herdenking van Wêreld-gloukoomdag moedig kenners mense aan om gereeld oogskanderings te laat doen om die siekte vroeg op te spoor en blindheid te voorkom. Studies toon vier-persent van mense in…
12 Mar 9AM 1 min

Verminder staatsondernemings se koste, sê IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds sê om Suid-Afrika se finansiële volhoubaarheid te beskerm, is ʼn meer ambisieuse fiskale bestendiging nodig om skuld te verminder. Die finansminister, Enoch Godongwana, sal vandag sy begrotingsrede lewer. Die IMF se verteenwoordiger in Suid-Afrika, Tidiane Kinda, het Dinsdag by ʼn webinaar gepraat wat deur die Mapungubwe…
12 Mar 8AM 1 min
1300 – 1320