Die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê hy is bemoedig deur die druk wat president Donald Trump op die partye in die Midde Ooste geplaas het om vrede te bewerkstellig, al is dit nog vroeg in die wedstryd. Hy het met Fox News gepraat en sê daar is ook…
Die GOOD-party sê indien AfriForum inligting het oor terreurdade wat in die apartheidsera onder die ANC of enige iemand anders se naam gepleeg is, moet dit aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig word. AfriForum het die Khampepe-kommissie versoek om vas te stel waarom ANC-leiers nie vir terreurdade vervolg is nie. GOOD…
Boere by die Hardapskema is tans besig om hulle koring af te rond en benut ruim waterbronne. Die dam se vlakke is tans op 62.7 persent. Die weeklikse dambulletin word vandag verwag en alle tekens is dat invloei by Naute en moontlik Neckartal kon voorgekom het maar nie by Hardap…
Die DA in Gauteng sê ten spyte van swak reaksietye vir noodambulanse, beweer die Departement van Gesondheid dit het geen negatiewe uitwerking nie. Jack Bloom van die DA sê reaksietye van minder as 15 minute vir Prioriteit 1-oproepe in stedelike gebiede is vroeër aangeteken, maar hierdie standaard is nou laat…
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda is tans in Johannesburg waar hy onlangs 'n operasie naby sy nier ondergaan het. Amupanda sê hy is daar omdat die mediese tegnologie en tegnieke wat benodig was nog nie in Namibië beskikbaar is nie, 'n probleem wat hy sê hy beplan…
AfriForum het 'n formele voorlegging by die Khampepe-kommissie van ondersoek ingedien vir 'n ondersoek na politieke inmenging wat verhoed het dat ANC-leiers vervolg word vir terreuraanvalle tydens apartheid. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die Khampepe-kommissie is gestig na druk deur veral die families van die Cradock-4 om antwoorde…
President Donald Trump van Amerika en sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, bied vanmiddag in Sharm el-Sheikh ʼn beraad vir meer as 20 wêreldleiers aan. Die beraad wil die oorlog in die Gaza-strook beëindig, pogings verskerp om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bewerkstellig, en ʼn nuwe era van…
Die Duitser, Alex Cejka, het een onder baansyfer 71 aangeteken om die PGA-toerkampioenskap se SAS-kampioenskap in Noord-Carolina met drie houe te wen. Dis die 54-jarige speler se eerste titel sedert die 2023 Senior Ope Kampioenskap. Die Suid-Afrikaner, Ernie Els, is tweede op vier onder 68, wat vanjaar sy 12de posisie…
Die regering het met diepe kommer kennis geneem van die onlangse politieke verwikkelinge in Madagaskar. Die woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die regering betreur die tragiese lewensverlies en die vernietiging van eiendom. Hy sê Suid-Afrika vra alle rolspelers om kalm te bly en…
McDermott, 'n Amerikaanse verskaffer van ingenieurs- en konstruksie-oplossings vir die energiebedryf, en Petrofund het 'n ooreenkoms onderteken om saam te werk aan akademiese en industriële opleidingsinisiatiewe in Namibië se stroomop olie- en gassektor. Dit het in Augustus in werking getree en sal vir die volgende vyf jaar geld. Die opgradering…
Namibiërs juig steeds oor die reuse-sukses wat die FNB Eagles die naweek behaal het deur die Proteas met vier paaltjies te klop. Dit, met die amptelike opening van die FNB Namibië Krieketveld in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Krieket Namibië se president, Rudie van Vuuren, wat sê dit…
Die Afrika pikkewyn-bevolking loop die gevaar van uitsterwing. Die kwessie kom nou al 'n geruime tyd aan en een dryfveer is die lae sardyn-bevolking. Die Namibiese Stigting vir die Bewaring van Seevoëls wat in Lüderitz gebaseer is, doen navorsing rakende die kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van…
Meatco se langtermyn-lewensvatbaarheid word ernstig bedreig, waarsku landboukenner Wallie Roux. Dit is terwyl privaat uitvoerabattoirs voorberei om die mark in 2026 te betree. Terwyl die maatskappy sy 1 200-ton beesvleis-uitvoerkwota na Noorweë voor skedule nagekom het, het Roux aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie mylpaal min doen om Meatco…
Oliepryse het oor die naweek tot multi-maande laagtepunte gedaal namate die mark gereageer het op die vredesooreenkoms in Gaza. Die kommoditeit het die week net bo 62 Amerikaanse dollar afgesluit. Die Opul-plus aankondiging van 'n beskeie produksieverhoging in November het ook tot die daling bygedra. Ekonoom Dawie Klopper het aan…
Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die apartheidsregime het swart gemeenskappe verhoed om tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Mbalula het tydens die herbegrafnis van die vryheidsvegters en kunstenaars, Todd Matshikiza, Esme Sheila Matshikiza en John Pogiso Maroo in Johannesburg gepraat. Hy sê organisatoriese vernuwing deurvleg elke aspek van die politieke…
Israel se regering sê hy verwag dat al 20 lewende gyselaars wat in Gaza deur Hamas aangehou word, vanoggend aan die Rooikruis oorhandig sal word. Dis deel van die eerste fase van die vredesooreenkoms waarop verlede week ooreengekom is. Hamas hou 48 mense gyselaar, waarvan 20 vermoedelik nog lewe. Israel…
Reaksie word steeds ontvang oor die Grondwetsontwerp wat by die Nasionale Vergadering heringedien is. Ten spyte van heelwat negatiewe kritiek, meen kenners daar is nie groot veranderinge gemaak nie. Mark Kutzner, besturende vennoot by Engling, Stritter and Partners, meen boere hoef hulle nie oor onteiening te bekommer nie. Hy het…
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het Hoofstuk 9-instellings en burgerlike samelewingsorganisasies versoek om 'n oop, inklusiewe en veilige omgewing te skep om haatspraak- en diskriminasiesake vinnig op te los. Kommissaris Leigh-Ann van der Merwe het in reaksie op onlangse uitsprake oor LGBT-persone deur die radiopersoonlikheid Ngizwe Mchunu, gesê die kommissie is…
Die Lewendehawe Produsente Organisasie het Cirrus genader om navorsing te doen oor die volhoubaarheid van skaapboerdery in die land, en wat die beste uitvoermarkte sal wees. Die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald verduidelik wat die studie bevind het, en Suid-Afrika bly die beste mark.
12 Oct 3AM
1 min
160 – 180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.