Die Namibiese Landbou-unie het nuwe kommer uitgespreek oor die nasionale minimumloon en sê dat dit toenemende druk op boere plaas. Die landbouminimumloon in 2025 is 10 Namibiese dollar per uur, met geleidelike verhogings tot 14 dollar per uur in 2026 en 18 dollar per uur in 2027. Tydens die NLU…
Die gesondheidministerie stel vandag die Nasionale Strategie vir Reproduktiewe, Moederlike, Pasgeborene-, Adolessente Gesondheid en Voeding amptelik bekend. Dit gaan ook die Driejaarlikse Verslag oor die Vertroulike Ondersoek na Moedersterftes, Stilgeboortes en Neonatale Sterftes vir die tydperk 2021 tot 2024 terselftertyd bekendstel. Lynminister Esperance Luvindao gaan die verrigtinge waarneem. Kosmos 94.1…
COPE sê hy steun die onthullings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor hoe die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadintelligensie vir politieke gewin gebruik is. Hy het getuig voor die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van misdadige insypeling en politieke inmenging in die polisie ondersoek. COPE se waarnemende nasionale voorsitter,…
Namibië se uitvoerstatus is 'n seldsame Afrika-sukses en dit moet beskerm word. Dit was die boodskap van die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, wat aan boere by die NLU-kongres in Windhoek gesê het dat die land goeie vordering maak om bek-en-klouseer in toom, en uit te hou.
'n Dwelmmuil en koerier is Woensdag by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. 'n Polisiewoordvoerder, Zinzi Hani, sê die Valke se Narkotika-buro en ander wetstoepassingsagentskappe het op intelligensie gereageer en 'n 35-jarige man onderskep toe hy van Doha, Katar, aangekom het. Sy sê die man het 5,1-kilogram van vermoedelik…
Kaapstad is benoem onder die wêreld se beste stede in Travel plus Leisure se reistoekennings vir Indië en Suid-Asië, in die kategorie Internasionale Bestemmings, Beste Stad. Die tema is die Kuns van Ontdekking, en die toekennings vier plekke wat verkenning en verbintenis aanmoedig. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme sê die…
Die Britse premier Keir Starmer sê hy verwelkom die aanvaarding van die eerste fase van die Gaza-vredesplan deur Hamas en Israel. Dit baan die weg vir die vrylating van die gyselaars en Palestynse gevangenes. Hy het die partye wat betrokke was, bedank.
Die hoof van Unam se Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal, dr. Rainer Hassel, het in vennootskap met die Namibiese Landbou Unie in 2015 navorsing begin om 'n hondsdolheid-entstof vir koedoes te ontwikkel. Die navorsing is befonds deur boere en instansies. Die Duitse Friedrich Loeffler-instituut ondersteun ook Hassel se navorsing. Tydens die Lewendehawe…
Die Namibiese Landbou-unie sê dat hulle nie sal terugstaan in hul pogings om Starlink in Namibië goedgekeur te kry nie, en voer aan dat dit die sleutel is tot die verbetering van internettoegang in landelike gebiede. NLU-president Thinus Pretorius het vanoggend tydens die unie se jaarlikse kongres in Windhoek gesê…
Namibië se vordering om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys te kom word steeds belemmer deur vertragings in besighede se verklarings van voordelige eienaarskap. Dit skep wetlike en finansiële bestuursgapings wat die stelsel kwesbaar maak vir kriminele uitbuiting. Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, doen 'n beroep op alle entiteite…
Inflasie vir September het op 3,5 persent ingekom, hoër as die 3,2 persent in Augustus aangeteken. Die sonale inflasiekoerse vir die maand September 2025 het getoon dat Sone 1, die noordelike dele, die hoogste jaarlikse inflasiekoers van 3,8 persent aangeteken het, gevolg deur Sone 3, die Suide en Omaheke en…
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bewerings ontken dat die regering die repatriasie van Suid-Afrikaanse Global Sumud Flotilla-aktiviste wat in Israel aangehou is, befonds het. Ses Suid-Afrikaners, saam met meer as 500 ander aktiviste van 45 lande, is verlede week deur Israeliese magte in internasionale waters vanaf 41…
President Cyril Ramaphosa sê deur die Gesamentlike Kommissie vir Samewerking tussen Suid-Afrika en Ierland het die twee nasies hartlike betrekkinge gehandhaaf wat gewortel is in wedersydse respek, gedeelde waardes en 'n gemeenskaplike verbintenis tot multilateralisme. Suid-Afrika is Ierland se grootste handelsvennoot in Afrika, met invoere wat wissel van vliegtuie tot…
Vanjaar se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Susumu Kitagawa van Japan, Richard Robson van Australië en Omar Yaghi van Amerika vir hul ontwikkeling van metaal-organiese raamwerke. Hierdie poreuse molekulêre strukture kan gasse vasvang, water vanuit die lug oes, giftige chemikalieë berg en chemiese reaksies bevorder. Hiener Linke van die…
Beth Mooney se honderdtal het Australië gehelp om in die top-orde te herstel en Pakistan met 107 lopies by die Vrouewêreldbeker in Colombo te klop. Die verdedigende kampioen is tot 76 vir sewe beperk. Mooney het egter 109 aangeteken en die hoogste vennootskap om die negende paaltjie ooit in die…
Inligtingminister Emma Theofelus het die belangrikheid van SIM-kaart registrasie beklemtoon om bedrog op mobiele toestelle te bekamp. In 'n toespraak in die parlement het die minister 'n onlangse toename in bedrogsake met betrekking tot selfone opgemerk. Sy sê dat die ministerie nou saamwerk met mobiele diens-verskaffers om die probleem dringend…
Namibiërs maak gereed vir die plaaslike- en streeksowerheid verkiesings op 26 November. Volgens die verkiesingskalender is dit nou die tydperk waarin verteenwoordigers genomineer word. Tydens 'n regeringsinligtingsessie het die inligtingministerie met die hoofverkiesingsbeampte, Peter Shaama gepraat, wat meer inligting gee.
Die Amerikaanse gholfspeler, Collin Morikawa, ontken dat sy opmerkings voor verlede maand se Ryderbeker-toernooi die toeskouers se opruiende gedrag by Bethpage in New York veroorsaak het. Hy het die tuisskare aangemoedig om harder te kere te gaan. Europese spelers is meedoënloos uitgejou terwyl selfs bier na Rory McIlroy se vrou,…
Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het die swak behandeling deur Israelse soldate beskryf nadat die Israelse Vloot hulle bote onderskep het. Hy sê hulle is kos geweier, geboei, geparadeer en hardhandig hanteer toe hulle in Asjdod aangekom het. Mandela sê Israelse owerhede het ook die 22-jarige Sweedse aktivis Greta…
9 Oct 1AM
1 min
240 – 260
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.