Intussen ontvang die Suid-Afrikaanse minister van finansies se mediumtermynbegroting verdere reaksie. Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep en BetterBond, sê belastinginvorderings was beter as verwag, wat die Nasionale Tesourie in ’n gunstiger posisie plaas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Alle oë is vandag op finansminister Ericah Shafudah, wat vanmiddag haar hersiene mediumtermynbegroting in die parlement ter tafel lê. Sy moet onder meer rekening hou met die skerp styging in brandstofpryse sedert Maart weens die oorlog in die Midde-Ooste, asook die finansiële druk weens bek-en-klouseer en moontlike uitdagings rondom die…
Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die Departement se nulverdraagsaamheid teenoor seksuele misbruik herbevestig, nadat 'n graad vier-leerder by die Busisiwe-laerskool in Soweto na bewering deur 'n onderwyser seksueel aangerand is. Die onderwyser is hangende dissiplinêre verrigtinge op voorsorgskorsing geplaas. Maile het Woensdag die skool besoek en…
Die minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê die ministerie beskik oor gekwalifiseerde personeel met toegang tot die nodige tegnologie om die waarde van diamante te bepaal. Hy het geantwoord op ’n vraag van IPC-LP Ferdinand Hengombe, wat duidelikheid gesoek het oor hoe die ministerie die pryse van plaaslik…
Nege-en-dertig spanne sal eerskomende Saterdag aan die Westfert Barberspan 300 Off Road North-kampioenskap deelneem. Die wedren is die sewende en laaste ronde van die Off Road North-kampioenskap, waartydens renjaers van Suid-Afrika, Botswana en Namibië in nege verskillende klasse oor die uitdagende 300 kilometer meeding. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het…
Nuwe inligting het na vore gekom oor Japan se MMX-ruimtesending, wat op pad is om stofmonsters van een van Mars se twee mane te versamel. Professor Pieter Meintjies, 'n astrofisikus aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, verduidelik die jongste ontwikkelings tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Namibiese Weerdiens waarsku dat hittegolf-toestande na verwagting tot oor die komende naweek sal voortduur, met temperature wat in sommige gebiede reeds tussen 36 en 42 grade Celsius bereik het. Albertina Anderson sê die weer-modelle dui daarop dat die hitte verder sal toeneem namate die naweek nader kom. Die publiek…
Arbeidskenner Herbert Jauch sê die werkloosheidskrisis kan nie opgelos word deur van gegradueerdes te verwag om werkskeppers te word nie. Hy voer aan dat die oplossing lê in die transformasie van ’n ekonomie wat nie daarin slaag om genoeg werkgeleenthede met ordentlike vergoeding te skep nie. Sy opmerkings volg ná…
Landbouminister Inge Zaamwani sê ministeriebeamptes sal veesiektebeheerposte inspekteer om die behoefte aan bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite te bepaal te midde van die bek-en-klouseer-uitbreking. Sy het dié onderneming in die Nasionale Vergadering gegee nadat Affirmative Repositioning-LP Fredrick Shitana kommer uitgespreek het dat voertuie deur kontrolepunte kan beweeg sonder om ontsmet te word. Die…
Rusland is in beginsel gereed om samesprekings met Amerika en Oekraïne oor die beëindiging van die oorlog in Oekraïne te hervat, volgens Yuri Ushakov, 'n senior assistent van Russiese president Vladimir Putin. Hy het gepraat nadat Putin Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, in Sint Petersburg ontmoet…
Die DA sê die regering het vinniger en meer ambisieuse ekonomiese hervormings nodig om groei te bevorder en werksgeleenthede te skep. Die party verwelkom die Nasionale Tesourie se planne om staatskuld te stabiliseer, maar die ekonomiese groeivoorspelling van 1,2-persent is te laag om 'n betekenisvolle verskil aan werkloosheid te maak…
Die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 'n tydelike verlaging van die brandstofheffing aangekondig om druk op huishoudings en ondernemings te verlig. Die heffing sal van 4 November tot 1 Desember verminder word met een Suid-Afrikaanse rand-50-sent per liter petrol en drie-rand per liter diesel. Godongwana het ook die…
Die land se skaapboere neem beheer oor hul eie toekoms, met planne vir die voorgestelde produsente-maatskappy wat goed vorder. Die inisiatief beoog om tussengangers uit te skakel, opbrengste vir boere te verbeter en nuwe markte regoor die SAOG-streek te ontsluit. Met meer as die minimum aantal belangstellende produsente reeds aan…
Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie…
Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral…
Krieketgeskiedenis gaan gemaak word wanneer Ierland se mansspan vir die eerste keer ooit teen die FNB Eagles te staan kom in 'n opwindende reeks van vyf eendagwedstryde. Die eerste wedstryd begin môre om 10-uur op die Namibië Krieketveld in Windhoek. Die Capricorn Eagles A-span sal ook van 25 tot 31…
Nascam sê tantième aan musikante en komponiste word tans een keer per jaar uitbetaal, gegrond op gerapporteerde musiekgebruik en ingevorderde lisensiegelde. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze sê die organisasie werk daaraan om invorderings te verbeter, onder meer deur lisensie-inspekteurs in die streke aan te stel, en meer musiek-gebruikers te…
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, is gereed om onmiddellik te onderhandel vir 'n vinnige, blywende vredesooreenkoms met Rusland. Kiëf en sy Europese bondgenote het voorstelle uitgewerk om vredespogings te bevorder, insluitend 'n moontlike drieledige gesprek tussen die leiers van Oekraïne, Rusland en Amerika. Dit maak ook voorsiening vir die uitruil…
21 Oct 9AM
1 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.