Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
240 – 260

Kanadese skoolskieter pleeg selfdood

Polisie in Kanada het die verdagte wat verantwoordelik was vir die dodelike skietery Dinsdag by die Tumbler Ridge Secondary School in Brits-Columbië, as die 18-jarige Jesse Van Rootselaar geïdentifiseer. ʼn Onderwyser en vyf leerders is dood terwyl 25 ander beseer is. Die verdagte se ma en stiefbroer is later by…
12 Feb 2AM 1 min

Nuwe kragreëls: 'CoW steur hom nie nie aan ECB'

Kragverskaffers mag nie meer elektrisiteit sonder vooraf kennisgewing ontkoppel nie, ingevolge nuwe regulasies van die Elektrisiteitsbeheerraad, die ECB. Dit geld vir alle lisensiehouers, insluitend streekselektrisiteitsverspreiders, munisipaliteite en NamPower. Kliënte moet nou minstens 24 uur kennis gegee word voordat elektrisiteit weens wanbetaling ontkoppel word, en dit mag nie op Vrydae en…
12 Feb 1AM 1 min

SA verkies tot AU se vredes-, veiligheidsraad

Suid-Afrika is vir 'n termyn van twee jaar tot die vredes- en veiligheidsraad van die Afrika-unie verkies. Die raad van 15 lede bemiddel tydige en doeltreffende reaksie op konflik- en krisissituasies in Afrika. Die woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika se termyn in…
12 Feb 1AM 1 min

Petroleum is olie op vuur in parlement

Die parlement het Woensdag in chaos verval toe Swapo-parlementslede opgestaan het om hul steun vir die Wysigingswetsontwerp op Petroleum, waarvolgens die stroomop olie- en gasbedryf onder die president se kantoor sal val, uit te spreek. Lede van die opposisie het aangevoer dat die uitvoerende gesag reeds beplan het om die…
12 Feb 1AM 1 min

Ekonomie, fiskus brandpunte in SA staatsrede vanaand

President Cyril Ramaphosa het aangedui dat ekonomiese druk en fiskale beperkings vanaand belangrike temas in sy staatsrede sal wees. Hy sal na verwagting ingrypings vir die komende boekjaar aankondig, en uitbrei oor Suid-Afrika se plaaslike prioriteite, asook die land se verhoudings op die vasteland en internasionaal. Ramaphosa sê sy toespraak…
12 Feb 1AM 1 min

Krieket: G'n oefentyd vir Namibië onder spreiligte

Namibië vat vandag krieket se T20 wêreldkampioene, Indië, in 'n aandwedstryd aan sonder oefentyd onder spreiligte. Kaptein Gerhard Erasmus het Dinsdag tydens ‘n mediakonferensie dié oorsig van die Internasionale Krieketraad uitgewys, maar het gesê Namibië sal soos altyd deurdruk. Hy het beklemtoon aandwedstryde vind nie in Namibië plaas nie. Die…
12 Feb 1AM 1 min

Namibië 'nuwe goue provinsie', sê TotalEnergies

TotalEnergies sal na verwagting teen die middel vanjaar ‘n finale beleggingsbesluit oor die aflandige Venus-olieveldprojek in die Oranje-bekken neem, met die eerste olieproduksie wat teen 2030 geteiken word. Arnaud le Foll, TotalEnergies se adjunk-hoof finansiële beampte, het Dinsdag aan ontleders gesê Namibië is dié internasionale oliereus se “nuwe goue provinsie”…
12 Feb 12AM 1 min

Méér as N$1,5 miljard nodig vir bek-en-klou, sê ekonoom

Reaksie word ontvang op landbouminister Inge Zamwaani se aankondiging dat 1,5 miljard Namibiese dollar benodig word vir voorkomingsmaatreëls teen bek-en-klouseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike ekonoom Salamo Hei van High Economic Intelligence, wat sê die land sal oor die langtermyn veel meer moet belê.
12 Feb 12AM 1 min

NNN breek lansie vir skoon, hernubare energie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het internasionale vennote genooi om met die land saam te werk om sy energiemengsel te diversifiseer, met 'n spesifieke fokus op hernubare energie. Nandi-Ndaitwah het aan diplomate wat hierdie week geakkrediteer is, gesê dat volhoubare ontwikkeling nie bereik kan word sonder betroubare, bekostigbare en veilige energie nie.
11 Feb 10AM 1 min

Saai vies oor verwydering van BKS-kenner

Saai kritiseer die verwydering van 'n kenner op die gebied van bek-en-klouseer, Danie Odendaal, van 'n ministeriële taakspan en waarsku dit kan pogings verswak om uitbrekings te beheer. Theo De Jager van Saai sê spesialiskennis is noodsaaklik om vee te beskerm en die landbou-ekonomie te beveilig. Hy versoek die Departement…
11 Feb 10AM 1 min

Kry maatskaplike toelae op hierdie datums

Die uitbetalings van maatskaplike toelae het op die 9de Februarie begin, met die verskillende toelae wat op verskillende datums betaal word. Die publiek word aangemoedig om net op die datums wanneer hulle toelae uitbetaal word, na poskantoor-betaalpunte te gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewald, die woordvoerder van Nampost…
11 Feb 9AM 1 min

Ngurare beloof om aanlyn-visumstelsel te ondersoek

Eerste minister Elijah Ngurare het vandag in die parlement belowe om dringend ondersoek in te stel na bewerings dat die Binnelandse Sake-ministerie se aanlyn-visumstelsel beheer word deur 'n privaat individu met die mag om amptelike besluite te oorskry. Berigte beweer ook dat ministerie-amptenare toestemming benodig om toegang tot die stelsel…
11 Feb 9AM 1 min

Druk neem toe op Andrew om in VSA oor Epstein-bande te getuig

Andrew Mountbatten-Windsor staar toenemende druk van Amerikaanse amptenare en die familie van sy beskuldiger Virginia Giuffre in die gesig om in die VSA te getuig oor sy bande met die pedofiel-finansierder Jeffrey Epstein. Die Demokratiese Kongreslid Ro Khanna het aan die BBC gesê die koninklike familie was nie deursigtig nie,…
11 Feb 9AM 1 min

Namibië slaan slag in water-beplanning

Die Global Water Partnership Organisation het vanoggend amptelik sy hoofkwartier in Windhoek geopen na die ondertekening van 'n ooreenkoms met die ministerie van water en landbou. Die organisasie beoog om meer as 15 miljard Amerikaanse dollar in waterbeleggings wêreldwyd te mobiliseer deur bankbare projekpyplyne te skep en innoverende gemengde publiek-private…
11 Feb 9AM 1 min

O'Sullivan ontken hy het Opod infiltreer

Die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, ontken bewerings dat hy die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat geïnfiltreer het. Hy getuig voor die parlement se ad hoc-komitee wat beweerde politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek. O'Sullivan sê hy het in 2016 'n saak teen die voormalige waarnemende polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, ingedien oor beweerde korrupsie, geldwassery…
11 Feb 8AM 1 min

Dodetal in Kanadese skoolskietery styg tot 10

Die aantal mense wat gesterf het nadat 'n aanvaller losgebrand het op 'n hoërskool in Wes-Kanada, het tot tien gestyg, insluitend die vermeende aanvaller. Die Koninklike Kanadese Berede Polisie sê ses mense is doodgeskiet in 'n hoërskool in Tumbler Ridge, Brits-Colombië, en twee in 'n nabygeleë woning. Nog 'n persoon…
11 Feb 8AM 1 min

Normale tot bo-normale reënval tot April verwag

Die Windhoek weerkantoor het sy nuutste klimaatbulletin vrygestel. Die reënvoorspelling vir Februarie tot April is ook uiteengesit. Kosmos 94.1 Nuus het met Helvi Akwenye, die weerkantoor se hoof-hidroloog gepraat, wat meer inligting gee.
11 Feb 7AM 1 min

Misa vergader met handelsdepartement oor motortariewe

Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ingestem om met die motorbedryf se personeelvereniging, Misa, te vergader oor belangrike voertuig- en handelsbeleidsake wat duisende werkers regstreeks raak. Misa-woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê die uitvoerende hoof, Martle Keyter, is bekommerd oor die departement se voorleggings aan die parlementêre komitee oor Handel…
11 Feb 7AM 1 min

KI-karikature nie so onskuldig as wat dit lyk, sê kenner

'n Kunsmatige Intelligensie-karikatuur-tendens doen tans die rondtes op sosiale media. Kenners meen die gier is nie so onskuldig soos dit lyk nie, want gebruikers laai in die proses om karikature te skep sensitiewe inligting op die KI modelle. Vanessa Maresch van Salt Essentials IT verduidelik die risiko's.
11 Feb 6AM 1 min
240 – 260