Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3380 – 3400

VSA-regeringsluiting: Daar’s geen samesprekings nie

Die Demokratiese leier van die Senaat, Chuck Schumer, het president Donald Trump se bewering verwerp dat onderhandelinge met sy party aan die gang is. Twee voorstelle om die regering te befonds, een van die Demokrate en een van die Republikeine, het albei Maandagaand in die Senaat misluk. Dit beteken die…
7 Oct 2025 1AM 1 min

ANC verbind hom aan swartbemagtiging

Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het sy verbintenis aan Swart Ekonomiese Bemagtiging herbevestig as 'n sleutelinstrument om vorige ongeregtighede aan te spreek en huidige ekonomiese ongelykhede te verminder. Die party het sy spesiale NUK-vergadering in Boksburg, in Ekurhuleni, Gauteng, gister afgesluit. In sy slotopmerkings het party-president Cyril Ramaphosa…
7 Oct 2025 1AM 1 min

Daures is in werklikheid ‘n wêreld erfenisterrein - kenner

Reaksie word ontvang op die besluite van die 22ste kabinetsvergadering waarvolgens Namibië regmaak om sy derde erfenisterrein te registreer by Unesco. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Peter Cunningham gepraat oor die registrasie van Daures, bekend as Brandberg, as wêreld-erfenisterrein.
7 Oct 2025 1AM 1 min

Gobabis gasheer vir Shell V-Pwer M+Z tydren die naweek

Die vyfde en voorlaaste nasionale tydren kampioenskappe vind die naweek in Gobabis plaas. Daar is 16 spanne in die Shell V-Power M+Z tydren ingeskryf wat mekaar die stryd in beide die S- en CR-klasse sal aansê. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
7 Oct 2025 1AM 1 min

Groot frustrasie met seekoei stropery by die Okavango

Daar is weer ‘n seekoei by die Okavangorivier gestroop. Die karkas is aan die Angolese kant gevind en Namibiërs het oorbeweeg om die vleis te oes. Hulle is deur Angolese owerhede gearresteer. Mark Paxton van die nabygeleë Shamvura Camp sê hulle het al met die omgewingministerie gepraat en volgens die…
7 Oct 2025 12AM 1 min

Voorskou op skuldvlakke onder Namibiërs

Die Namibiese Statistieke-agentskap is besig met sy finansiële inklusiwiteit opname, en die laaste opname in 2017 het skokkende patrone onthul. Cirrus het in 'n ontleding daarvan bevind dat die hoofrede vir lenings was om kos te koop. Dit was die geval vir 42 persent van respondente, terwyl 18 persent gesê…
7 Oct 2025 12AM 1 min

Buitelandse vragmotorbestuurders in KZN aangekla, onveilige voertuie

Buitelandse vragmotorbestuurders is aangekla, en verskeie vragmotors met verslete bande is in beslag geneem na padveiligheidsinspeksies in KwaZulu-Natal. Owerhede sê die optrede teiken onveilige voertuie wat lewens op Suid-Arikaanse paaie in gevaar stel. Woordvoerder van die Departement, Ndabezinhle Sibiya, sê die bestuurders staar regstappe in die gesig, terwyl die gehokte…
6 Oct 2025 11PM 1 min

Tweede herdenking van Gaza-oorlog te midde van samesprekings

Dit is vandag twee jaar sedert Hamas Israel op 7 Oktober 2023 aangeval het, en indirekte samesprekings oor 'n finale ooreenkoms oor 'n Amerikaanse vredesplan om die oorlog in Gaza te beëindig, het Maandag begin. Egiptiese en Katari-amptenare sal afsonderlike vergaderings hou met afvaardigings van Israel en Hamas in die…
6 Oct 2025 11PM 1 min

Sankwasa besoek Okahandja, inwoners wil Red Force weg hê

Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het vanoggend met die Okahandja -dorpsraad vergader om verskeie probleme wat deur inwoners geopper word, aan te spreek. Inwoners kla al lank oor onder meer swak dienslewering en grond-toewysing, en vra dat die dorpsraad ontbind word. Na die vergadering het Sankwasa die gemeesnkap na…
6 Oct 2025 11AM 1 min

ANC stel 10 ingrypings vir ekonomiese groei

Die ANC het die tien belangrikste ingrypings uiteengesit om ekonomiese groei te bevorder en werk te skep. President Cyril Ramaphosa het tydens die afsluiting van die spesiale nasionale uitvoerende komiteevergadering in Boksburg gesê die maatreëls fokus op die uitbreiding van elektrisiteitsinfrastruktuur, die herlewing van die chroom- en mangaanbedrywe, die bevordering…
6 Oct 2025 11AM 1 min

Reên landswyd verwag oor die naweek

Wolke trek saam in die hoofstad met druppels wat plek-plek voorgekom het. Namibiërs wag vir die eerste behoorlike reën van die seisoen en met die onlangse veldbrande in Etosha word daar ook vir reën gehoop. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor gesels.
6 Oct 2025 10AM 1 min

Hopelik is regering ernstig oor beter plaaslike owerhede

Die naweek het die president Netumbo Nandi-Ndaitwah lofliedere gesing oor plaaslike owerhede tydens die party se bekendstelling van sy verkiesingsveldtog in Walvisbaai. Volgens haar werk die Swapo-party daartoe om effektiewe en reagerende plaaslike en tradisionele owerhede aan te moedig. Sy het wel tereg aangewys dat plaaslike owerhede die hart van…
6 Oct 2025 10AM 1 min

Toerismesektor betreur swak nuwe visastelsels

Reaksie word ontvang op berigte dat die regering die toerismesektor in die voet skiet met sy nuwe visumregime. Daar is reuse uitdagings met die aanlyn stelsel, en dit te midde van groot vraag na die land. Die sektor toon uiteindelik herstel na die pandemie en passasiersaankomste het 144 500 in…
6 Oct 2025 10AM 1 min

Onderwys in SA in krisis: Staatdiensvakbond

Die Vereniging vir Staatsamptenare sê ondanks opvoeders se diepgaande impak, veral in landelike en gemarginaliseerde gemeenskappe, word hulle aan hulle eie lot oorgelaat om verkrummelde infrastruktuur, onvoldoende hulpbronne en 'n gebrek aan erkenning te trotseer. Daar is tans ongeveer 405 000 opvoeders in die land se onderwysstelsel. Claude Naicker van…
6 Oct 2025 9AM 1 min

Oud-Engeland rugbyster Lewis Moody het motorneuronsiekte

Rugby: 'n Lid van Engeland se 2003 Wêreldbekerwenspan, Lewis Moody is met motorneuronsiekte gediagnoseer. Die 47-jarige, wat in 2005 saam met die Britse en Ierse Leeus getoer het, het uitgevind dat hy die siekte het nadat hy gedurende oefening in 'n gimnasium 'n swakheid in sy skouer ondervind het. Spelers…
6 Oct 2025 9AM 1 min

Nictus gaan Build It-tak in Rehoboth oopmaak

Die Nictus-groep maak gereed vir boubedrywighede in Rehoboth. Die groep het aangekondig dat hulle 'n Build It-tak in Rehoboth sal bou en bedryf. Volgens die groep sal die tak volgende jaar oopmaak. Francois Wahl, die Nictus-groep se besturende direkteur het meer.
6 Oct 2025 8AM 1 min

'Apartheid'-definisie moet opdateer word

'n Senior Suid-Afrikaanse vennoot in geslagsgeregtigheid en internasionale reg, Wendy Isaack, het gesê dat terwyl Namibië en ander Afrika-regerings die insluiting van apartheid in die VN-konsepverdrag oor misdade teen die mensdom ondersteun, die huidige regsdefinisie daarvan verouderd is. Sy het gepraat oor 'n bespreking met die burgerlike samelewing en opgemerk…
6 Oct 2025 8AM 1 min

Nsfaf-debakel: Kuberveiligheid begin by mense

Die Namibiese kuberveiligheid sekuriteit reaksiespan, NAM-CIRT, het bevestig dat Nsfaf ‘n databreuk gehad het met duisende studente se besonderhede wat aanlyn op sy webtuiste gepubliseer is. Intusen het die fonds 'n verklaring uitgereik en sê dit was 'n interne fout. Kosmos 94.1 Nuus het met Tanya Hopker van Meinert Security…
6 Oct 2025 6AM 1 min
3380 – 3400